Your Advert here
cure-real
Page 9 of 17 FirstFirst 1234567891011121314151617 LastLast
Results 121 to 135 of 248

Thread: Doping met die Heilige Gees

  1. #121
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    SOS

    Ek hoor wat jy se... Ek is bewus van die tekste wat jy aanhaal, en dat die Bybel onder andere se dat 'n mens moet bid en vra vir die Heilige Gees. Ook die handoplegging het ek voorheen al opgetel, al die voorbeelde in die Bybel het met handoplegging gepaard gegaan, behalwe die gebeure op pinksterdag. Maar dan weer, daar was op daardie stadium niemand wat reeds met die Heilige Gees gedoop was, wat hulle die hande kon ople nie. Dit was die eerste doping met die Heilige Gees, en daarom het die Here dit op 'n bonatuurlike manier laat gebeur sonder handoplegging. Maar weereens, dit is nie vir my 100% duidelik wat die vereistes vir doping met die Heilige Gees is nie.

    Jy stem dus met my saam dat dit nie met wedergeboorte saamgaan nie, maar dat dit 'n aparte gebeurtenis is? Dink jy dat alle wedergebore kinders van die Here met die Heilige Gees gedoop word? En indien nie tydens wedergeboorte nie, hoe lank daarna moet dit gebeur?

  2. #122
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,702
    Hallo Gene. Ek weet nie of jy al bietjie hierna kon loer nie. Ek raak op punte nogal aan die kwessies wat jy noem.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  3. #123
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Hallo Gene. Ek weet nie of jy al bietjie hierna kon loer nie. Ek raak op punte nogal aan die kwessies wat jy noem.
    Uitstekend, baie dankie Philip!

  4. #124
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Uitstekende stuk, Phillip.... die volgende staan uit i.t.v. hierdie bespreking

    QUOTE : hier

    Die doop met die Heilige Gees is die gebeure of proses waar die Gees totale beheer neem van jou siel, dit wil sê jou denke, emosies en wil, asook jou liggaam. Met die doop met die Heilige Gees word elke moontlike kamer van die mens se siel aan God oorgegee en onder die beheer van die Heilige Gees gestel. Die saad van die Woord waaruit ons gebore is (1 Pt 1:23), is in hierdie sin dieselfde as die Gees. Die saad ontkiem tot ‘n plant wat groei deur die skeiding van gees, siel en liggaam (vgl. Heb 4:12), wat ons van binne vernuwe en versterk (Ef 3:16), en vrugte dra (sien bv. Kol 1:8-11). Die Satan sal alles in sy vermoë doen om hierdie Woord by ons te steel (Jh 10:10, sien ook die gelykenis van die saaier: Mt 13:1-23), want hy weet dat dit lewe voortbring en ons denke vernuwe.
    Dit is iets wat nie noodwendig by wedergeboorte al gebeur nie. Daarom gebeur dit so maklik dat mense wat pas tot bekering gekom het, weer terugval as hulle nie in die gemeenskap van die gelowiges opgeneem, en as hulle nie onder die performatiewe Woord van God gestel word nie.

    met die wedergeboorte ontkiem die saad......
    met die doping in die Gees blom die plant en dra vrugte.......


    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  5. #125
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,702
    Mooi Mari, mens is soms verbaas oor die goed wat jy self geskryf het. Ek het al vergeet ek het dit so gestel. Ek het die nota's 'n paar jaar gelede al uitgewerk. Dit was waarskynlik in 'n geïnspireerde oomblik.

    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  6. #126
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Hallo Gene. Ek weet nie of jy al bietjie hierna kon loer nie. Ek raak op punte nogal aan die kwessies wat jy noem.
    BAIE dankie Philip, dit was voorwaar in n Gods-geinspireede oomblik wat jy dit geskryf het om dit vir vir ons gewone mense glashelder te maak soveel so dat ek geen vrae meer oor die aangeleentheid het nie.

  7. #127
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480
    Quote Originally Posted by mari View Post
    met die wedergeboorte ontkiem die saad......
    met die doping in die Gees blom die plant en dra vrugte.......
    Dis mooi gestel en een wat mens kan onthou! Ek weet nie of dit jou woorde of Philip s'n is nie Mari, maar mens het soms 'n kort stelling nodig om 'n ingewikkelde begrip oor te kan dra.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  8. #128
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Hi Gene,

    onthou vanoggend van iemand wat 21 dae gebid het(ou testament?); die engel wat antwoord gebring het, was opgehou in geveg met ?

    Ek was stomgeslaan, maar het dit ook so in bybel gelees , sal die nog soek en vir jou stuur , maar punt is . Moenie ophou bid nie, wees knaend soos die vrou wat gevra het vir die krummels van die tafel af ( dis hier waar ek moet onthou, maar nog nie kan nie )

    So vra vir die doop met Gees soos wat Woord se en hou aan bid elke dag tot jy antwoord kry!
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  9. #129
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Daniël 10:12 Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; 13 maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.

  10. #130
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Philip

    Dankie vir die skakel. Dit is werklik 'n puik stuk en vir die eerste keer is hierdie kwessie vir my glashelder. (Iets anders wat ek opgetel het, is dat daar 'n baie definitiewe band tussen doping met die Heilige Gees en die waterdoop is......maar dis 'n onderwerp vir 'n ander draad)

    Hierdie is so wesentlike kwessie, waarom is dit 'n onderwerp waaroor daar so baie onkunde bestaan, en waaroor daar so min gepraat word? Ek het gevind dat, toe ek begin vrae vra hieroor, mense die onderwerp so half wil wegpraat. En soos ek gese het, my kerk preek glad nie hieroor nie. En dis vir my jammer......

  11. #131
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,702
    Dankie Gene. Ek waardeer jou opmerkings. Daar is al heelwat gepraat oor die onderwerp hier op Bibleforums en daar is heelwat verskil van mening daaroor. Ek, as mede-modereerder van 'n klein gedeelte van Bibleforums is 'n bietjie in die minderheid in terme van my standpunte oor baie dinge, waarvan die doop met die Heilige Gees een is. Die stuk het ek oorspronklik meer as 10 jaar gelede geskryf, hoewel ek dit al intussen bietjie verander en hier en daar bygewerk het. Ek dink nie dis volmaak nie, en daar is baie ruimte vir beter insig en dieper eksegese.

    Maar soos ek dit sien: ten diepste gaan dit nie in die eerste plek oor hoe jy jou verstaan van die werk van die Gees in ons lewens definiëer en hoe jy jou teologie daarvan kategoriseer of sistematiseer nie. Maar dit gaan daaroor dat ons erns moet maak met die Persoon en werk van die Heilige Gees in ons lewens. As dit ons hoof-fokus is om onsself te laat minder word en Hom te laat meer word in ons lewens, en om die Gees onvoorwaardelik toe te laat in elke kompartement van ons menswees, dink ek is ons kans om nader aan die waarheid te kom en om God met ons lewens te verheerlik, beter.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  12. #132
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Hierdie is so wesentlike kwessie, waarom is dit 'n onderwerp waaroor daar so baie onkunde bestaan, en waaroor daar so min gepraat word? Ek het gevind dat, toe ek begin vrae vra hieroor, mense die onderwerp so half wil wegpraat. En soos ek gese het, my kerk preek glad nie hieroor nie. En dis vir my jammer......

    Gene....... dit is meer as jammer.....

    ...... " geloof kom uit lering en lering uit die Woord van God " ........

    as die Woord so duidelik is oor iets, en dit word nie geleer in die "kerk" nie, moet mens wonder hoekom........

    Doping met die Heilige Gees ontsluit die Gawes van die Gees tussen gelowiges ...... vir die bou van geloof in die bruid van Christus se geloofstryd teen die bose ............. hoekom sou uit soveel "kerke" gehou word ??? ....


    ........... m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  13. #133
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Net 'n vragie

    As iemand dan nie gawes van die Gees het nie, hetsy dit tale is, hetsy dit gesondmaking is, of watookal, as 'n gelowige dit nie het nie, het hy dan nie die doping met die Heilige Gees ontvang nie?

  14. #134
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Volgens Paulus is daar verskillend Gawes wat deur gepaard gaan met die Doping van die Heilige Gees, hierdie is besondere gawes en nie net die "vrugte" van die Gees wat in elke gelowige behoort te wees nie ....... en nie elkeen sal in almal manifesteer nie .....



    UIT PHILLIP SE STUDIE

    Soorte gawes

    In 1 Kor 12:8-10 en Rm 12:6-8 word verskillende soorte gawes gelys:
    Die gawes wat in 1 Kor 12:8-10 genoem word, kan beskryf word as die meer aanskoulike gawes. Dit is nie talente nie, maar besondere werkinge van die Gees:

    1. “... want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee.” 'n Woord van wysheid is 'n inspirasie van die Gees om bonatuurlike insig op 'n gegewe moment te openbaar, en om die waarheid op 'n besondere manier op 'n situasie te betrek. 'n Woord van wysheid is die perfekte wil of denke van God vir 'n spesifieke situasie wat Hy aan iemand openbaar.

    2. “en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees.” Dit is spesifieke godgegewe inligting aangaande 'n sekere saak of persoon in 'n gegewe situasie. Dit is 'n openbaring van dinge wat nie met die natuurlike sintuie waargeneem kan word nie. Dit word in die mens se gees of geestesoog geopenbaar. Hierdie kennis kan ook in 'n visioen geopenbaar word. Dit kan byvoorbeeld dinge wees wat in die verlede met 'n persoon gebeur het of dinge wat 'n persoon nie aan die lig wil bring nie.

    3. “aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees.” Dit is nie geloof tot redding nie, maar besondere geloof, geloof om berge te versit, geloof om die Woord en die krag van die Here prakties te laat realiseer, geloof wat glo dat die onmoontlike moontlik is.

    4. “en aan 'n ander genadegawes van gesondmakings deur dieselfde Gees.” In Grieks is beide “genadegawes” en “gesondmakings” in die meervoudsvorm. Daar is verskillende gawes van gesondmakings. Hoewel die Skrif nie hierop uitbrei nie, leer die praktyk dat sekere mense byvoorbeeld beter is met ledemate, ander met ingewandeprobleme, ander met griep of borssiektes, ens. Daar is dus verskillende genesingsgawes. Alles deur die werking van dieselfde Gees.

    5. “aan 'n ander werkinge van kragte.” Dit is myns insiens die moeilikste gawe om te definieer, maar behels meer as net genesings. Dit is die gawe om kragdadige dinge te doen of te laat gebeur op ‘n direkte of indirekte wyse. Die geval waar doeke en voorskote van Paulus mense genees het en duiwels uitgedryf het, is waarskynlik ‘n goeie voorbeeld van hierdie gawe (Hd 19:11-12) ‘n Ander voorbeeld is waar die vrou aan Jesus se kleed geraak het, en daardeur gesond geword het (Mk 5:27).

    6. “aan 'n ander profesie.” Hierdie is nie die gawe van preek of die gawe om God se boodskap te verkondig nie (soos die 1983 vertaling verkeerdelik vertaal[4]). Dit is die gawe om 'n direkte woord van God aan mense mee te deel. Dit kan betrekking hê op die hede of die toekoms. Dit hang af van wat God wil sê. 'n Profesie kan 'n woord van God vir 'n gemeenskap van gelowiges wees, maar kan ook op 'n individu betrekking hê.

    7. “aan 'n ander onderskeiding van geeste,” Dit is nie om goeie onderskeidingsvermoë in die algemeen te hê nie, maar het spesifiek te doen met die onderskeiding tussen geeste. Dit kan meer in die algemeen funksioneer: om te onderskei of 'n gees van God of van Satan is, of meer in die besonder: om byvoorbeeld te onderskei tussen 'n gees van dood, vrees, misleiding ens., soos die Gees van God dit openbaar.

    8. “aan 'n ander allerhande tale,” Hierdie gawe is nie ‘n aanleg of vaardigheid in tale nie. Dit is die gawe van glossolalie: die 1983 vertaling vertaal dit goed: “om ongewone tale of klanke te gebruik.” Glossolalie is te onderskei van die spreek in verskillende wêreldtate soos dit op pinksterdag plaasgevind het (Hd 2:4). Hoewel dit dieselfde Gees is wat beide bewerkstellig, vind glossolalie veral uiting in die volgende modusse:
    · Onverstaanbare klanke wat beskryf kan word as liefdestaal of aanbiddingstaal tot God. Dit kan ook gebruik word in sang (1 Kor 14:15). Dit gaan meestal gepaard met doop met die Gees (maar is nie ‘n voorvereiste daarvoor nie). Geen mens kan dit verstaan nie. Dit is die spreek van verborgenhede (1 Kor 14:2). Dit is direkte kommunikasie van jou gees met God se Gees, en jou verstand is nie daarby betrokke nie (1 Kor 14:14). Hierdie gawe stig jouself (1 Kor 14:4). Mens het beheer oor hierdie gawe om dit te gebruik wanneer jy wil (net soos profesie: sien 1 Kor 14:32), maar mens het nie beheer oor die vorming van die woorde nie, dit is geïnspireer deur die Heilige Gees.
    · Om in tale te spreek vir die gemeente met die oog op uitlegging. Hierdie gawe funksioneer saam met die gawe om tale uit te lê (1 Kor 14:13). In kombinasie is dit amper soos 'n profesie en stig die gemeente.
    · Spreek in tale word ook gebruik om in te tree in gebed vir iemand anders, as God iemand of iets op jou hart lê, en jy weet nie hoe of waarvoor om te bid nie.
    · Spreek in tale om bose magte of versoekinge af te weer. Omdat dit direkte kommunikasie met God in die Gees is, kan die duiwel kan dit nie verstaan nie, en word daardeur weerstaan.

    9. “aan 'n ander uitleg van tale.”Dit is die gawe om 'n taal wat in die gemeente gespreek is, uit te lê, of om jou eie taal uit te lê (1 Kor 14:13). Soos reeds genoem, funksioneer hierdie gawe baie op dieselfde wyse as profesie.

    Baie van hierdie gawes werk in kombinasie met mekaar soos God dit laat manifesteer.
    Die gawes wat in Rm 12:6-8 beskryf word, is minder aanskoulik maar net so belangrik en geestelik soos bogenoemde gawes. Inteendeel, dit is bekend dat spreek in tale, genesings en wonders ook voorkom onder die nie-Christelike godsdienste (vgl. ook Eks 4:3 waar Moses sy staf in ‘n slang laat verander het. Die heidense towenaars kon dit ook doen), maar die lys wat in Romeine beskryf word, vloei voort uit ware liefde, wat die Duiwel nie kan namaak nie:
    (profesie kom hier weer voor)

    10. bediening. Om iemand anders te dien en te stig deur bediening.

    11. lering. Die gawe om waarhede aangaande die Skrif aan ander oor te dra en hulle daarin te onderrig.

    12. vermaning / bemoediging. Dit is om iemand anders in liefde tereg te wys of te bemoedig sodat dit hom of haar opbou.

    13. uitdeel. Die gawe om van jou geld, kos of besittings aan ander te gee, sonder om iets terug te verwag.

    14. leiding of voorgang. Die gawe om geestelike leiding te kan neem met die salwing en gesag wat die Gees gee.

    15. bewys van barmhartigheid of genade. Die gawe om op te tree teenoor iemand met die hart en die genade van God. Dit gaan gepaard daarmee om die behoefte by iemand raak te sien, en hom of haar te help met dieselfde gesindheid as Christus (vgl. die barmhartige Samaritaan).

    Hierdie lys van gawes is nie bedoel om ‘n geslote lys te wees nie. Die Gees kan enige ander gawe ook in die lewe van die gelowige laat manifesteer – soos Hy wil. Die verskillende gawes is daar om ander gelowiges op te bou en in die geloof te versterk, en nie daar vir eie gewin of rede tot hoogmoed nie. Dit is letterlik daar om ander te dien. Die een wat die meeste gawes het, moet eintlik die grootste dienskneg wees.

    ...................

    Miskien kan Phillip hier help....... ... ?? ....

    ek het al waargeneem dat sommige mense wie se kerk-denominasie nie in die Doping met die Gees glo nie, nogtans tot so 'n persoonlike verhouding met die Vader groei dat hulle ( onbewus van die terme / lering ) wel "besondere" gawes demonstreer wat slegs met die doping van die Gees ontvang kon word .......


    ... ontvang mens slegs die Doping met die Gees as jyself spesifiek daarvoor vra ( of deur handoplegging ) ....... of is dit moontlik dat jy as gelowige dit kan ontvang deur 'n opregte soeke na die Waarheid, 'n diepe soeke na die volheid van God se Wil , al sluit die lering wat jy by jou kerk kry nie hierdie eliment in nie ????

    groete
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  15. #135
    Daar is heelwat rondom hierdie antwoorde wat my kwel. Een voorbeeld is hierdie gedeelte uit Phillip se artikel :

    Die doop met die Heilige Gees is die gebeure of proses waar die Gees totale beheer neem van jou siel, dit wil sê jou denke, emosies en wil, asook jou liggaam. Met die doop met die Heilige Gees word elke moontlike kamer van die mens se siel aan God oorgegee en onder die beheer van die Heilige Gees gestel.


    Indien dit dan wel so is, impliseer dit presies die teenoorgestelde vir 'n Christen wat dan m.a.w. nog nie "in die Gees gedoop" is nie. Dit impliseer dat daar verskillende grade van Christenskap is, en dat die mens beheer oor hierdie grade het deur daarvoor te vra of nie. Dit gaan lynreg in teenoor die manier hoe ek die God - mens verhouding sien. Hierdie verhouding is nie primêr van mens na God nie, maar presies andersom : van God na mens. God kies jou, nie visa versa nie. Hy stuur Sy Gees om in jou te kom werk. As jy Christus jou verlosser is, is jy Sy kind, en Hy ondersky nie tussen Sy kinders deur sommige 'n spesiale doping te gee, en ander nie :

    Rom 2:11 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.
    met ander woorde :

    God het nie witbrooidjies nie !

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Hoe beleef jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees?
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 47
    Last Post: Oct 9th 2010, 04:50 AM
  2. Bespreking Die Heilige Gees
    By MercyChild in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Nov 21st 2008, 08:20 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •