Het julle al van mense gehoor wat op 'n Vrydag trou sodat hulle na 12-uur kan dans?....Sjjjjjtttt...
want mens dans nie op 'n Sondag nie!
Ek besef vanoggend net hoe lagwekkend hartseer so 'n siening is want wat jy nie met 'n skoon gewete op 'n Sondag doen nie moet jy ook nie in die week doen nie! (Net vir die rekord ek het geen probleem met dans nie, solank my man
net met
my dans. Ons is baaaaaiiiiiieeeeeee lief vir jive)
Maar nou wonder ek oor God se opdrag om Sy rusdag te heilig. Wat beteken daardie heilig? Beteken dit ons moet ons op 'n sekere manier gedra, want moet ons ons nie elke dag dieselfde paadjie stap nie.
Miskien is dit waar baie mense se idee vandaan kom dat ons maar in die week kan maak soos ons wil, maar op Sondag moet ons, ons vroom

(skynheilig)

gedra.
Bookmarks