Your Advert here
cure-real
Page 7 of 17 FirstFirst 1234567891011121314151617 LastLast
Results 91 to 105 of 248

Thread: Doping met die Heilige Gees

  1. #91
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704
    Persoonlik is ek versigtig om te sterk lyne te trek met die Ou Testamentiese betekenis van simbole en die Nuwe Testamentiese betekenis van simbole. Myns insiens gee die Nuwe Testament konsekwent nuwe inhoud aan simbole.

    Vir dieselfde argument sou ek bv. versigtig wees om die geestelike betekenis van die Joodse reinigingsgebruike direk van toepassing te maak op iets soos die Christelike doop.

    Soos ek dit verstaan is die Nuwe Testament so totaal nuut, dat hoewel die Ou Testament daarna heengewys het, het die Nuwe Verbond in en deur ons alles nuut gemaak: die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  2. #92
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Tog moet die gebruik van salwing van erens af kom, Jakobus sal dit tog nie opbring met geen agtergrond daaragter nie, hy skryf tog immers hierdie aan Jode per implikasie, Jode, met Joodse gebruike wat wel verskillende vorme van salwings sou beoefen het vir verskillende doeleindes, soos wat die salwing van siekes sou geskied het met olyfolie, nie dieselfde soort olie waarmee 'n koning bevoorbeeld sou gesalf word nie.

    Ek is nie een vir die aanhang van sekere gebruike wat eie is aan die Joodse kultuur nie, maar ek is ook nie een wat sommer los en vas met sekere simbole en gebruike gaan begin omgaan soos en wanneer ek wil nie en betekenis gee aan gebruike wat dit nie oorspronklik beteken het nie.

    Ek sien deesdae word alles en almal links en regs gesalf, sommer net gesalf vir enige rede, nie noodwendig oor siekte nie, ek sien stawing hiervoor vanuit die Skrif nie, veral nie vanuit die Nuwe Testament nie.

  3. #93
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704
    Die boek is aan Joodse gelowiges geskryf. Dit beteken dat hulle nie meer hulle identiteit in etnisiteit vind nie, maar in Christus, want in Christus is daar nie meer Jood of nie-Jood nie.

    Ek dink nie daar is 'n spesifieke verband tussen die salf van konings in die OT, en die salf met olie in die NT nie.

    In die OT was daardie salwing simbolies van God se legitimering van 'n bepaalde posisie

    In die NT is dit nie beperk tot sekeres nie, maar bloot 'n simboliese handeling wat dui op die aanraking, salwing, genesing, teenwoordigheid, genesing van God. Ek sou eerder sê dit kan in verband gebring word met Ps 23:5.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  4. #94
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Philip

    Skies man, dit lyk nou weer asof ek probeer moeilik wees soos altyd

    Ek verseker jou ek is nie, ek wil graag net dat ons hierna kyk. Volgens my sien ons net die gebruik van salwing in die Nuwe Testament wanneer dit kom by die siekes. Nou jammer as dit lyk of ek besig is om bietjie van die draad af te gaan, maar eintlik is dit baie relevant tot wat ons hier bespreek en ek glo dit sal duidelik word wanneer ons verstaan wat gebeur rondom hierdie beweging van die doping met die Heilige Gees soos ons dit in baie kerke vandag vind waar snaakse dinge gebeur en gese word, baie van hierdie mense is ook gou om te beginne mense salf vir geen rede en dit lyn nie op met die Skrif nie, hulle gaan verder en salf hulle karre en allerhande ditjies en datjies wat hulle hul hande op kan kry, alles in die naam van beskerming of iets.

    Nou, hierdie is nie in lyn eers (vergeet van die tipe olie gebruik, dit maak nie werklik vir my so baie saak nie) met die Woord op enige aspek nie, mense word nie gesalf vir bedienings nie, hulle word bloot gesalf omdat dit lyk soos die nuwe "party trick" wat gebruik moet word. Hierdie is nie die salwing van die Heilige waarvan 1 Joh 2 praat wat 'n innerlike gebeurtenis is nie, dit is nie 'n opdrag wat ons ontvang het nie, want die salwing van die Heilige is 'n ingeplante woord wat jy ontvang, Jakobus verstaan hierdie ook baie goed en beskryf dit vir my baie mooi tussen Jakobus 1:18 tot 21.

    Nou, my hele rede hoekom ek so hier aankerm is dat ek bang is dat ons besig is om in bygelowe te verval waar ons meer waarde heg aan olies en spesiale gebedjies en rituele, juis die goed wat Christus vervul het, die skadus wat na Hom gewys het uit die Ou Testament, laat ons net versigtig wees dat ons nie weer gebruike en rituele aanhang en daardeur die skadu aanneem en die werklike mis nie, dat ons nie besef dat ons hier praat van 'n innerlike verandering in die hart soos Heb 8 ons leer nie.

    Doping met die Heilige Gees is nie iets skouspelagtigs nie, dit is nie iets wat met tekens gepaard gaan nie, dit is 'n vernuwing van die hart en gemoed, dit is wedergeboorte, dit is wanneer ons die ingeplante woord ontvang, wanneer ons die ware, innerlike salwing van die Heilige ontvang en ons weet wat hierdie salwing behels:

    die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
    Johannes 14:17

    maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
    Johannes 14:26

    Vir my is dit duidelik, die doping met die Heilige Gees is wanneer die persoon wedergebore word en die Gees van God ontvang wat in hom woonagtig word, die Gees van God se doel is nie die verheerliking van die mens nie, maar werk in die hart van die mens om hom te leer en rig in die wee van Christus, om hom voordurend te wys na die ware evangelie van Christus, om hom te wys op die pad wat Christus van ons verwag om te loop en om daardeur uiteindelik te verseker dat die evangelie suiwer en heilig in en buite die gemeete verkondig word.

    Die Heilige Gees rig en lei ons voordurend om die liggaam van Christus te stig en te bou en elkeen wat wedergebore word, behoort hierdie een doel voor die oe te he, om God te verheerlik, hoe doen ons dit, om Sy opdragte na te kom, wat is Sy opdrag? Gaan na die nasies.

    Ek dink ons moet dalk beginne na binne kyk, na ons eie harte en ons geestelike lewens opweeg teen die woord van die Here onder die vergrootglas van die leiding van die Heilige Gees. Ophou soek vir herlewing daarbuite en die Here bid vir herlewing binne in ieder en elkeen van ons harte, ophou soek vir 'n uiterlike teken, maar toelaat dat die Heilige Gees die vrug manifesteer in ons lewens vanuit 'n innerlike verandering en vernuwing binne in ons.

    Dan laastes net as ons na Jakobus kyk, moet ons onthou, die boek is geskryf tussen 44 en 49 na Christus, dus was dit voor die evangelie uitgegaan het na die heidenne, so die brief is steeds geskryf vanuit die nuwe verbond, binne die konteks van die Jood wat nog nie die volle omvang van die evangelie in die hele wereld verstaan het nie.

    Groete
    Phil
    Last edited by Phil Fourie; Jan 9th 2009 at 01:59 PM. Reason: Kommentaar byvoeg aangaande brief van Jakobus

  5. #95
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Persoonlik dink ek ons kan 'n hele nuwe draad begin oor hierdie salf met olie-ding wat, soos ek verstaan, maar eintlik net weer een van daai gebruike is wat in charismatiese kringe posgevat het. Dis vir my eintlik verskriklik snaaks as mens begin luister wat en waarvoor mense salf. 'n Vriendin van my het eenmaal vir my aanbeveel dat ek en my man ons trokke moet salf sodat hulle kan ophou breek....

    Ek het eendag net nadat ek my lewe aan die Vader toegewy het en nog baie vatbaar was vir nuwe inligting self die salf ding gedoen. 'n Familielid het vir 'n ruk by ons gewoon en het volgens my heeltemal te veel gedrink. Nou ja... een aand besluit ek toe om die kas waarin die wynglase is te salf en te bid en te vra dat hy verby die kas sal loop en nie daardie aand wyn sal drink nie (en ek het vir niemand daarvan vertel nie) Julle sal my seker nie glo nie, maar die aand kom hy toe by die huis en loop reguit kamer toe sonder om eers vir hom wyn in te gooi. Maar toe ek in die kamer kom om te groet het hy vir hom sy eie stainless steel wynglase gaan koop en dit in sy kamer gebêre. Dit was bietjie weird!!!

    My vraag is nou net - is die gebruik om enige iets sommer te wil salf bybels of is dit nie dalk eerder okkulties van aard nie?

  6. #96
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Philip

    Skies man, dit lyk nou weer asof ek probeer moeilik wees soos altyd

    Ek verseker jou ek is nie, ek wil graag net dat ons hierna kyk. Volgens my sien ons net die gebruik van salwing in die Nuwe Testament wanneer dit kom by die siekes. Nou jammer as dit lyk of ek besig is om bietjie van die draad af te gaan, maar eintlik is dit baie relevant tot wat ons hier bespreek en ek glo dit sal duidelik word wanneer ons verstaan wat gebeur rondom hierdie beweging van die doping met die Heilige Gees soos ons dit in baie kerke vandag vind waar snaakse dinge gebeur en gese word, baie van hierdie mense is ook gou om te beginne mense salf vir geen rede en dit lyn nie op met die Skrif nie, hulle gaan verder en salf hulle karre en allerhande ditjies en datjies wat hulle hul hande op kan kry, alles in die naam van beskerming of iets.

    Nou, hierdie is nie in lyn eers (vergeet van die tipe olie gebruik, dit maak nie werklik vir my so baie saak nie) met die Woord op enige aspek nie, mense word nie gesalf vir bedienings nie, hulle word bloot gesalf omdat dit lyk soos die nuwe "party trick" wat gebruik moet word. Hierdie is nie die salwing van die Heilige waarvan 1 Joh 2 praat wat 'n innerlike gebeurtenis is nie, dit is nie 'n opdrag wat ons ontvang het nie, want die salwing van die Heilige is 'n ingeplante woord wat jy ontvang, Jakobus verstaan hierdie ook baie goed en beskryf dit vir my baie mooi tussen Jakobus 1:18 tot 21.
    Geen probleem. Ek dink mens kan aan enige simbool te veel waarde heg, soos wat die Roomse kerk gedoen het. Dit is bv. ook waar van die doop, die nagmaal of iets soos handoplegging. As jy magiese waarde heg aan 'n simbool, asof daar inherente, magiese krag daaraan is, dan is dit nie meer 'n teken nie, maar 'n truuk. So, in beginsel stem ek saam met jou.

    Ek is egter nie seker hoe jy die ingeplante woord (Jak 1:18-21) in verband bring met die salwing van die Heilige Gees nie. Jy sal dit vir my eksegeties moet aantoon. Iemand wat wedergebore is, ervaar nie noodwendig die volheid van die Gees of wandel in die volheid daarvan nie. Dit kan ons duidelik sien vanuit Hd 8 waarin die gelowige en (water)gedoopte mense (wedergebore mense) in Samaria gedoop is met die Heilige Gees. Paulus roep daarom ook wedergebore mense op om vervul te word met die Gees (Ef 5:18) en te wandel in die Gees (Gal 5), en nie die Gees te bedroef of te blus nie (1 Tess 5:19; Ef 4:30). Die Gees het nie net te doen met jou wedergebore identiteit in Christus nie, maar is 'n Persoon wat ons elke dag aan moet oorgee in ons daaglikse lewe. Ek verstaan die vervulling en salwing van die Heilige Gees in noue verband hiermee.

    Nou, my hele rede hoekom ek so hier aankerm is dat ek bang is dat ons besig is om in bygelowe te verval waar ons meer waarde heg aan olies en spesiale gebedjies en rituele, juis die goed wat Christus vervul het, die skadus wat na Hom gewys het uit die Ou Testament, laat ons net versigtig wees dat ons nie weer gebruike en rituele aanhang en daardeur die skadu aanneem en die werklike mis nie, dat ons nie besef dat ons hier praat van 'n innerlike verandering in die hart soos Heb 8 ons leer nie.
    Ek hoor jou bekommernis, maar ek vermoed eerder dit is omdat jy oor die algemeen skepties is oor werkinge van die Gees of bonatuurlike manifestasies van die Gees.

    Doping met die Heilige Gees is nie iets skouspelagtigs nie, dit is nie iets wat met tekens gepaard gaan nie, dit is 'n vernuwing van die hart en gemoed, dit is wedergeboorte, dit is wanneer ons die ingeplante woord ontvang, wanneer ons die ware, innerlike salwing van die Heilige ontvang en ons weet wat hierdie salwing behels:

    die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
    Johannes 14:17

    maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
    Johannes 14:26
    Sou jy sê elke wedergeborene leef outomaties vanuit die volheid van die Gees en leef in die volkome waarheid?

    Jesus sê ons sal krag ontvang wanneer die Gees "oor ons kom", nie wanneer ons wedergebore word nie (hoewel dit ook kan saamval). Aan Nikodemus het Jesus gesê iemand moet wedergebore word uit Gees. Dit gebeur as hy Christus in geloof aanneem. En tog het die dissipels eers gewag op die belofte van die Vader, naamlik die doop met die Heilige Gees om toegerus te word met krag uit die hoogte. (Sien ook die mense in Samaria - Hd 8)

    Vir my is dit duidelik, die doping met die Heilige Gees is wanneer die persoon wedergebore word en die Gees van God ontvang wat in hom woonagtig word, die Gees van God se doel is nie die verheerliking van die mens nie, maar werk in die hart van die mens om hom te leer en rig in die wee van Christus, om hom voordurend te wys na die ware evangelie van Christus, om hom te wys op die pad wat Christus van ons verwag om te loop en om daardeur uiteindelik te verseker dat die evangelie suiwer en heilig in en buite die gemeete verkondig word.
    As die doop met die Heilige Gees dieselfde is as wedergeboorte, waarom het die gelowiges in Samaria nodig gehag om nadat hulle tot geloof gekom het en met water gedoop is, ook gedoop te word met die Heilige Gees, en waarom sou Paulus wedergebore mense oproep om vervul te word met die Heilige Gees?

    Die Heilige Gees rig en lei ons voordurend om die liggaam van Christus te stig en te bou en elkeen wat wedergebore word, behoort hierdie een doel voor die oe te he, om God te verheerlik, hoe doen ons dit, om Sy opdragte na te kom, wat is Sy opdrag? Gaan na die nasies.
    Amen!

    Ek dink ons moet dalk beginne na binne kyk, na ons eie harte en ons geestelike lewens opweeg teen die woord van die Here onder die vergrootglas van die leiding van die Heilige Gees. Ophou soek vir herlewing daarbuite en die Here bid vir herlewing binne in ieder en elkeen van ons harte, ophou soek vir 'n uiterlike teken, maar toelaat dat die Heilige Gees die vrug manifesteer in ons lewens vanuit 'n innerlike verandering en vernuwing binne in ons.
    Amen!

    Dan laastes net as ons na Jakobus kyk, moet ons onthou, die boek is geskryf tussen 44 en 49 na Christus, dus was dit voor die evangelie uitgegaan het na die heidenne, so die brief is steeds geskryf vanuit die nuwe verbond, binne die konteks van die Jood wat nog nie die volle omvang van die evangelie in die hele wereld verstaan het nie.
    Daar het egter niks verander aan die inhoud van die Nuwe Testament nie, die evangelie is nie "gemaak pas" spesiaal vir die Jode nie, inteendeel, Paulus het juis daarop gewys dat daar nie meer Jood of nie-Jood is nie, dat die Nuwe Testament die Ou Testament vervang het. Daarom is 'n gelowige (Jood of nie-Jood) nie onder die wet nie, en is Joodse gebruike (soos besnydenis, sabbat, eet-wette) nie meer nodig nie.

    Groete
    Philip
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  7. #97
    Join Date
    Nov 2008
    Location
    Somerset West, Western Cape
    Posts
    4

    Doping met die Heilige Gees

    Hallo Vriende,
    'Skuus dat ek nie so gereeld deelneem aan hierdie gesprek nie.

    Maar ek sien dat julle lekker gesels ...

    Ek het vinnig weer die sowat amper-100 reaksies oor hierdie tema gaan lees en wil graag weer die volgende stuiwer in die armbeurs gooi as ek mag:

    Uit my eie ervaring van bykans 31 jaar as deel van God se toerustingspan in Sy Liggaam, moes ek telkens God se Gees opnuut toelaat om my te bedien met die waarheid uit Sy Woord, die Bybel.

    Elkeen van ons kom uit 'n bepaalde deel van die Liggaam van Jesus waar dinge op 'n bepaalde manier geleer en gesê word. En as gevolg van die geweldige verskeurdheid van Jesus se Liggaam hier op aarde (het jy bv geweet dat daar net in SA meer as 30 000 verskillende "kerke" is?) kry ons nie kans om in mekaar se lewens werklik genoegsaam in te spreek nie, en sit ons almal, as gevolg van die verskeurdheid en die 'apartheid" net met "ons stukkie van die waarheid".

    Daarom is dit so opwindend wat tans hier in ons eie land, maar ook wêreldwyd aan die gebeur is. Waar God deur Sy Gees besig is om al hierdie mensgemaakte mure en blokasies tussen Sy mense af te breek en te "oorbrug" op allerlei wyses!

    En een van die wonderlike maniere is deur die massamedia en o a die internet, en gesprekke soos dié. Wat God se mense geleentheid gee om in die teenwoordigheid van Jesus, ons Verlosser, Here, Hoof van Sy Liggaam en Doper met die Gees, met mekaar geestelike koinonia te hê.

    En in hierdie proses God se Gees die geleentheid te gee om deur mekaar mekaar te bedien deur die gawes van die Gees. Onder andere deur die gawes van lering, wysheid, onderskeiding van Gees, genesing ....

    En weet julle wat vir my wonderlik is! Dat God se Gees elkeen en enigeen van Sy kinders kan gebruik soos en hoe Hy dit wil.

    En dat ons daarvoor moet "oop wees" om bedien te word!

    Die ander belangrike ding wat ek net weer intens van bewus geword het, terwyl ek die verskillende reaksies gelees het oor hierdie tema, is dat God se Woord ons enigste werklike toets vir waarheid is.

    Daarom moet ons mekaar steeds bly aanmoedig om, wat ookal ons ervaringe in die verskillende dele van Sy Liggaam is (sy dit nou slegte of goeie ervaringe was!), ons uiteindelik maar net moet sê en moet glo wat in God se Woord oor 'n bepaalde saak gesê word.

    Dit sal dan ook beteken dat ek bereid moet wees om te verander ... Om God se Gees toe te laat om my manier van dink oor 'n saak te verander (Rom. 12:2).

    Ek is oortuig dat 2009 die jaar is waarin ons kan verwag, in die lig van God se profetiese woorde oor hierdie jaar, dat God "nuwe wyn" aan ons gaan bedien in hierdie jaar.

    Wat ons "ou wynsakke" gaan uitdaag om te verander of ons gaan dwing om "nuwe wynsakke" te moet soek om dit te kan akkommodeer wat God "nuut" aan ons openbaar, terwyl ons aan Sy voete worstel met die "ou bekende waarhede" van Sy Woord.

    Daarom wil ek in hierdie gesprek oor hierdie tema elkeen van julle weer aanmoedig om erns te maak met wat God self in Sy Woord aan ons oor hierdie tema geopenbaar het.

    Al loop ek die gevaar om myself te herhaal, wil ek graag weer julle terug verwys na my vorige epos waarin ek vir julle 'n volledige lys van al die Skrifgedeeltes in die hele Bybel gegee het waardeur God se Gees my vrae oor hierdie tema en die werk en gawes van die Gees beantwoord het.

    Dit het my meer as 3 maande se sit aan die voete van Jesus gekos, met verskillende Bybelvertalings op my tafel (al die Afrikaanse vertalings ten minste, 'n paar Engelse vertalings, en my Griekse en Hebreeuse Bybels) waar ek elkeen van daardie teksgedeeltes gaan lees en bedink het.

    My eie ervaring is immers dat ons as mense nie mekaar kan oortuig van die waarheid nie. Net God se Gees kan dit doen.

    Al wat ons in mekaar se lewens kan doen is om teenoor mekaar te getuig van dit wat God se Gees aan ons openbaar en ons van oortuig het, en wat ons dan in die proses ervaar het.

    Vir die res moet en kan ons net God se Gees vertrou om Sy werk te doen soos Hy belowe het.

  8. #98
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Hi Christo,

    Ek het alreeds maar wil net weer hier op die forum ook vir jou sê, Baie Geluk met die herdenking van jou geboortedag. Mag 2009 werklik vir jou 'n jaar van seën wees en ek glo dat jy oneindige geleenthede sal ontvang om die boodskap van God se nuwe wyn aan mense oor te dra. Geniet jou dag!

  9. #99
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146
    Phil Fourie
    Baie goeie plasing wat duidelik rigting gee in 'n baie aktuele onderwerp. Mense soek na ervarings, rituele en manifestasies, maar die leer van die evangelie wat ons vandag dien is duidelik net Jesus Christus en sy Woord alleen. Nie eers PLUS die Heilige Gees nie, maar SOOS die Heilige Gees dit aan ons bedien.

    Groete
    David

  10. #100
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704
    Dankie Christo.

    Ek stem saam met jou basiese teologiese uitgangspunte. Ek dink dit sal sinvol wees om ook indelings te maak op grond waarvan onderskei word waar die tekste te doen het met:

    1) die werking van die Gees tydens wedergeboorte
    2) die indikatiewe realiteit van die inwoning van die Heilige Gees in alle gelowiges
    3) die bekragtiging / doping / salwing met die Heilige Gees

    Ek dink dit is ook belangrik om daarop te wys dat die tekste nie in isolasie gelees moet word nie, maar in die betrokke kontekste, wat dikwels die betekenis van die aangehaalde tekste verder inkleur.

    Groete
    Philip
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  11. #101
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Nie eers PLUS die Heilige Gees nie, maar SOOS die Heilige Gees dit aan ons bedien.
    David, jy som baie goed op wat ek se. Ek gaan 'n stelling hier maak wat ek Bybels kan bewys wat sekerlik nie gewild gaan wees nie, maar ek glo dit moet genoem word, ek weet nie of dit al op een van die drade genoem en bespreek is nie.

    Die Gees van God het nie gekom om na Homself of na die mens heen te wys nie, nie om Homself of die mens te verheerlik nie, maar om na die Vader en die Seun te wys en ons te herhinder aan alles wat Jesus ons kom leer het, wat ons weet presies is wat die Vader ons kom leer het, want Jesus is die Woord van die Vader.

    Wanneer iets gebeur wat toegeskryf is aan die werking van die Heilige Gees, maar dit verheerlik nie die Vader en die Seun nie, dan is dit nodig dat ons direk vir mekaar se, die Gees van God is dan nie in daardie beweging nie, hetsy dit herlewings is wat op niks uitgeloop het nie, persoonlike ervarings wat ons nie verdiep het in die Woord nie of enige werking was wat mens nie nederig in diepe afhanklikheid voor die genade van God gebring het nie.

    Die Heilige Gees werk nie in isolasie nie, die Heilige Gees bly steeds deel van die Drie-Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, baie kerke moet versigtig wees dat hulle nie besig is om die Drie-Eenheid op te probeer breek en daardeur die Vader en die Seun verwerp nie. Wat dit dan ook impliseer is dat wanneer iemand wedergebore word, dan leer die Woord in Joh 3 vir ons duidelik dat dit 'n werk is van die Heilige Gees, wedergeboorte stel ons terug in 'n verhouding met God deur die offer van Jesus Christus. Om te reken die Heilige Gees is nie beduidend betrokke in daardie gebeurtenis nie, is om teen selfs Jesus se woorde te gaan, mens kom nie in die verhouding met slegs die Vader en die Seun nie, nee, met weedergeboorte word jou verhouding met God Drie-Enig herstel.

    Ek glo die kerk sal dit beter verstaan wanneer hulle terugkeer tot die bestudering van dispensasionalisme (sp?)

    Groete
    Phil

  12. #102
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Die Gees van God het nie gekom om na Homself of na die mens heen te wys nie, nie om Homself of die mens te verheerlik nie, maar om na die Vader en die Seun te wys en ons te herhinder aan alles wat Jesus ons kom leer het, wat ons weet presies is wat die Vader ons kom leer het, want Jesus is die Woord van die Vader.

    Bingo !!

    Jesus sê tog self :

    Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

  13. #103
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704
    Ek glo die kerk sal dit beter verstaan wanneer hulle terugkeer tot die bestudering van dispensasionalisme
    Ek dink eerder dat gelowiges die werk van die Heilige Gees beter sal verstaan as ons menslike skema's ter syde stel en alleen fokus op wat die Woord sê.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  14. #104
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ek glo die kerk sal dit beter verstaan wanneer hulle terugkeer tot die bestudering van dispensasionalisme (sp?)
    Sjoe, ek is nie so seker van daai ene nie Phil. Dit is maar 'n kontoverse aangeleentheid in sekere opsigte en ekself sou nie 'n streep trek daardeur nie, want dit sou onbillik teenoor die waarheid wees, maar of dispensasionalisme die absolute antwoorde verskaf persé, is werklik te betwyfel. Daar is dinge in hierdie denkwyse wat vir my sin maak, maar ek kon nog nie tot op hede dit my eie maak nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  15. #105
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Wanneer iets gebeur wat toegeskryf is aan die werking van die Heilige Gees, maar dit verheerlik nie die Vader en die Seun nie, dan is dit nodig dat ons direk vir mekaar se, die Gees van God is dan nie in daardie beweging nie, hetsy dit herlewings is wat op niks uitgeloop het nie, persoonlike ervarings wat ons nie verdiep het in die Woord nie of enige werking was wat mens nie nederig in diepe afhanklikheid voor die genade van God gebring het nie.

    wanneer iets gebeur wat toegeskryf word aan die Gees en dit is tot verheerliking van God, tot stigting van geloof, tot opbou van die kerk, en verdieping van persoonlike geloofslewe....... maar kerk leiers wil dit nie aanvaar nie, en daarom kom dit tot niks in sekere groepe, maar groei in ander........ is ons nie besig om die werking n die Gees teen te staan nie..... sal ons nie dan die gevolge maar moet dra in onbvaeantwoorde gebed tot herlewing nie ???????...

    ( ja, sommiges sal speel daarmee, nes enige ander lering , maar die leuen maak nie die Waarheid tot nie nie .... )

    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Die Heilige Gees werk nie in isolasie nie, die Heilige Gees bly steeds deel van die Drie-Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, baie kerke moet versigtig wees dat hulle nie besig is om die Drie-Eenheid op te probeer breek en daardeur die Vader en die Seun verwerp nie.......
    ..... baie kerke moet eerder waak daarteen dat hulle nie die Heilige Gees heeltemal verwerp uit die drie eenheid nie..... ??

    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Wat dit dan ook impliseer is dat wanneer iemand wedergebore word, dan leer die Woord in Joh 3 vir ons duidelik dat dit 'n werk is van die Heilige Gees, wedergeboorte stel ons terug in 'n verhouding met God deur die offer van Jesus Christus. Om te reken die Heilige Gees is nie beduidend betrokke in daardie gebeurtenis nie, is om teen selfs Jesus se woorde te gaan, .....
    ...... om te beweer die Heilige Gees se werk is gedaan met wedergeboorte, is om 'n baba Christendom te verseker.......

    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    mens kom nie in die verhouding met slegs die Vader en die Seun nie, nee, met weedergeboorte word jou verhouding met God Drie-Enig herstel.
    ... en wat is dan die weking van die Gees.... is jy maar net aan jou eie lot oorgelaat, of net aan die dominee se prediking ????..... wat is die doel van die Gees na wedergeboorte?........ as dit onderdruk word met dwaallering soos " dispenionalisme - iets wat nerens in die Bybel beskryf word nie, is dit slegs noodsaaklik in kerklering waar mense die leiding wil neem en die Gees wil stilmaak.........

    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ek glo die kerk sal dit beter verstaan wanneer hulle terugkeer tot die bestudering van dispensasionalisme (sp?)
    ......... die kerk sal dit beter verstaan as hulle afsien van menslike magsbehepte doktriene en terugkeer na die Woord in sy Volheid....... en die Drie Eenheid in al drie Persone ten volle erken... gister, vandag, en more dieselfde.......

    sorrie Phil.... maar ek het regtig meer insig as dit van jou verwag....... veral betreffende die Woord.......
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Hoe beleef jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees?
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 47
    Last Post: Oct 9th 2010, 04:50 AM
  2. Bespreking Die Heilige Gees
    By MercyChild in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Nov 21st 2008, 08:20 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •