Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Rom 12:2 And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.
daar is ook 'n lering wat beweer dat daar verskillende "vlakke" van God se wil is :
Dit is Sy wil dat almal gered moet word ..........
maar dit is ook Sy Wil dat elkeen daardie keuse self moet maak.........
Dit is Sy wil dat elke Christen geseend en voorspoedig sal wees....
maar as regverdige God beperk hy meestal homself tot die geloof wat ons uitleef....... en dit is Sy wil dat dat ons in geloof moet groei en daarom moet daar soms swarigheid oor ons pad kom om ons geloof te oefen ( "beproef" )......
.... soms gebeur dinge wat, hoewel die beproewing self nie God se "perfekte" wil is nie, dit ten goede meewerk in 'n ander aspek van ons lewens...... gestremdheid, kanker, aanranding, moord, verkragting ens........ is defnitief nie Onse Vader se "perfekte" wil vir ons lewens nie, maar Hy kan dit laat meewerk tot iets meer volmaak as wat ons ooit kon droom......
........ ons kan wel in die vertroue staan dat God niks met ons sal laat gebeur wat te veel is vir ons om te hanteer nie - so hoe erger die deurmekaarspul - hoe meer is God se geloof in jou dat jy dit kan deurdruk !!!!!!!.
Elke mensekind in Christus is deur genade "predestined" tot redding, maar dit is elkeen se individuele keuse of ons dit gaan aanvaar of nie.......

m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Bookmarks