'n Goeie Vadersbeeld

Originally Posted by
protea
Wat was jou as vrou se lekkerste geskenk van jou pa?
My ouers het geskei toe ek 10 was, en my ma het gou-gou weer getrou. Haar tweede man was waaragtig 'n probleem-geval, en die uiteinde van die saak was dat ek toe by my pa gaan bly het.
Ag, al wat ek kan se is dat ek 'n wonderlike pa het. Baie wys, geduldig, vol energie, ens. Seker die dat ek vandag so 'n positiewe beeld van God as Vader het.
Ek glo dat die beste geskenk wat ek ooit van my pa gekry het juis dit was: 'n goeie Vadersbeeld. (Ek het hom juis so 'n rukkie terug gebel en spesiaal daarvoor bedank. Hy was nogal uit die veld geslaan - het nooit so daaraan gedink nie.)
Prys die Here vir goeie pappas!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Bookmarks