MercyChild,
kyk na die Woord, (verlang na die onvervalsde melk van die Woord soos 'n pasgebore baba) lees baie noukeurig onder andere 1 Kor 12 - 14. (Jy kan eintlik die hele Korinthiers lees, Lees ook Galasiers - net om jou te versterk in die feit dat jy moet oppas vir wettisme, sommer ook Romeine en Hebreers)
Let op:
1 Kor 14:26
"Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied." - Jesus is die hoof van die gemeente, nie 'n dominee nie, elke lid is deel van die liggaam.
1Kor 14:40 - "Laat alles welgevoeglik en ordelik toegaan" - Oppas vir onordelike plekke.
Nog 'n puntjie wat ek moet sê is dit: Dis uiters noodsaaklik om deel te raak van 'n gemeente en versigtig te wees om nie 'n swerwer tussen gemeentes te raak nie, as iets jou pla in 'n gemeente praat met die gemeente raad van daai gemeente daaroor, meet die terugvoer van daai gemeenteraad teenoor die Woord in die hele verband/konteks van die Woord (bid dat die Heilige Gees jou sal lei) - Oppas dat iemand nie 'n skriffie uit verband/konteks ruk nie.
Die Gemeente is ook daar om elkeen in die gemeente te vorm, en te skaaf, al daai lelike skerp kante van die klippies af te skaaf. Vermaan mekaar in Liefde en word vermaan in Liefde - As mens 'n swerwer is, dan raak mens umuun teen opregte vermaning want dan vat jy jou goedjies en waai. Die liggaam van Christus bestaan uit lede, as jy weet die Heilige Gees oortuig jou van iets, en jy maak 'n voorstel en niks kom daarvan nie (en dis nie aan jou deurgegee dat die voorstel onskriftuurlik is nie), onthou - jy is 'n lid van die liggaam, doen JY dan iets daaromtrend om die oortuiging wat die Heilige Gees jou in jou hart gegee het uit te leef. Baie mense het baie voorstelle, maar gewoonlik word dit nie uitgevoer nie, want niemand wil vrymoedigheid neem om dit te begin nie.
Laaste dingetjie -
Psa 146:3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.
Partykeer lyk dit asof die of daai persoon hoog heilig is en net absoluut alles weet en reg doen, moenie 'n "Prins" van die persoon maak nie (leer die goeie van mense wat goeie vrugte dra, maar moenie navolgers van mense word nie!) - Die enigste Prins is Jesus! Moenie mense op "pedestals" plaas nie - mense stel teleur, dis alleenlik Jesus se plek daai! - En moenie dat iemand jou op 'n pedestal plaas nie - Jy gaan deur Jesus afgehaal word daar!
Spreuke (of is dit nou in psalms?) sê: Ek tugtig die wie ek liefhet - sodat daai skerp hoekies kan glad word - dis nie lekker nie maar noodsaaklik. Ander dag gaan jy sê, Dankie Vader vir daai vermaning en tugtiging!
Dra goeie vrugte, anders word die boom uitgekap!
Sterkte en mag die Heilige Gees jou lei in jou soektog om deel te raak van die liggaam van Christus sodat jy kan groei in jou bediening en vir Hom kan arbei en vrug dra, 30 of 60 of 100 voudig!
Bookmarks