Your Advert here
cure-real
Results 1 to 8 of 8

Thread: Gebed: 2 mans vermis, bid asb

Hybrid View

  1. #1

    Help Gebed: 2 mans vermis, bid asb

    Vanoggend wil ek julle almal asb nader en vra vir voorbidding van 2 jong mans wat vermis is.
    Albei vriende het Saterdagaand 'n 'drink' gaan drink en hul vrouens en kiddies by die huis agtergelaat- tot huidiglik geen nuus of kontak verkry van waar hul kan wees of wat gebeur het.
    Albei het babatjies van 2 en 'n halwe maande oud en ouer kindjies van 3 jaar.
    Vrouens en ouers is almal gebroke, polisie is gekontak, sekuriteitsmaatskappye het die hele omgewing gaan fynkam gisteraand en steeds geen teken van waar die mans mag wees.
    Julle hierdie mense is totaal en al stukkend en my hart breek vir hulle, die vrae wat opkom is "wat gaan ek vir my dogtertjie sê van 3 jaar as sy my vra waar is haar pappa?".
    Bid asb vir hierdie vrouens en kinders sodat Liewe Jesus hul dra deur hierdie tyd en dat hul die teenwoordigheid van Heilige Gees ervaar vir rustigheid en sterkte.
    Bid ook asb vir hierdie 2 mans, waar hulle ookal mag wees vir veiligheid en dat Liewe Jesus hulle ook styf vashou, lei en beskerm.
    Mag die Heilige Gees deur elkeen van ons ook werk wat naby hulle is sodat hulle sy Groot Liefde en teenwoordigheid kan ervaar.

    Dankie julle, vrede vir julle!

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,489
    Hallo alliesyl,

    Dit is seker een van die tergendste dinge, wanneer iemand sonder oënskynlike rede net verdwyn en mens kan dink hoe voel iemand wat dit moet oorkom. Mag God hulle almal behoed!

    Jou draad is geskuif na hierdie forum vir gebed en ek glo dit behoort in orde te wees met jou.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3

    Baie dankie!

    Dis reg so baie dankie! Ons probeer soveel positief moontlik bly.
    Bid vir hulle.
    Groete,

  4. #4
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Laat weet asb soos julle nuus kry, ek weet vir Ons Vader is alle dinge moontlik en vertrou dat Hy ons almal se gebede sal verhoor tot Sy eer en verheerliking.

    Groete en mag Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan by julle wees deur die moeilike tye..
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Hi maatjie,

    Hoe gaan dit daar, is daar al enige nuus? My gebede is met die 2 gesinne en almal wat vir hulle lief is.

    Vader, ek vra dat hierdie 2 jong mans spoedig en ongedeerd gevind sal word. Ek bid dit in die naam van ons Koning Jesus. Amen

  6. #6
    Join Date
    Sep 2008
    Location
    Pretoria
    Posts
    230
    Blog Entries
    3
    Hi alliesyl

    Ek lees nou wat met die 2 huisgesinne gebeur het en ek dra hulle op aan die Here, en ek vir beskerming vir die twee mans. Ek bid ook dat die Here vir die huisgesinne op Sy hande sal dra en hulle vertrooster wees in die moeilike tyd.

    Sal jy ons asseblief op hoogte hou?

    Groete,
    Sonia

  7. #7
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    In the pressence of the Lord
    Posts
    23
    Hello...het hulle toe ooit daardie twee mans op gespoor? waar was hulle en hoe lank was hulle weg?

  8. #8

    Baie jammer om te hoor

    Ek is baie jammer om te hoor van die mans wat vermis is. Kom ons bid dat die Here die polisie sal help om hulle te vind.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Help asseblief Gebed: Dringende gebed nodig
    By Sonia Smit in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 30
    Last Post: Jul 7th 2009, 10:22 AM
  2. Gebed: Gebed vir doop
    By MercyChild in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 8
    Last Post: Feb 25th 2009, 09:54 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •