So wat julle nou eintlik probeer sê is dat dit wat met my gebeur het was bedrog?
So wat julle nou eintlik probeer sê is dat dit wat met my gebeur het was bedrog?
Ek het ook nog nooit in tale gepraat nie. Beteken dit dat ek dan nog nooit doping met die Heilige Gees ontvang het nie? Ek weet dit wat met my gebeur het was net 'n aanraking en nie doping nie (het dit so ook geskryf).
Ek wil dit net duidelik maak dat ek gegrap het met die as jy gedoop word met die Heilige Gees, ontvang jy jou taal, want dit is wat baie mense se.
Ek glo dit glad nie en wil nie weer in 'n tale debat betrokke raak nie, diegene wat die vorige bespreking oor tale gevolg het sal weet dat ek redelik uitgesproke is teen die tale beweging.
So om saam te vat. As jy wedergebore is, m.a.w. besef het jy is vol van sonde, kan niks goed doen of saligheid verwerf nie en dat slegs Jesus jou kan verlos, Hom aangeneem het as jou Saligmaker en in 'n persoonlilke verhouding met Hom ingetree het, het jy die doping van die Heilige Gees ontvang en is Hy woonagtig in jou. Dit het niks met tale te doen nie, dit het niks met omval te doen nie, dit het niks met allerhande snaakse dinge te doen wat baie vir jou probeer verkoop eers moet gebeur as teken dat jy gedoop is met die Heilige Gees nie. Hierdie dinge wat hulle propageer (soos diegene wat marline mee te doen gehad het) is totaal on-Bybels, jy sal dit nerens in die Woord kry nie.
Hier is wat die Woord leer:
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Joh 3:5-6
Dankie baie Phil! Jammer as ek julle so bietjie verkeerd verstaan het...
Geen probleem, dis hoekom ek dit gou uitgeklaar het![]()
Jammer Yolandi, ek wil niemand afskeep nie, dis net laas het die draad bietjie warm geraak en ek wil nie weer dieselfde deurgaan nie.
Hier is die draad as jy wil gaan kyk
http://bibleforums.org/showthread.php?t=134274
Groete
Phil
.......en nou weet ek nog steeds nie wat "doping met die Heilige Gees" werklik is nie!
Gene, moet net nie nou Skrif vra nie,(sal moet gaan soek) maar wanneer mens Jesus Christus as Saligmaker en verlosser bely, dan ontvang jy die Gees van G_d.= Baptism of the Spirit.....![]()
Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"
Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"
Isa. 30:32
And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them
G_d was gracious He has shown favor
What are you willing to die for? Now live for it!
Hierdie draad is baie interresant. Ek lees nie in die Bybel van die doop met die Heilige Gees nie. Wat ek wel lees is die ontvangs van die HG.
Act 19:2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.
Act 19:3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
Act 19:4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
Act 19:5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Act 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Maar dan kom Paulus in I Kor 1:17 en sê,
1Co 1:17 Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.
1Co 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
1Co 1:19 want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.
Hier is die eerste probleem. As die doop dan so belangrik is hoe kan Paulus sê wat hy hier sê. Ek weet baie sal sê omdat hy nie gestuur was om te doop nie. Maar lees die ding mooi dan sien mens hy dink die doop is 'n vereideliking van die kruis.
En dan lees ons in Efes 4 :
Eph 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
Eph 4:5 een Here, een geloof een doop,
Eph 4:6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
Nou watter doop praat Paulus hiervan?
Gaan lees dan IKor.
Co 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
1Co 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
As ek dan die ding reg verstaan is die een doop wat Paulus van praat is dit die een in IKor 12. Let wel dit is die doop DEUR die Heilige Gees en nie met die Heilige Gees nie.
Liefde in Christus
Eben
Jong, ek is veronderstel om te pak - my man wil die komper nou afsit, maar aai, hierdie draad lyk gans en al te interessant.
Ek verstaan self nie wat die verskil tussen die 'vervulling' en die 'doping' van die Heilige Gees nie.
Sover ek die Skrif verstaan, word mens met die Heilige Gees vervul as jy werklik die Here Jesus as jou Verlosser en Saligmaker aanneem. Dus is elke ware kind van God ook Geesvervuld.
Verder verstaan ek ook dat God sekere Geestelike gawes aan ons skenk.
Omval in die Gees? Die Bybel praat net van mense wat op hulle aangesigte neergeval het - nie op hulle rugge nie. Ek het self al 'n paar keer ondervind dat mense vir my bid en my probeer omstoot.
God werk nie met almal op dieselfde manier nie. Ek se glad nie dat die Here mense nie werklik aanraak sodat hulle omval nie, maar slegs dat dit nog nie met my persoonlik gebeur het nie, en ook dat ek nie in die Bybel voorbeelde hiervan kry nie.
Ek sien uit om weer verder te lees en leer sodra ons weer gekonnekteer raak.
Tatta, en geseende naweek vir julle almal.
My man jaaaaaaag my ...... nou moet ek maar submit.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Sewes rugby, se jy? Dis debateerbaar....
Kyk, ek weet wat doping met die Heilige Gees NIE is nie. Die "Torronto blessing" ding en al dergelike dinge is dit duidelik nie. Maar wat is dit dan? Is dit dieselfde as "vervulling" met die Gees? Indien nie, waar le die verskil? Kom die beginsel enigsins in die Bybel voor?
Kom ons veronderstel dat dit bloot 'n ander manier is om na vervulling met die Gees te verwys, dan wil ek graag weet, wat beteken dit werklik? Dit word redelik algemeen aanvaar dat alle wedergebore christene met die Gees vervul is toe hulle wedergebore was. Maar is dit werklik so? Waar staan dit in die Bybel? Is dit nie dalk 'n heel ander gebeurtenis nie? Is dit nie moontlik dat mens wedergebore kan wees sonder om met die Gees vervul te wees nie?
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks