Ek het vannaand seker een van die grootste wonderwerke beleef. Omstandighede het dit so gedryf dat ek saam met my broer vir my pa moes gaan kuier by die hospitaal vannaand. By my broer se huis gekom, wou sy seun dringend met my praat. Ek het aandagtig geluister na sy probleme, en hy wou by my weet hoe het ek dit gemaak. Hy het toe gese dat hy die Here nodig het. Ek was eers boeglam geskrik en nie geweet of ek hom kan help nie, en moes eers 'n oproep maak. Die foon het afgesny in die middel van die gesprek, en ek het geweet dis nou of nooit. Ek het met hom gedeel wat ek geleer en gelees het die afgelope tyd, en hy het Jesus aangeneem. Ek het sommer sy meisie ook laat roep, en sy het ook Jesus aangeneem.
Ek is dankbaar dat God my gebede oor my familie verhoor het.
Verder is my pa 100% beter, hy eet en gesels amper soos voorheen. Ek is uit my sokkies uit!![]()





Reply With Quote






Bookmarks