Your Advert here
cure-real
Results 1 to 5 of 5

Thread: Kolossense Bybelstudie Week I

  1. #1

    Kolossense Bybelstudie Week I

    Waarom Kolossense Bestudeer

    Week 1 Opdrag - Elke dag vir 7 dae lank (Begin Maandag 3 November)

    A) Lees deur Kolossense 30 minute in die Oggend
    B) Lees deur Kolossense 30 minute in die Aand

    Aan die einde van die 7 dae behoort jy tenminste 3 keer deur die boek gelees het.

    Werkopdragte - Sperdatum Dinsdag 11 November
    A) Handig in 'n 200-300 woorde "waarnemings en kenmerke" werkstuk.
    1. Waarnemings moet name van plekke/ mense insluit
    2. Waarnemings moet doel v/d Boek insltuit
    3. Waarnemings moet die hoof-kenmerke en onderwerpe insluit


    Sterkte
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  2. #2
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,279
    Blog Entries
    7
    [quote=Antonvs;1847714]

    Week 1 Opdrag - Elke dag vir 7 dae lank (Begin Maandag 3 November)

    A) Lees deur Kolossense 30 minute in die Oggend
    B) Lees deur Kolossense 30 minute in die Aand

    Aan die einde van die 7 dae behoort jy tenminste 3 keer deur die boek gelees het.

    Werkopdragte - Sperdatum Dinsdag 11 November
    A) Handig in 'n 200-300 woorde "waarnemings en kenmerke" werkstuk.
    1. Waarnemings moet name van plekke/ mense insluit
    2. Waarnemings moet doel v/d Boek insltuit
    3. Waarnemings moet die hoof-kenmerke en onderwerpe insluit

    Stuur ons die opdragte terug na die draad, of hoe werk dit. Gaan daar so iets soos verkeerde antwoorde wees. Ek is ADHD en konsentreer nie altyd baie goed nie.

    Jammer vir al die vrae

  3. #3

    Werk opdrag

    Ja alles op 'n Word Document - cut en paste dan op draad hieronder.

    Asb. moet ook nie die volle breedte van die skerk gebruik nie;
    Net so helfte van die skerm is goed - so skryf tot hierdie pyltjie -->
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  4. #4
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,279
    Blog Entries
    7
    Dankie, ek sal so maak

  5. #5
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,279
    Blog Entries
    7
    Antwoorde op jou opdrag

    Hoop ek het dit reg gedoen

    Kollosense
    1. Waarnemings met name van plekke en
    mense insluit.

    Die brief is geskryf deur Paulus aan die Kolosse wat
    onderrig was deur Epafras wat onder die mag van die
    duisternis weggeruk is.
    Die skepping wat deur God geskep is, die hemel en
    die aarde is, wat gesien kan word en alles wat nie
    gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers,
    gesagvoerders, die liggaam, die kerk, die gelowiges in
    Laodisea, hierdie wereld, sondige mens, Griek en Jood,
    uitverkorne volk, vrouens en mans, kinders, ouers, Vaders,
    slawe, eienaars, word hier genoem

    Verder word Tigikus, Onesimus, Aristargos, Markus,
    die neef van Barnabas, Jesus, wat ook Justus genoem
    word, gelowiges in Laodisea en in Hiërapolis, Lukas, die
    dokter, Demas, Laodisea en Nimfa, gemeente van die
    Laodisense, Argippus hier genoem.

    2. Waarnemings met doel van die boek
    insluit

    Die boek is geskryf aan gelowiges. Hulle is tekens gegee
    om nie deur valse leringe en profete mislei te word nie.
    Hulle is ook herhinner wat die doel van Jesus Christus was,
    en dat hulle waarlik vrygekoop was. Dit is ook vir my
    inligting wat ek met 'n nuwer bekeerling sal kan deel, wat
    duidelik stel hoe en hoekom ons sondes vergewe is.

    3. Waarnemings moet hoof kenmerke en onderwerpe
    insluit

    Nadat ek al die waarnemings met name van plekke en
    mense insluit weer deurgelees het, het ek besef dat een
    van die kenmerke wat genoem word was dat Jesus vir
    elkeen van ons kom sterf het en dit sluit elke een in.

    Die hoofdoel:

    Die hoofdoel is om Christus te ken, en nie deur allerhande
    dinge mislei te word nie. Paulus leer ons ook dat ons in
    sonde gebore is, maar deur Christus kan ons met God
    versoen word.

    Ons moet gedoop word, wat sal dui dat ons die ou
    mens afgele het, en saam met Jesus uit die dode
    opgewek is.

    Omdat ons nou nuwe skepsels is, leer
    Paulus ons dat ons onsedelikheid, onreinheid, wellus,
    slegte begeertes, afgodery, leuens ens moet laat staan.
    Ons moet dus nie toelaat dat die ou mens of ou natuur
    ons beheer nie, en die beeld van God moet deur ons
    weerspieel word.

    Dit maak nie saak of ons Griek of Jood is nie, Christus
    het vir een en vir elkeen gesterf. Jesus se bloed het die
    vrede kom herstel , en daarom
    woon Christus in ons vandag.

    Ons is deur God geskep en God is die hoof van
    die liggaam, maw die kerk. God moet altyd in alle
    dinge eerste gestel word.

    Hierdie was 'n leering wat Paulus aan die gemeente
    gestuur het, wat die volgende ingesluit het.
    Waarvoor en hoe ons moet bid, sodat ons deur
    gebed die waarheid kan ken, en dat ons nooit moet
    ophou met bid nie, maar moet volhard daarin
    Hoe die Christen moet leef: Hulle moet mekaar liefhe,
    en mense altyd vriendelik behandel. Ons moet
    vergewinsgesind teenoor mekaar wees, omdat
    Jesus ons vergewe het. Ons moet mekaar onderrig
    en leer.

    Die opdrag aan die huisgesin:
    Vrouens moet hul mans onderdanig wees, en
    mans moet hulle vrouens liefhe soos Christus
    die kerk lief het, hulle moet ook nie hulle kinders
    terg nie. Kinders moet hulle ouers gehoorsaam.
    Ons moet almal met gleyke hanteer, hetsy ek
    die eienaar of die slaaf is, is ons almal gleyk in Christus

    Verspei die Evangelie
    Hierdie skrywe van Paulus moes ook aan die ander
    gemeentes voorgelees word, maw die doel van
    hierdie boek was sodat dit soos in die beging
    van kollosense geskryf is, om die evangelie met
    die hele wereld te deel
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die Boodskap van Kolossense
    By David2 in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 39
    Last Post: Jul 3rd 2008, 04:41 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •