Your Advert here
cure-real
Page 1 of 17 123456789101112 ... LastLast
Results 1 to 15 of 248

Thread: Doping met die Heilige Gees

  1. #1
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630

    Doping met die Heilige Gees

    Mens hoor dikwels van "doping met die Heilige Gees?" Wat beteken dit presies om met die Heilige Gees "gedoop" te wees? Is dit 'n Bybelse beginsel, en indien wel, waar in die Skrif word daarna verwys?

    Ek praat nou nie van vervulling met die Heilige Gees nie. Soos ek verstaan, is dit nie dieselfde om met die HG gedoop te wees as om met die Heilige Gees vervul te wees nie. Of het ek die kat aan die stert beet?

  2. #2
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    In my soeke na 'n kerk, het ek saam met 'n vriendin by 'n kerk opgeland, waar die ds/pastoor die mense genooi het wat Jesus in hulle lewe wil hê om vorentoe te kom. Ek wou sooo graag Jesus in my hart hê en het gegaan om hierdie wonderlike gawe te ontvang. Vir elkeen is gebid, en dan het die mens sommer neergeslaan. Ek het gewonder wat aangaan, tot dit my beurt was. Die leraar het sy hande op my voorkop geplaas, 'n sterk mannetjie het agter my gestaan, die leraar het my hard voor die voorkop gedruk. My outomatiese reaksie was om agter toe te tree, ek is berispe dat ek my teen die Heilige Gees tee sit, en toe het hulle my voete onder my uitgeskop sodat ek moes val. My vriendin het onbedaarlik aan die giggel gegaan, en daar is toe gesê sy het die Lag Gees gekry. Ek persoonlik het gedink dit is 'n klomp snert, maar nou die dag is ek genooi na 'n ander kerk wat presies dieselfde gedoen het. Ek was so ongemaklik, ek het liewer die diens verlaat.

  3. #3
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by marline View Post

    Hi Marlene

    Ek het self al met hierdie goed te doen gekry, en moet se, persoonlik het ek nie vrede in my hart daaroor nie. Maar ek is versigtig om te se dat dit nie die werk van die Heilige Gees is nie. Ek voel net nie gemaklik daarmee nie.

    Maar is dit wat "doping met die Heilige Gees" beteken?

  4. #4
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    As ons so ongemaklik is met die gebeure, kan dit mos nie reg wees nie. Ek kon ook nerens in die Bybel kry dat mense neerval en giggel ens nie. En ek sê jou, ek het nie neergeval nie, ek is omgestoot. Dan kan dit beslis nie eg wees nie. Dit kan nie "doping met die Heilige Gees" wees nie, as dit was, moes dit spontaan gebeur het.

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Mens hoor dikwels van "doping met die Heilige Gees?" Wat beteken dit presies om met die Heilige Gees "gedoop" te wees? Is dit 'n Bybelse beginsel, en indien wel, waar in die Skrif word daarna verwys?

    Ek praat nou nie van vervulling met die Heilige Gees nie. Soos ek verstaan, is dit nie dieselfde om met die HG gedoop te wees as om met die Heilige Gees vervul te wees nie. Of het ek die kat aan die stert beet?
    Eugene,

    Een van ons nuwe lede (Christo Nel), het 'n hele reeks hieroor op DVD (wat ek ook aangeskaf het). Ekself het 'n diens bygewoon waar hy juis oor hierdie onderwerp gepraat het en hom toe sommer genooi om hier by ons te kom aansluit. Dit is werklik insiggewend gewees en ek sal graag my mening later wil deel, maar wil kyk of mens hom kan kry om te kom deelneem op die draad.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  6. #6
    Join Date
    Sep 2008
    Location
    Pretoria
    Posts
    230
    Blog Entries
    3
    Ons het in 'n vorige gemeente ook so probleem gehad dat die pastoor beskuldig was dat hy die mense omstoot, totdat dit met my gebeur het. Wanneer jy vir mense bid is jy as die bidder nie eintlik veronderstel om die mense vir wie jy bid fisies aan te raak nie. Jy kan net jou hand oor die persoon se hoof plaas of langs die oor sonder enige fisiese kontak. Wanneer daar fisiese kontak is soos byvoorbeeld wanneer jy iemand druk, kan dit ook gebeur dat die persoon onder die krag kan val, maar jy sal sommer voel as die persoon eweskielik lam in jou arms raak. Dis eintlik nie so moeilik nie, maar dit moet reggedoen word soos wat die Gees jou lei.

    Ek kan dit nie vir julle verduidelik nie maar dit voel letterlik of jy dronk word in jou kop en dan onthou jy ook nie veel daarvan nie. Ek het ook al gesien dat mense net omval omdat omval omval is. Jy kan regtig die verskil sien wanneer iemand onder die krag van die Gees val en wanneer iemand net maak. As iemand so onder die krag is is daar nie 'n manier dat jy dit kan onderbreek nie. Ek weet net daar is nie 'n manier wat jy op jou voete kan bly wanneer jy hierdie oorweldigende gevoel kry nie.

    Ek dink elkeen aanvaar aanraking met die Heilige Gees op sy eie manier.

  7. #7

    Doping met die Heilige Gees

    Daar is interessante ervaringe waarna julle verwys - ek wil julle net meedeel dit is nie die Doping met die Heilige Gees nie - Punt.

    Persone wat advokeer dat 'n bo-natuurlike / buitegewone ervaring waarna jy voorentoe loop in 'n gemeente, omval en dan begin lag het niks te doen met die doping v/d Heilige Gees nie. Hulle lees duidelik nie hul Bybels nie.

    Die Doping met die Heilige Gees is werk van God waarmee die wedergebore persoon by sy/ haar redding in die Ligaam van Christus ingewy word. Dit vind plaas op die oomblik wat jy gered word. Jesus is die doper, die Heilige Gees is die medium en die nuwe-bekeerling is die dopeling - op daardie oomblik word die "nuwe mens" in die ligaam van Christus ingedoop.

    Jy kan ook nie 'n tyd lank na jou bekering "gedoop" word met die Heilige Gees nie - dit is onmoontlik. Sou van julle meer daarvan wil weet kan ek vir julle 'n boekie aanstuur oor die saak van "Doping met die Heilige Gees." (Laat dan stuur ek dit per epos).

    So die bedrog waaraan baie van julle aan blootgestel is is niks anders as die sensasie wat die Charismatiese kerk nodig het om geld te maak en mense te lok nie.
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --

    www.collegia.blogspot.com

  8. #8
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Tydens die doping met die Heilige Gees ontvang jy ook jou taal

  9. #9
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Tydens die doping met die Heilige Gees ontvang jy ook jou taal
    Phil
    Wil jy nie bietjie meer uitbrei nie? Van watter taal praat jy, die taal van 1 Korintiers 14? En beteken dit dan dat alle wedergeborenes 'n "taal" ontvang?

  10. #10
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Jou engele taal

  11. #11
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Jou engele taal
    Ek voel so aan my bas daar word met my die spot gedryf. Maar ek is steeds nie mooi by nie..... (Miskien moet jy liewer vir my 'n prentjie teken?)

  12. #12
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Nee Eugene

    Ek maak sommer so 'n paar tong in die kies uitlatingkies, ek weet ek moes nie, maar ek kon myself net nie help nie

    Skies, ek ontspoor die draad, stoute, stoute Phil

  13. #13
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Tydens die doping met die Heilige Gees ontvang jy ook jou taal

    'n Hele taal ? .........................

  14. #14
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Nee Eugene

    Ek maak sommer so 'n paar tong in die kies uitlatingkies, ek weet ek moes nie, maar ek kon myself net nie help nie

    Skies, ek ontspoor die draad, stoute, stoute Phil
    Phil
    Ek het opgetel dat jy nie ernstig is nie, maar ek is vreeslik "blond" vanmore, kon nie mooi kleinkry wat jy probeer se nie...

    Maar weet jy, hierdie is 'n onderwerp waaroor ek regtig graag meer wil weet, en ek sal graag jou opinie wil hoor. Beteken jou tong-innie-kies opmerkings dat jy nie glo in iets soos die doping met die Heilige Gees nie?

  15. #15
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    My opmerking beteken dat ek nie dit glo wat hierdie kerke verkondig waarvan marline hier getuig het nie. Moet nie vir my kwaad word oor hierdie stelling nie, maar dit is weereens wat ek klasifiseer as geestelike bedrog. Ek se dit nie so om lelik te wees nie, dit is net hoe ek dit klasifiseer. Daar bestaan nie iets soos 'n lag gees nie, ja nee, daar doen, dit mag moontlik 'n demoon wees, maar die Heilige Gees is 'n Gees van orde en selfbeheersing.

    So, in essensie stem ek heeltemal saam met Anton, as jy wedergebore word, ontvang jy die Heilige Gees wat jou beseel, niks snaaks nie.

    Ek glo wel in 'n tweede genade werk, maar daarop gaan ek nie nou hier uitbrei nie

    Groete
    Phil

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Hoe beleef jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees?
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 47
    Last Post: Oct 9th 2010, 04:50 AM
  2. Bespreking Die Heilige Gees
    By MercyChild in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Nov 21st 2008, 08:20 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •