
Originally Posted by
Gene
Ag nee regtig! Verskoon my as ek hard oorkom, maar hierdie is vir my 'n onderwerp waaroor ek baie sterk voel en maklik emosioneel raak (nie die Shack nie, maar die misleiding wat vandag so aan die orde van die dag is) Dis soos om 'n haai te vat en vir hom 'n blou trui aan te trek, en dan vir mense te vertel dat dit eintlik 'n blou bul is, dat ons eintlik al die jare 'n verkeerde persepsie van die woord "blou bul" gehad het. Hy sal NOOIT OOIT 'n blou bul kan wees nie, maak nie saak watter kleur sy trui is nie.
Maak nie saak hoeveel "mooi boodskappies" in die boek verskuil is nie, dit sal nooit iets anders as 'n duiwelse boek kan wees nie! Mari, ek dink nie jy besef die onderliggende boodskap wat deur 'n boek soos hierdie in mense se onderbewussyn geplant word nie. Ek dink nie jy besef die skade wat veroorsaak nie. Onthou, ons word vandag gepeper met allerlei new age leringe. Om elke hoek en draai word dieselfde boodskappe subtiel aan ons oorgedra en mense word stadig maar seker gebreinspoel om sekere goed te aanvaar wat vroeer nooit aanvaarbaar was nie. Dink maar hoe die wereld vandag homoseksualiteit beskou, teenoor 'n klompie jare gelede, of dinge soos buite-huwelikse seks, aborsies, selfs eet van vleis ens ens ens. Deur die jare is ons gebreinspoel om anders oor hierdie goed te begin dink. En die aanslag deesdae is op die Christendom, om God se beeld te verander en Hom van Sy heilgheid en grootheid te ontneem, om Hom af te bring na 'n menslike vlak.... Kyk maar na wat in rolprente en TV programme oorgedra word, soms net deur 'n sinnetjie hier en 'n woordjie daar. Stadig maar seker word ons gewoond gemaak aan 'n sekere idee of persepsie van God wat NIE Bybels is nie. En Christene behoort daarteen te waak. Wanneer 'n boek soos the Shack dan verskyn, met sulke "mooi, christelike" ondertone (blou trui) dan eet ons alles vir soetkoek op sonder om twee keer te dink daaroor, en so bereik die satan miljoene "goeie, christelike kerkmense"!!
'n Boek wat God voorstel as 'n swart vrou wat grappies maak en spot met alles, en na punk rock (duiwelse!!!) musiek luister, die Heilige Gees as 'n asiatiese vrou en Jesus as 'n jong man met 'n denim wat reguit se dat Sy dood aan die kruis nie eintlik regtig iets bereik het nie.... Nee sies man!!! Dit maak nie saak hoe "blou sy trui is" nie, of hoeveel mooi onskuldige boodskappies daarin vervat is nie, hierdie boek bly 'n kragtige instrument waarmee die satan miljoene liggelowige "christene" mislei. Die Bybel leer vir ons dat ons 'n stryd het om te veg, teen die bose magte in die lug.... dit gaan my verstand te bowe dat mense wat die Here ken, so maklik val hiervoor.
Vergewe my as ek op tone trap, dis nie my bedoeling nie. Maar ek kan nie sterk genoeg reageer nie. Ek wil weer se, word wakker mense! Kyk wat is die satan besig om te doen.
Bookmarks