
Originally Posted by
David2
ACCM
1. Hierdie deel loop parallel met Matt. 28 en daarom weet ons dat die doop wat hier ter sprake is, die waterdoop is en nie die doping met die Heilige Gees nie.
2. Die tekens wat op bekering sou volg, was buitengewone tekens van daardie tyd en dit word hier opgenoem. Dit help nie ons lees die Bybel vandag asof hierdie tekens nou nog op bekering en doop moet volg nie. Dit doen eenvoudig nie. Geen een enkele nuwe bekeerling drink vandag gif en bly leef nie. Geen een enkele bekeerling lê vandag die hande op 'n sieke wat dan "sal" gesond word nie. Ons moet die Bybel groot asseblief in konteks lees en nie goed vir mense aanbied wat eenvoudig nooit gaan gebeur nie. Die konteks van die deel was die apostoliese era waar die Bybel onvoltooid was en waar mense met 'n nuwe boodskap van die opstanding moes uitgaan na mense wat geen rede gehad het om na hulle te luister nie. Die enigste rede waarom hulle sou kon luister, was die "tekens" wat hulle vertoon het. Nie een van ons vertoon vandag daardie tekens nie. Baie sê hulle doen, maar die feite praat nie saam nie. Ons enigste "teken" wat ons vandag het, is die Bybel en die geestelike opstandingskrag van Jesus Christus.
3. Ek is oortuig dat die tale wat hier van gepraat word, wel die Handelinge-tale was. Tale was een van die tekens wat aan die mense van daardie tyd gegee is as 'n buitengewone gawe en bewys wat die waarheid van sy geloof bevestig en voor ongelowiges bewys het. Ja, die mense soek vandag nog in hulle duisende na sulke buitengewone gawes en nie na die Bybel nie. Vir 'n tyd was dit vir hulle gegee, maar na die voltooiing van die Bybel nie meer nie.
4. Ja, jy is reg. Ons lek en het nodig om opgevul te word. Maar let asseblief op. Dit is nie die Heilige Gees wat uitlek nie. Hy kom ons permanent en ononderbroke in al sy volheid bewoon. Wanneer ons deur die dale gaan en geestelik nie op die kruin van die golf is nie, is dit nie omdat die Heilige Gees ons verlaat het of omdat Hy uitgelek het nie. Hy is en bly net soos altyd daar. Dit is maar net omdat ons miskien die binnekamer versaak het of te veel met die wêreld se dinge doenig was en geestelik afgestomp geraak het. God het Hom nie onttrek nie, dit is eerder ons wat ons onttrek het. Kom net terug en sê dankie en loof die Here dat Hy getrou bly. "Vervulling met die Heilige Gees" is 'n term wat vatbaar is vir misverstand. Party mense het nie méér van die Heilige Gees as ander nie. Jy het Hom of jy het Hom nie. Vervulling gaan oor die mate waarin jy, jou liggaam en denke, aan God se saak toegewy is, jou lewe as offer aan die Here oorgegee het (Rom. 12:1,2), die ou mens uitgetrek en die nuwe mens aangetrek het (Ef. 4:22-24) en die Heerskappy van die Gees in elke aspek erken en uitleef (die verskil tussen vleeslik en geestelik - 1 Kor. 3:1-3).
Bookmarks