Meeste van julle ken teen die tyd my agtergrond. Ek was so bang vir die toekoms, ek was bang om huistoe te gaan, want ek het geen idee gehad waarheen ek sou gaan nie. My huwelik was aan skerwe agv swak keuses wat ek in die lewe gemaak het.
Ek het al begin om vrede te maak dat my man met sy lewe wil voortgaan, sonder om my meer deel daarvan te he, maar God het anders besluit.
Ek het 'n paar minute gelede met hom gesels. Hy wil graag he dat ons dinge moet uitwerk. As ek terug gaan huistoe het ek 'n man wat vir my wag, en 'n huis om na terug te keer.
Ek kan God nie genoeg dank nie............
Vir die eerste keer huil ek trane van blydskap!![]()







Reply With Quote




Bookmarks