cure-real

View Poll Results: Behoort ons as Christene boeke soos die "Shack" te lees

Voters
10. You may not vote on this poll
  • Ons behoort boeke soos die "Shack" te lees

    4 40.00%
  • Ons behoort glad nie boeke soos die "Shack" te lees niel

    2 20.00%
  • Daar is 'n beter besteding van lees-tyd

    4 40.00%
Page 2 of 4 FirstFirst 1234 LastLast
Results 16 to 30 of 60

Thread: "The Shack" of "Die Shack" 'n Oorsig

  1. #16

    Ek het ook hier gekom a.g.v. die Shack

    Dit was vir my vreemd om te hoor dat soveel mense so negatief voel oor die Shack. Dis nie asof die skrywer probeer voorgee dat wat hy geskryf het die waarheid is nie. Die waarheid van God se liefde sal altyd dieselfde bly en dit is wat die boek maar net weereens vir my kom wys het. Hoe lief God ons het en gehad het en altyd sal hÍ. Ja, ons moet ernstige geestelike werke lees, maar daar moet balans in almal se lewens wees en solank jy nie elke brokkie fiksie jou persoonlike waarheid maak nie en dit aan die Woord toets. Geniet gerus jou fiksie!
    Ek is baie bly ek het die Shack as 'n Kersgeskenk gekry, want dit het vir my baie beteken om weer herinner te word aan God se liefde vir ons almal.

    SeŽn vir julle!

  2. #17
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Mossel Bay - Little Karoo at the sea
    Posts
    23

    Thumbsup

    Quote Originally Posted by Leonie View Post

    Hi Leonie, ek voel dieselfde soos jy. Ek kan my net voorstel hoe iemand wat nie glo nie, hierdie boek sal interpreteer. God is Groot en die Drie-enigheid is vir my baie duideliker gemaak in hierdie boek. Dis omdat die mens onafhanklikheid van God geeis het dat die wereld in so 'n warboel is. Want onafhanklikheid van God beteken verkeerde keuses wat ons maak, en daarmee skep ons ons eie mag, wat meer geld beteken, en hoe meer die mens het, hoe meer wil hy he - ongeag van hoe hy dit bekom. Afhanklikheid van God beteken om in Hom rus te he, en om Hom met alles in jou lewe te vertrou, en DIT bring vrede en vreugde en liefde vir jou naaste.

  3. #18
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Ons moet onthou dat 'The Shack' n roman is en nie n teologiese handleiding nie. Lees hom dus as sulks.

    1. Hierdie boek skets deur die hoofkarakter eerstens die vooropgestelde idee van hoe die hoofkarakter , Mac, vir God sien. En dis vir my so tipies van hoe ons dit ook doen . Ons sien God as 'very white and very male' en daarmee impliseer ek glad nie dat ek God as vroulik sien nie.
    2.Hierdie boek handel tweedens oor Mac se verhouding met God , Jesus en die HG en die vergifnis wat die mens van God ontvang deur Jesus se kruisdood. Die rede hoekom die skrywer God aanvanklik as n swart vrou uitbeeld, is eerstens omdat Mac homself nie op daardie stadium met n genadige , liefdevolle vaderfiguur kon identifiseer nie en tweedens om sy vooropgestelde voorstelling van God as 'very white and very male' af te breek. Niemand het al God gesien en bly leef om te kom vertel hoe God regtig lyk nie.
    3. Die belangrike rol van vergifnis word kragtig uitgebeeld in Mac se vergifnis van sy pa, sy dogtertjie se moordenaar en ook 'judgement' teenoor God vir Sy kwansuise versuim om die moord te voorkom.Net so kragtig is die uitbeelding van die mens se verdorwenheid en sy keuse om baiekeer eerder die bose as die die goeie te kies.

    Mag ek vra dat mense wat hulle mening oor die boek gee , eers die boek self gaan lees en nie die media of ander se menings gee nie.

  4. #19
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,914
    Blog Entries
    10
    Welkom Leonie .
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  5. #20
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Mossel Bay - Little Karoo at the sea
    Posts
    23

    Liewe Protea

    Quote Originally Posted by protea View Post

    Liewe Protea,

    Baie dankie vir die terugvoering. En ek stem volkome saam met jou opsomming!!!!

  6. #21
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    mosselbay
    Posts
    1

    die shack

    as die boek jou pla en jy is wedergebore dan is dit net 'n bewys dat die boek nie die regte leesstof vir jou is nie .
    onthou GOD is en word as 'n VADER figuur gesien en aangespreek,so moenie dat snert jou laat wakker lÍ nie ,en HY is liefdevol.

    Quote Originally Posted by Antonvs View Post
    Ek het vanoggend die Shack gelees wat 'n vriend vir my gegee het vir Kersfees. Ek het die eerste vier hoofstukke regtig geniet, en latere gedeeltes ook geniet. Tog los die boek 'n na-smaak in my gedagtes wat my regtig bekommerd maak oor die "vlak" en "diepte" van ons teologie.

    Hier is my redes:
    1) Ons trek God af tot op ons vlak - wat soms grens aan laster.
    2) Ons is vaag oor ons teologie - daar is nie meer absolute waardes nie.
    3) Ons neem die tyd / geld om boeke te lees wat regtig ons nie kan voed nie, maar trek ons neuse op as daar goeie materiaal beskikbaar is maar "Engels" is, of te "kompleks" is.
    4) Ons lesers sal soms nie die onderskeid kan maak tussen fiksie en realiteit, tussen mense skeppings en bybelse teologie nie.

    Ek plaas 'n volle boek "Kritiek" as 'n aanhegting.

  7. #22
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,914
    Blog Entries
    10
    Welkom hansf .
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor

    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

  8. #23
    EK het 'n dvd van 'n 2uur lange aanbieding van Pastoor Dries oor al die onheilighede van die Godslasterlike boek. Nog 'n topverkoper soos al die meeste ander onbybelse boeke en dvd's by "christelike" boekwinkels. Ek kan vir jou een stuur wie ookal belangstel.

  9. #24
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    EK het 'n dvd van 'n 2uur lange aanbieding van Pastoor Dries oor al die onheilighede van die Godslasterlike boek. ..........
    Johnny .... wie is die "pastoor Dries" en wat maak hom so spesiaal dat jy soveel vertroue in sy opinie plaas ?

    soekieskorie....... wil regtig weet....

    ..... m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  10. #25
    Quote Originally Posted by mari View Post
    Johnny .... wie is die "pastoor Dries" en wat maak hom so spesiaal dat jy soveel vertroue in sy opinie plaas ?

    soekieskorie....... wil regtig weet....

    ..... m
    Hy is my Pastoor....my leraar al vir 9 jaar. Ek het volle vertoue in die Woord wat hy bring....met vrees en ontsag vir die Here. Woordgebaseerde lering wat kosbaar is. Op die foto 4de van links..2de van regs.

  11. #26
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    601
    Blog Entries
    4
    Het die britse weergawe gelees. Daar is iets in die boek wat baie mense laat dink dat dit die gospel is. En jammer, maar ek dink nie dit moet wees nie.

    Ek het dit op 'n tyd in my lewe gelees wat dit glad nie goed gegaan het nie. Ek het stilte in my hart gekry oor van my probleme, maar daar het iets nie lekker gevoel aan die boek nie.

    Ek sal nie voorstel dat mens die boek lees nie, maar dit is my persoonlike siening

  12. #27
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,016

    Wat Francois gesÍ het.

    Stuur asb. vir my Die Shack! Hy is bietjie aan die dunnerige kant, maar ek is nie uitsoekerig nie. Kaggelhout is maar skaars hier in my geweste.

  13. #28
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    601
    Blog Entries
    4
    Quote Originally Posted by Son of the South View Post

    Wat Francois gesÍ het.

    Stuur asb. vir my Die Shack! Hy is bietjie aan die dunnerige kant, maar ek is nie uitsoekerig nie. Kaggelhout is maar skaars hier in my geweste.
    Kan jou myne stuur as my ma klaar is met dit. Dit gaan nou lelik klink, maar ek is bang om Vader se vuur te vra om te wys of die boek geldig is of nie.

    Net terloops. Een NG kerk in Bronkhorstspruit gaan 'n "leering" doen oor die boek. Dwaal lering?
    Terloops, die Shack het twyfel oor my verhouding met YHWH veroorsaak. Maar Vader het gekom en herstel gebring.
    Wees geseend en meet als wat jy lees teenoor die woord. Moet net gespoonfeed word die hele tyd nie.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  14. #29
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    614
    Ek sien hierdie bespreking is 'n jaar gelede al gedoen, om een of ander rede het ek dit gemis. Maar ek is bly om darem die kans te kry om te reageer. Die probleem met boeke (rolprente / DVD's /ens) van daardie aard is die "christelike kleur" wat dit het. Die Bybel leer vir ons dat die satan hom voordoen soos 'n "engel van die lig" En dis hoe hy miljoene mense vang! Geen goeie "kerkmens" of "christen" sal 'n boek lees oor die satan, waarin God veroordeel en sleggemaak word nie. Daarom gebruik die satan nie sulke boeke om "goeie mense" mee te bereik nie. Nee, hy kom in die vorm van 'n "engel van die lig" en hy gebruik boeke soos The Shack, wat totaal en al godslasterlik is, en dan gee hy dit so 'n "christelike" kleur, en whala!!! Christene slurp dit op soos soetkoek! En die duiwelse boodskap, dat God nie so heilig en almagtig is wat ons geleer is om te glo nie, dat Hy (of liewer, SY...) baie meer soos ons is as wat ons dink Hy/sy is (ek meen, Hy/sy luister selfs punk rock!!), word op 'n mooi subltiele manier met allerlei mooi ondertone binne in liggelowige mense se breine geplant....

    Ek wil nie eens begin om te praat oor die inhoud van die boek en die onherstelbare skade wat dit kan verrig nie. Ek wil net se, mense, word wakker! Die duiwel loop rond soos 'n brulende leeu, op soek na iemand om te verslind. Ons leef in die laaste dae. Maak oop julle oe! Hierdie boek moet verwerp word met die minagting wat dit verdien!!

  15. #30
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    ... en uiteindelik het ek toe ook die boek by ons plaaslike bib gekr, maar kon net halfpad daardeur kon .... stuk vir stuk begin lees om behoorlik te oordink ..... toe ek gaan hernu, is dit bespreek en ek sal dit hopelik volgende week weer kan kry om klaar te lees ...

    ok... eerlike opini .... dit het my baie gebless sover ......

    1 neem in ag .... dit is 'n vertelling van iemand se ervaring van 'n openbaring en nie "evangelie" nie ..... dat hy deur 'n vriend die "boldness" gehad het on dit met die wereld te deel, is nogal dapper .....

    2 God daal soms selfs "tot ons vlak" om tot ons deur te kom ..... die grootste openbaring daarvan is die God as mens Jesus wat 33 jaar "op ons vlak" kom leef het ... of hoe ?

    3 vir sommige van ons plat koppe maak so 'n vertelling baie onverstaanbare aspekte van God bietjie meer verstaanbaar ......

    .......

    ..... meeste van ons hou baie van hoender, maar eet nie die beentjies nie ...... as jy jou in Die Shack begewe, kry daaruit wat vir jou bedoel is en los die res ........
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Replies: 137
    Last Post: May 24th 2014, 10:58 AM
  2. "The Shack" by William P. Young
    By Literalist-Luke in forum Christian Fellowship
    Replies: 21
    Last Post: Jan 15th 2009, 03:05 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •