
Originally Posted by
Johnny
Dit is die probleem vandag. Ons wil he God moet af kom na ons vlak, in plaas daarvan dat ons op na God se vlak moet gaan. As Hy na ons vlak sou neerdaal, sou Hy nie gebruik maak van boek wat van die satan self is nie.
Johnny, jammer man, jy lees my verkeerd .... daar is 'n verskil tussen ons wat God na ons vlak toe bring, en God wat homself aan ons openbaar in 'n verstaanbare manier ..... en ons kan onsself geensins na Sy vlak "ophef" nie, net Hy kan ons in Christus na Sy arm bring ...
Kan God homself in 'n verstaanbare manier aan 'n stukkende mens openbaar ? ...Hoekom nie ? ...... Hy kan, want Hy is God en boonop God van Liefde ...... Ons weet naastenby hoe Jesus lyk want Hy het sy maaiestyd in die Hemel agtergelaat en mens geword op ons modderaarde .... Die Vader weet ons nie regtig hoe hy "lyk" nie .... die Gees word in die ou testament boonop as vroulik beskryf .... hoekom nie ? ..... as mens is ons in God se beeld geskape - manlik en vroulik .... hoekom nie ? ...... wat maak 'n fisiese beeld saak as dit Gees is wat saak maak ........ ja, "new age" denke verdraai baie waarhede, dit is 'n slim set van Satan.... maar die verdraaing kanelleer nie die waarheid nie ......
as die boek nie vir jou is nie, fine ..... nie almal sien dinge dieselfde nie ...... daar word wel baie mense ( gelowig en ongelowig ) baie gebless daardeur ... God beweeg in vreemde weee en wie is ons om Sy openbarings aan ander te veroordeel ? ...... dink daaroor ......
groetnis.... m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Bookmarks