-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Ek stem saam met almal dat ons nie om elke hoek en draai vloeke oor onsself uitspreek nie. En dat ons moet let daarop dat ons nie met ons tonge mekaar afbreek nie.
Net nog iets wat ek wil bylas waar ons moet pasop wat ons se. Ek gaan 'n voorbeeld gebruik sodat ek nie verkeerd verstaan word nie. Een vriend wat 'n volger van Jesus is, het sy eie besigheid. Een aand om die braaivleisvuur het hy twee gesprekke gevoer. Die eerste een was dat hy 'n groot duur masjien verniet gekry het- goeie byvaller vir sy besigheid. Kort daarna neem hy toe deel in 'n gesprek wat se dat die regering die besigheidsmanne met belasting so kaal uittrek dat hulle nie anders kan as om te kroek met hulle SARS vorms nie.
So wat ek wil se is, as ons glo God sorg vir ons en beskerm ons moet ons nie om braaivleisvure saam met die wereld begin gesels nie. Ek glo nie jy kan se God is in beheer en dan daarna gesels oor SA was geen hoop meer het nie. En daar is nog baie meer sulke teenstellings waaraan ek kan dink.
As ons bely dat ons op God vertrou moet ons woorde en aksies en geloof volg.
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks