Partykeer maak mens se gedagtes darem snaakse draaie, veral as ek so deur die geskiedenis van Genesis lees. Dit was wilde wêreld gewees daardie, waar God se toorn hele valeie verwoes het, en beide Bybelse en buite Bybelse bronne vertel van wreedhede gepleeg deur mense wat ons onself nie kan indink nie. Dan lees mens van oomblike, beskryf in slegs 'n paar woorde, wat die menslikheid van hierdie geskiedkundige figure weer na vore bring. Ek lees gisteraand so 'n oomblik raak :
Gen 25:9 En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,
10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.
Isak en Ismael, herenig met die dood van hulle vader Abraham. Het hulle voor dit met mekaar kontak gehad ? Was dit inderdaad die dood van hulle pa wat die twee weer in kontak met mekaar gebring het ?
Ons lees dat beide God se seën oor hulle gehad het, alhoewel Hy gekies het om die Verlosser uit Isak se nageslag voor te bring. Mens kan maar net wonder oor die gesprek tussen hierdie twee. Was God se onderskeie beloftes aan hulle dalk die aanknoping ?
Het julle ook sulke "oomblike" wat mens normaalweg verby lees ?




Reply With Quote

Bookmarks