MySpace, Facebook....
Ek wou Woensdagaand uit my vel spring toe my pa se boetie met wie ek laas op my pa se begrafnis gepraat het my op facebook opspoor. Agv die omstandighede van sy dood het ek en my boetie heeltemal kontak verloor met my pa se kant van die familie. Soveel so dat ons nie eers geweet het my ouma is oorlede nie. Dis wanneer sulke goed gebeur dat ek bly is ek is nog op facebook. As dit nie vir facebook was nie sou ek ook nooit iets van my boetie wat permanent in Engeland bly gehoor het nie.
Maar hoe voel julle oor sulke websites. Ek weet baie mense het 'n probleem daarmee. Hoort 'n christen enigsens daar of moet ons eerder wegbly?
The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper
Bookmarks