cure-real
Results 1 to 4 of 4

Thread: My Gebed

  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,308
    Blog Entries
    7

    My Gebed

    Hemelse Vader,
    plek-plek is my lewe op sand gebou,
    wees U met my en help my,
    om op die rots van waarheid te herbou.
    keer hierdie kanker van kwelling,
    leer my om op U te vertrou.

    Wys op my lippe, O Heilige Gees,
    die woorde wat uitvloei, U woorde sal wees.
    keer die vloed van my woorde se bose kring,
    voor ek alles gese het, en hartseer bring.

    Gee my die leiding wanneer ek moet stilbly,
    of wanneer ek vreesloos vir U Naam moet stry.
    Gee in elke uur 'n minuut van vrede
    om na U toe te kom met my klein gebede!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,110
    Toe ek die gebed lees, toe dink ek aan myself en spesifiek aan die afgelope Maandag. Ek was 'n week weg en toe ek terugkom was van die bestellings nie afgehandel nie. Niemand het my daarvan vertel nie en toe ek uitvind dat dit nog uitstaande is, toe was ek werklik kortaf en redelik ongeskik. Ek moes toe leer dat niks te verkeerd is om dit reg te stel nie en voel nogal sleg om te dink die bestellings is in plek, maar iemand se hart is nou uit plek uit. Gelukkig herstel 'n hart ook darem..., as mens dit belangrik ag
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    My gebed vir Mercy Child

    Hemelse Vader, dankie dat U haar naam ook in die Boek van die Lewe geskryf het. Dankie dat U hart warm klop oor haar al le die sneeu soos n dik wolkombers oor die aarde as sy by haar venster uitkyk. Dankie vir haar invloed met almal met wie sy in aanraking kom. Dat sy U lig sal weerspieel as n lewende getuienis van n genadige Verlosser wat ook vir haar op Golgota gesterf het. Dat U genade ook vir haar genoeg is. Versterk haar sodat sy staande sal bly , wetende dat sy veilig is solank sy in U geborge is. In die wonderlike Naam van Jesus, Amen

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,984
    Blog Entries
    10
    Jy is kosbaar en spesiaal vir Him

    Ek dink jy moet kopiereg uitneem sussie
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Gebed vir gay chemikus
    By Roelof in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 5
    Last Post: Jul 20th 2009, 09:57 AM
  2. Gebed is die antwoord op alles
    By MercyChild in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 8
    Last Post: Nov 15th 2008, 08:12 PM
  3. My Gebed aan U vir ons almal
    By 1TIM1 in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 0
    Last Post: Nov 2nd 2008, 03:23 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •