Aan die kuierkant van ons huis het ons werklik n probleem met n klein swermpie bye wat by n luggat onder die vloer ingekruip het en toe daar nes gemaak het. En verlede Saterdagaand 8uur toe al die bye 'gedoek' en 'gebottel' is toe verf ek om al die luggate om die huis en 'plak' n plastiekgaas op al die luggate en verf dit goed vas sodat dit kan droogword na Sondag. (Ek het gedink dis meer omgewingsvriendelik as gif!) Sondagoggend op pad kerk toe , toe sien ek my plan werk baie goed , maar onder kerktyd , moes hulle n manier gekry het om n GAT daarin te maak en toe ons tuis kom , toe in-en-uit hulle weer tog te gesellig ... Nou is my probleem nog nie opgelos nie.... Wie het raad daarvoor?My man se dat bye tot n gaatjie deur hout kan vreet in n korf waarvan die opening te klein is vir hom om deur te kruip. Moes ek die gaasgedeelte ook toegeverf het aanvanklik?




My man se dat bye tot n gaatjie deur hout kan vreet in n korf waarvan die opening te klein is vir hom om deur te kruip. Moes ek die gaasgedeelte ook toegeverf het aanvanklik?
Reply With Quote
Dis nou hulle of ek...

sam", het hy geantwoord...

Dankie Fila!

Bookmarks