Jammer, Anton....... in jou skrewe stel jy dat :
" Die "anointing" of "salwing" sien met die Heilige Gees sien ek glad nie in die NT as iets vir die algemene Christen nie. "
.... nou wil ek net weet :
1) wie is "algemene" Christinne -
{Daar was apostels in die NT wat wel 'n besondere kragtige werking van die H.G. ervaar het= preek en 5000 kom tot bekering}
2 ) vir wie is die salwing wel dan beskore ?
{Jesus was gesalf = Messias = Gesalfde van God - ek weet nie van ander gesalfdes nie}
... en oor jou vraag van die woord "salwing" :
by gebrek aan 'n ander term, word die woord "salwing" gekoppel aan die Ou testamentiese idioom met die salwing van die priesters, ens , en word gebruik vir besondere, amper fisiese, vulling met die Gees vir spesiale take in die bediening, bv profisie, genesing, gawe van insig, en ander Geestelikke gawes..... dit kan ook in 'n groep gebeur wanneer die Gees in vreugde, lofprysing, en selfs in hartseer oor 'n gelowiges kom met die doel tot stigting van geloof......
{ die gebrek aan die regte term is "filled with the Holy Spirit of "the Holy Spirit came upon him} hierdie OT salwings was God wat dit gegee het, en mense kon as te ware niks daaraan verander nie - dit was ook tydelik van aard - slegs vir 'n spesifieke aard, die salwings van priesters en konings het geensins verband hiermee nie - en die woorde het geen ooreenkoms semanties nie}
ongelukkig het 'n paar groepe die storie ( soos gewoonik ) oorboord geneem en 'n amperse kommersieele foefie daarvan gemaak - met die omstotery ens....... maar net omdat sommiges dit misbruik, beteken nie elke manifestasie van hierdie vervulling is "duiwelswerk / onBybels" nie - selfs in die NT tyd het ander gedink die Christinne is dronk van wyn wanneer dit gebeur !
{Efesiers 5:18 se woord het geensins verband met die "super/bo natuurlike" manifestasie van die Heilige Gees nie - Ef 5:18 praat maar net van wat Col 3:16 van praat van om jou lewe geestelik te orienteer}
in die meer "tradisionele" formele kerkdenominasies ( RK ) is dit onderdruk weens "kerkorde" ( wanneer mense beheer neem oor mense, pleks van die Gees in beheer te he ! ) .... maar dit het nog altyd in informele groepe en veral in die sendingveld, voorgegaan...... oor die laaste paar eeue het dit teruggekom soos "gewone" gelowiges die Woord aangegryp het en hulself oopgestel het vir die Here......
{Hierdie beweging is nog nooit onderdruk in "Gereformeerde tradisies nie, want dit is 'n beweging wat so 35 jaar terug eers begin het deur 'n katolieke priester in Los Angeles"}
( vir lank het "kerk orde" impliseer dat die lees en interpretasie van die Bybel slegs aan 'n sekere elite groep beskore was,
{niks met die saak te doen nie - strooi man argument - dis in elk geval die resultaat van 'lui-lidmate' wat 'n TV mentaliteit het - } en daarom wat manupulasie van interpretasie algemeen...... maar met die drukkuns het daardie "beheer" stadig maar seker tot nuut gegaan soos die Bybel aan "algemene" gelowiges beskikbaar gestel is .....
Die "protestantse" kerke het weggebreek
{kan jy vir my die geleentheid in Kerk geskiedenis uitwys? as jy nog vewys na die saak van Salwings} van 'n uiterste menslike beheerstelsel na 'n mindere menslike orde, maar is nou nog huiwerig om die Gees terug te laat tussen die kerkmure..... gemeentelede het nog staat gemaak op interpretasies volgens kerkdogma van die kansel, en nie soveel persoonlikke Bybelstudie nie......
.{dis baie waar ek wonder hoeveel predikante doen persoonlike Bybelstudie} .{ maar dit stuit nie die werking van die Gees nie, want soos "algemene" gelowiges dit nou waag om die Woord self bestudeer en nie meer net staat maak op dit wat vir hulle gepreek word nie, laat dit al meer en meer plek vir die "salwing" om tot volheid te kom in die bruid van Christus, die Gesalfde !
die voorbeeld van groepe wat met die Pinkster herlewings heeltemal uit die menslike beheer van tradisionele kerke weggebreek het, het ook baie se oee ( wat oop was om te sien ) oopgemaak tot die werking van die Gees .... dit is ongelukkig waar dat van die groepe maar weer net verval in 'n Pinkster "tradisie" met emosioneel opgesweepte namaaksels.... maar dis mos maar ons mensekinders

......
.{dalk die mederheid}


die naam " Christus" beteken ook " gesalfde", met salwing wat dan 'n metafoor is vir die fisiese - Gees in vlees gemanifesteer - teenwoordigheid van God ........ fisiese "salwing" met olie word ook voorgeskryf saam sekere handoplegging vir genesing, as simbool..... ( maar dis 'n ander draad )..
.{dit maak geen sin nie, kan jy verwysings hiervoor kry}
Mari, ek probeer nie hardkoppig wees nie, ek het al talle kere myself oopgestel, en leerbaar probeer maak t.o.v. hierdie saak - ek het ongelukkig nog nooit iets gesien wat naby Bybels was nie.
( aai, wens ek het PhillipdT se mooi woorde gehad om te verduidelik

)

.... m
Bookmarks