Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 18

Thread: Die A-Z van Openbaring

Hybrid View

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184

    Die A-Z van Openbaring

    Hi almal!

    Ek wil al 'n geruime tyd die boek Openbaring aanpak, maar was om eerlik te wees nog net te lui want dit lyk vir my nog altyd vreeslik ingewikkeld. Ek het nou 'n boek ontdek (het hom nog nie gekoop nie), Die A-Z van Openbaring van Jan du Rand. Die boek lyk baie interresant en lyk of dit 'n breedvoerige studie van Openbaring is. Ek wil graag weet of enige iemand al die boek gelees het en dit kan aanbeveel, of ten minste die skrywer ken en hom kan aanbeveel.

    Groete

  2. #2
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Hi Lanie

    Ek wil jou nie ontmoedig nie, ek het self 'n aantal jare gelede Openbaring bestudeer. Maar weet jy, ek het een ding daaruit wys geword. Jy kan 30 boeke oor Openbaring gaan lees, en jy gaan 30 verskillende interpretasies kry. Elke ou dink hy het die waarheid agter die boek ontdek, maar aan die einde van die dag verstaan niemand dit werklik ten volle nie. Daarom al die verskillende sieninge.

    Ek glo dat Openbaring nie geskryf is sodat ons in detail vooraf moet weet wat en hoe alles gaan gebeur nie. Die Bybel is tog nie 'n ingewikkelde Boek nie en dis ook vir eenvoudiges geskryf. Ek dink Openbaring is slegs geskryf, sodat ons dinge kan herken wanneer dit gebeur, en sodat ons op ons hoede kan wees. Maar dit is en bly 'n geweldige interressante boek, veral as mens bietjie dieper begin krap.

    Sterkte met jou studie. (Jammer, ek ken nie die boek waarvan jy melding maak nie)

  3. #3
    Ek het vinnig geloer na die boek en besluit om dit nie te koop nie. Dit wil vir my voorkom asof die skrywer meer na die liberale-teologie kant toe oorhel.... daardie teologie wat die bestaan van die duiwel ontken ensovoorts. Vir 'n briljante studie oor openbaring, kyk gerus na Johan Malan se werk wat hier gelees kan word.

  4. #4
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Lanie

    Ek gaan saam met Fila stem hier en vir jou Die Dag van die Here deur Prof Johan Malan aanbeveel, hy is werklik een van die ouens wat gereken word as 'n kenner op die gebied van die eskatelogie.

    As jy wil, sal ek vir jou 'n gratis kopie van hierdie boek stuur

    Groete
    Phil

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Sjoe, dit sal baie gaaf wees. Dalk kan ek my man vra om dit sommer by jou af te haal, dan is dit nie nodig vir posgeld nie.

  6. #6
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Sjoe, dit sal baie gaaf wees. Dalk kan ek my man vra om dit sommer by jou af te haal, dan is dit nie nodig vir posgeld nie.
    Ek sal een vir jou kry, dan laat weet ek jou wanneer hy dit kan optel

  7. #7
    Uitstekende pos David.
    Lanie,
    Jy sal agterkom met die lees van Malan en selfs 'n paar ander boeke dat Openbaring beter verstaan word as dit saam met Daniel en selfs Jesaja betrag word. Sterkte met jou studie, en mag jy die sëen ontvang wat in die openingskrywe van Openbaring beskryf word :

    Op 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
    Hou ook in gedagte waar hierdie boek vandaan kom :

    Op 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
    Laat ons weet hoe dit gaan !

  8. #8
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961
    Ek vind dit ook nuttig om ander skrifgedeeltes wat oor die eindtye handel saam met Openbaring te lees. Die geheim is om die Bybel te gebruik om die Bybel te verklaar en nie inlegkunde te doen waar jy jou eie insigte gebruik om die Bybel te interpreteer nie.

    Byvoorbeeld: Ek het altyd gesukkel met al die snaakse gediertes en kon geen sin daaruit maak nie. As jy in Daniel lees van die beeld met die goue kop, dan word dit vir jou in die Bybel self uitgelê. Tot Daniel het self ook nie altyd verstaan wat die dinge beteken nie, dan het hy gevra en het hy sy antwoord gekry. Daniel was in die Babiloniese era (goue kop) en het vooruit gekyk. Johannes was in die Romeinse era (bene van yster) en kon dus terugkyk en dan vorentoe ook kyk. As jy Daniel gelees het en jy lees dan die dele in Openbaring oor die diere, dan sal jy sommer dadelik daardie aha gevoel kry en besef dit is ander beelde wat dieselfde beginsel uitbeeld

    Hooflesse vir my: 1) God het van die begin af die einde geweet. 2) Satan en sy trawante (Illuminatie, Vrymesselaars, whatever) probeer nog altyd die wereld MANUPILEER (en kry dit seker tot 'n groot 'n groot mate reg), maar God is nog al die tyd IN BEHEER! 3) Die Jode het 'n koning verwag wat op die wit perd sou kom om sy koninkryk te kom vestig en die Romeinse juk af te gooi. Toe kom Hy as die verlosser op die donkie. Met sy wederkoms verwag almal die verlosser op die donkie wat sal sê: "Vrede, vrede.", maar Hy kom as die koning op die Wit perd om sy vyande te verbrysel. As jy dit snap, dan is jy geïmmuniseer teen die Antichris en as hulle sê "Hier is Hy, of daar." , sal jy weet dit is nie Hy nie. Ons wag dat Hy ons kom haal!


    Dit is vir my uiters hartseer dat Openbaring deur sekere mense vermy word soos die pes. Dit is dan alles goeie nuus! Definitief die moeite werd om bestudeer te word; dit sal vir jou soos Openbaring self belowe 'n groot sëen wees.

  9. #9
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    " Die ontsluiting van die Toekoms" deur Raymond Lombard

    Baie dankie David vir jou glashelder onderskeid tussen die 2 soorte interpretasies van die Bybel en Openbaring meer spesifiek. Ek kan ook nie verstaan (plasing van Son of the South?) dat predikante nie meer daaroor preek nie ,want dit is soos SOTS genoem het so n boodskap van HOOP en dis presies wat ons wereld so n behoefte aan het!
    Ek het die afgelope 3 jr vir Openbaring 4 keer deur gewerk by verskillende Bybelstudiegroepe en wel uit Die ontsluiting van die Toekoms deur pastoor Raymond Lombard. Ken julle dit? Lombard het n gemeente in Parow en die boek kan bestel word by tel no Parow 021 939 1898. Dis n teks vir teks verklaring en het my ook n baie goeie geheelbeeld van Openbaring gegee. Bv van hfst. 6 tot 19 het ons te doen met die Groot Verdrukking. Voor dit het ons die kerkdispensasie en die laaste hoofstukke het dan te doen met die Nuwe Jerusalem en die Nuwe Aarde.
    Die erg Gereformeerdes sal nie die boek geniet nie , want daar word onder meer oor die Wegraping gepraat, wat nie eers genoem of erken word in ons plaaslike NGK nie. Vir my persoonlik het die boek veroorsaak dat ek Openbaring van die rak met die etiket: Onverstaanbare leesstof ! kon verwyder

  10. #10
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Die erg Gereformeerdes sal nie die boek geniet nie , want daar word onder meer oor die Wegraping gepraat, wat nie eers genoem of erken word in ons plaaslike NGK nie.
    Ek sal eintlik net graag hier wil se dat die wegraping, die 1,000 jarige vrederyk, alles Chiliasties eintllik erg gereformeerd is, om die waarheid te se, dit is wat gereformeerdheid was voor die 1940's toe die NGK die leer van Chiliasme verwerp het. Daarvandaan kom die Nuwe Protestante Kerk, vandag bekend as die Evangelies Gereformeerde Kerk, waarvan ek lidmaat is en ek kan jou verseker, meer gereformeerd as ons fundamentaliste sal jy nie kry nie

    As ek so luister na wat jy hier se Protea, dan klink dit vir my na 'n baie goeie boek, een wat ek baie sal geniet, ek sal bietjie meer studie aangaande die boek gaan doen. Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het

    Groete
    Phil

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Phil, hierdie boek is heeltemal in lyn met wat Dr Soon Zevenster en Ds Prinsloo van die Evangelies Gereformeerde Kerk by 2 inligtingsweke so 4 jr uitmekaar te vertelle gehad het tydens n reeks Wederkomsdienste. Dit was my eerste kennismaking as NG lid met inligting oor die Wederkoms op hierdie vlak en dit was vir my UITERS interessant. Dit het my laat wonder hoekom ons so min Openbaring/ Wederkoms-dienste hoor in ons eie denominasie. Ek wil nie eers begin bespiegel oor moontlike redes nie! Maar hulle het verseker ou 'Nassie-naskierag' se dringendste vrae beantwoord.

  12. #12
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Hi Protea

    Skies, dit gaan nou weer klink asof ek probeer my kerk adverteer hier, dit is glad nie wat ek doen nie, verskoon tog maar.

    Jy sal oplet dat die EGK van die vernaamste leeraars het in eskatelogie, hier praat ons van manne in die lyn van Prof Hennie Prinsloo en dies meer, mense wat waarlik erns maak met Openbaring (die hele Woord natuurlik), eindtye ens. Ek se vir jou met 'n geruste hart, jy kan gerus na hierdie manne luister, hulle maak nie sommer net stories op soos hulle gaan nie, hulle doen diepe studie in die Woord.

    Groete
    Phil

  13. #13
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146

    10 Preke oor Openbaring

    Wie wil gou in 10 preke deur Openbaring werk (luister)? Dis ongelukkig in Engels maar dit is suiwer Skrifgetrou en fundamenteel.

    Kliek op die link hieronder, gaan dan na "Sermons" en kyk dan vir die "Omega code" preke no. 1 - 10. Daar is in die lys ook Afrikaanse preke maar hierdie oor Openbaring is sover nog net in Engels.

    http://www.stmarks.org.za/

  14. #14
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Hi Protea

    Skies, dit gaan nou weer klink asof ek probeer my kerk adverteer hier, dit is glad nie wat ek doen nie, verskoon tog maar.

    Jy sal oplet dat die EGK van die vernaamste leeraars het in eskatelogie, hier praat ons van manne in die lyn van Prof Hennie Prinsloo en dies meer, mense wat waarlik erns maak met Openbaring (die hele Woord natuurlik), eindtye ens. Ek se vir jou met 'n geruste hart, jy kan gerus na hierdie manne luister, hulle maak nie sommer net stories op soos hulle gaan nie, hulle doen diepe studie in die Woord.

    Groete
    Phil
    Hi Phil,
    Die feit dat jy so opgewonde is oor jou kerk spreek boekdele ! Dit vertel vir ons dat jy geestelik na wense gevoed word en wat bevredig n mens meer as dat die WAARHEID gepredik word. Ek is so dankbaar dat daar nog sulke kerke is oor wie se boodskap mens kan 'brag'... Doet zo voort Vriend!

  15. #15
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Hi almal!

    Die A-Z van Openbaring van Jan du Rand. Die boek lyk baie interresant en lyk of dit 'n breedvoerige studie van Openbaring is.
    Lanie

    Ek het reeds 'n Engelse boek oor Openbaring voltooi en het reeds die genoemde boek se eerste 200 bladsye gelees. Dit is baie deeglik nagevors en lees baie lekker. Van liberale teologie kon ek sover nog niks optel nie. Lees gerus verskeie boek oor Openbaringe, dis die mees interessante Bybelboek van almal !!!

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •