Hi Eugene,

Ek ploeg nou met iemand anders se kallers, maar dit is die beste verduideliking wat ek tot dusvêr gehoor het, die van Christo Nel.

Die Gees van die Here moet op mens kom, om 'n salwing te kan ontvang. Hierdie salwing is die werking van God self en dan gebeur buitengewone dinge, wat andersins nie gebeur nie. Alhoewel God se Gees nou binne ons is, moet die Doper met die Gees, Jesus self, mens salf om die gawes van die Gees, deelagtig te kan wees. Wanneer ons dus iemand deur gebed genees, dan is dit omdat die Gees op ons kom, wat dit moontlik maak.

In beide die Ou- en die Nuwe Testamente, het dit presies dieselfde gebly. Wanneer Moses wonderwerke gedoen het, was dit omdat God se Gees, op hom gekom het. Ek sal later graag meer detail gee en soveel moontlike verwysings gee, sodra ek tyd vind.