Hemelse Vader,
plek-plek is my lewe op sand gebou,
wees U met my en help my,
om op die rots van waarheid te herbou.
keer hierdie kanker van kwelling,
leer my om op U te vertrou.
Wys op my lippe, O Heilige Gees,
die woorde wat uitvloei, U woorde sal wees.
keer die vloed van my woorde se bose kring,
voor ek alles gese het, en hartseer bring.
Gee my die leiding wanneer ek moet stilbly,
of wanneer ek vreesloos vir U Naam moet stry.
Gee in elke uur 'n minuut van vrede
om na U toe te kom met my klein gebede!




Reply With Quote
Bookmarks