Your Advert here
cure-real
Page 10 of 17 FirstFirst 1234567891011121314151617 LastLast
Results 136 to 150 of 248

Thread: Doping met die Heilige Gees

  1. #136
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Jy sien Fila, jy slaan die spyker heeltemal op die kop en dit is ook die rede vir my vorige plasing. Hier gaan dit daaroor dat iemand nie totaal onder beheer van die Heilige Gees is as hy nie die doping met die Heilige Gees ontvang het soos in die draad beduie nie. M.a.w. ek kan nie toelaat dat die Heilige Gees my lewe rig en lei so goed as wat iemand wat 'n taal praat dit kan doen nie.

    Groot gate, ek sien groot gate in hierdie uitleg

  2. #137
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Die grootste probleem wat ek glo ons hier mee sit is die verstaan van die oorgang van die Ou Testament waar die Heilige Gees sporadies en insedenteel gewerk het na die Nuwe Testament waar die Heilige Gees verselend en inwonend in die gelowige werk.

    Hoewel ek aanvaar dat die Nuwe Testament ontstaan in Handelinge 2 met die uitstorting van die Heilige Gees, moet ons steeds verstaan dat die boek van Handelinge 'n oorgangsproses beskryf van die werking van die Heilige Gees in die Ou Testament na die werking van die Heilige Gees in die Nuwe Testament.

    Dit word dan vir ons ook duidelik wat Jesus se:

    Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
    Johannes 3:5


    En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
    Johannes 7:39


    Om te reken dat mens die Heilige Gees in paaiemente ontvang kan nie Bybels bewys word nie, of jy ontvang die Heilige Gees en jy word wedergebore, of jy ontvang nie die Heilige Gees nie en jy is nie wedergebore nie. Daar is nie vlakke ter sprake nie.

  3. #138
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Daar is nie vlakke ter sprake nie.


    Wat daar VERAL nie is nie is vlakke van redding. Of jy is gered, of jy is nie. Daar is niks tussen in nie. Word mense in die Gees gedoop anders gered as die daarsonder ?

    Indien nie, wat is dan die punt ?

  4. #139
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Ek sal graag die vraag wil vra. Wat is van groter belang, dat die Heilige Gees 'n prediker sal lei in die korrekte uitleg van die Woord of dat Hy 'n persoon sal lei in 'n taal wat niemand verstaan nie?

  5. #140
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Fila en Phil

    Ek dink julle verstaan die hele konsep van doping in die Gees dalk verkeerd. Nie dat ek nou skielik 'n kenner is nie, maar ek verstaan dit soos volg:

    1. Daar is nie verskillende vlakke van redding nie. Wedergeboorte is die enigste vereiste vir redding, en die Bybel beloof dat jy die Heilige Gees ontvang tydens wedergeboorte. Soos ek dit sien, ontvang jy nie tydens "doping met die Heilige Gees" meer van die Heilige Gees nie. Hy is reeds in al sy volheid in jou. Maar Hy kom tot net volle werking in jou. In al die voorbeelde waarvan ons in die Bybel lees, het dit gepaard gegaan met krag. (Hand 1:8 "julle sal KRAG ONTVANG wanneer die Heilige Gees oor julle kom...." en onthou, dit het Jesus gese vir dieselfde dissipels wat reeds die Heilige Gees ontvang het in Johannes 20, toe Jesus op hulle geblaas het en gese het: "Ontvang die Heilige Gees..." ) Na die doping met die Heilige Gees is 'n mens nooit weer dieselfde nie. Jy ontvang 'n vrymoedigheid om te getuig, en jy word in staat gestel om jou gawes optimaal aan te wend.

    2. Alhoewel daar nie vlakke van redding is nie, is dit tog 'n feit dat baie christene eenvoudig nie in staat is om 'n "volheidslewe" oftewel 'n "lewe van oorwinning" te leef nie. Soos wat Israel vir 40 jaar lank in die woestyn rondgeswerf het (nadat hulle gered was uit Egipte) voordat hulle die beloofde land ingegaan het (dit terwyl hulle die reis in 'n kwessie van 'n paar dae kon voltooi), so glo ek baie christene leef 'n "woestynlewe" omdat hulle nie besef dat die "beloofde land" binne hulle bereik is nie. Dit het niks met redding of witbroodjies te make nie. Die "beloofde land" is beskikbaar vir almal.

    3. Ek glo dat ELKE wedergebore christen wel sekere gawes van die Heilige Gees ontvang het. Nie almal het hulle gawes al ontdek nie, en dit kom nie tot volle werking sonder die doping met die Heilige Gees nie, maar almal het gawes. En moet tog nie vashaak by die tale nie, dis maar een van 'n hele hoop gawes. (Ek weet wat julle siening oor "tale" is en respekteer dit, alhoewel ek nie saamstem nie.) Ons kan die tale maar vir eers eenkant toe skuif, ter wille van hierdie bespreking.

    Voorbeelde van doping met die Heilige Gees is die hele Handelinge vol. Meesal het dit gebeur onder handoplegging, of tydens kragtige prediking. En by meer as een geleentheid het dit gebeur met mense wat alreeds gered was. 'n Mens kan tog nie daarby verby kyk nie?

  6. #141
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Fila & Phil......


    Die antwoorde vir julle vrae is in net die Woord ..............

    Afrikaans 1 Korinthërs 12

    1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

    2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.

    3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

    4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

    5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

    6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

    7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

    8 Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

    9 aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

    10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.

    11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

    12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

    13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

    14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

    15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

    16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

    17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?

    18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

    19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

    20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

    21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.

    22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;

    23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,

    24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,

    25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

    26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.

    27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

    28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

    29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

    30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?

    31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.

    ...............

    God het nie "witbroodjies" nie.... en daar is nie "grade" van Christenskap nie..........

    alles is net genade eee en in geloof kan ons dit aanvaar of verwerp........ God gaan ons ook nie dwing om in die Gees te leef nie.......

    om Christus as verlosser te aanvaar is jou keuse......

    om slegs verlos te wees en nie in oorwinning te staan nie - om jou denke te vernuwe deur die woord - is jou keuse......

    om in jou eie krag te probeer voortgaan in geloof - om die werking van die Gees te verwerp of te aanvaar is jou keuse ........

    >>>>>>>>>>

    God is God en tref nie onderskeid tussen sy kinders nie ..... en hy gee aan ons die keuse in genade hoe ver ons bereid is om die pad met hom te loop .......
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  7. #142
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Julle het my baie gegee om oor te dink en te lees. Ek is nou nie die geleerdste onder onse maters nie, maar hier is my mening vir die wat belangstel.....

    In 1 Korintiërs 12:13 staan daar tog uitdruklik "Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam , of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne: en ons is almal van een Gees deurdronge." Dus as jy glo dat Jesus Christus jou gered het is jy gedoop met die Heilige Gees. Hierdie "doop" gebeur die oomblik wat mens gered word en is 'n simbool van jou eenwording met die liggaam van Christus.

    Johannes die Doper het dikwels oor die doop met die Heilige Gees gepraat en vertel dat wanneer die Messias kom, Hy Sy volgelinge met die Heilige Gees sou doop. Jesus self het eers oor die doop met die Heilige Gees gepraat toe Hy gereedgemaak het om op te vaar na die hemel.

    In Handeling 1 sê Jesus dat hulle nie van Jerusalem moet weggaan nie maar om te wag op die belofte Vader, wat hulle van Hom gehoor het want Johannes het met water gedoop maar hulle sal met die Heilige Gees gedoop word.

    As ek bietjie teruggaan na Johannes 14:16-17 sê Jesus "En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom Nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees." Jesus het hier die doop met die Heilige Gees beskryf.

    Hierdie is nie 2 verskillende gebeurtenisse waarvan Jesus praat nie. Die Doop met die Gees en die koms van die Heilige Gees is dieselfde gebeurtenis.

    En wat staan in Handelinge 2:4? "En hulle is almal vervul met die Heilige Gees......." Dit is tog hierdie gebeurtenis wat Johannes die Doper van gepraat het in Mattheus 3:11 en waarvan Jesus gepraat het in Handelinge 1 vers 4 & 5.

    Ek dink wat mense verwar is al die verskillende terme wat gebruik word om een in dieselfde gebeurtenis te beskryf. Daar word gepraat van gedoop, uitgestort, gevul, vervul, deurdrenk, bemagtig met die Heilige Gees. Op die ou einde verwys almal na die gebeurtenis met wedergeboorte wanneer die Heilige Gees in jou hart kom.

    Mense moet versigtig wees dat hulle nie hulle eie ervarings probeer verklaar ten koste van die Woord nie. En ek stem saam met Fila en Phil dat hierdie denkwyse van twee vlakke gelowiges nadelig is vir die eenheid van die liggaam van Christus, terwyl een van die take van die Heilige Gees dan juis is om eenheid te skep binne die liggaam.

  8. #143
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ek sal graag die vraag wil vra. Wat is van groter belang, dat die Heilige Gees 'n prediker sal lei in die korrekte uitleg van die Woord of dat Hy 'n persoon sal lei in 'n taal wat niemand verstaan nie?
    Phil , ek dink die' vraag is verkeerd. Die Gees besluit watter gawe om te gee soos dit nodig is en ons moet nie die belangrikheid van een vs ander opweeg nie.....

    Dis wel jammer dat dit so gedoen word en dat sekere gawes as "bewys " van redding voorgehou word, maar dis maar net onbybels en mense wat dinge verdraai soos ons maar altyd alles opfoeter as ons in eie krag / wysheid ens probeer i . p . v in Sy krag en genade to loop.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  9. #144
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Voorbeelde van doping met die Heilige Gees is die hele Handelinge vol. Meesal het dit gebeur onder handoplegging, of tydens kragtige prediking. En by meer as een geleentheid het dit gebeur met mense wat alreeds gered was. 'n Mens kan tog nie daarby verby kyk nie?
    Hello (oom) Gene... (dis 'n besluit oor 'n respek-issue )

    Ek wil nou nie 'n ou pestelensie wees nie maar ek sal graag die kere wat dit gebeur het met mense wat alreeds gered is gaan bestudeer. Ek weet van een plek, in Handelinge 8. Ek het reeds 'n idee hoekom dit so daar gebeur het. Kan jy dalk vir my ander voorbeelde gee, groot seblief?

  10. #145
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Mense moet versigtig wees dat hulle nie hulle eie ervarings probeer verklaar ten koste van die Woord nie. En ek stem saam met Fila en Phil dat hierdie denkwyse van twee vlakke gelowiges nadelig is vir die eenheid van die liggaam van Christus, terwyl een van die take van die Heilige Gees dan juis is om eenheid te skep binne die liggaam.

    Lanie......

    die probleem is nou wie se ervarig is ten koste van die Woord ??

    Die wat die doping met die Gees en gepaartgaande gawes verwerp en dit daarom nie ervaar nie.....

    Die wat dit wat in die Woord beskryf word, aanvaar en daarom die gawes ervaar .....

    .m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  11. #146
    Ek vra weer :

    Word mense in die Gees gedoop anders gered as die daarsonder ?


    en :

    Wie besluit of jy in die Gees gedoop is, of gaan word, of glad nie ?

  12. #147
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Handelinge 19:1-6 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind 19:2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? (Hulle was dus reeds wedergebore) En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie. 19:3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. 19:4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. 19:5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

    Hierdie is 'n pragtige voorbeeld van mense wat reeds gered was, maar nie met die Heilige Gees gedoop was nie. En toe dit gebeur, het hulle skielik begin om (in tale te praat en) te profeteer. Hulle het krag ontvang en hulle gawes het tot volle werking gekom. Al twaalf van hulle het nie noodwendig in tale gepraat nie, maar die gawes wat daar tussen hulle na vore gekom het, was tale en profesie. Maar dit verskil van persoon tot persoon. So hierdie gedeelte se glad nie dat almal juis in tale sal praat wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word nie.

    Maar doping met die Heilige Gees (of watter term daarvoor ookal gebruik word) is 'n werklikheid en dit is nie dieselfde as wedergeboorte nie


  13. #148
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek vra weer :

    Word mense in die Gees gedoop anders gered as die daarsonder ?

    en :

    Wie besluit of jy in die Gees gedoop is, of gaan word, of glad nie ?

    Fila.....

    1 ) in geloof in Christus is jy gered / verlos ...... daar is nie verskillende soort "redding" nie......
    .... met die Doping in Gees ontvang jy krag en gawes tot 'n lewe van oorwinning ......

    2 ) die wat vra, ontvang..... dis wat die Woord se

    ( heelwat skrifte al aangehaal )

    .... m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  14. #149
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek vra weer :

    Word mense in die Gees gedoop anders gered as die daarsonder ?


    en :

    Wie besluit of jy in die Gees gedoop is, of gaan word, of glad nie ?
    Sjoe! Hierdie draad gons nou skielik behoorlik. Nee Fila, almal word dieselfde gered (sien my vorige pos) En doping met die Heilge Gees is beskikbaar vir ALMAL.

  15. #150
    Gene, Mari,

    Julle antwoorde is deel van dit wat my pla : Hierdie doping impliseer 'of 'n tipe universelasisme, 'of vrye wil tot redding, en ek het 'n definitiewe probleem met altwee. Die derde opsie is natuurlik dat ek julle heeltemal verkeerd verstaan (...wat altyd 'n goeie moontlikheid na 'n laaaang werksdag is )

    Wat ek wel moet bysê dat ek glad nie heiligmaking as 'n tweede genadewerk negeer nie, inteendeel. Ek glo dat daar by elke wedergeboorte 'n behoefte geskep word vir dit, maar dat daar nog 'n ekstra moment in 'n Christen se lewe is , waarvoor hy of sy spesifiek moet vra, anders word dit nie ontvang nie ? Ek kry nie die punt of die rede daarvoor raak gesien nie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Hoe beleef jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees?
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 47
    Last Post: Oct 9th 2010, 04:50 AM
  2. Bespreking Die Heilige Gees
    By MercyChild in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Nov 21st 2008, 08:20 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •