
Originally Posted by
ACCM
LAnie, solank mens nie die gedagtes "entertain" nie, daarmee bedoel ek: Moenie daarop voortborduur of dwel nie.
Wanneer 'n gedagte wat nie opbouend is jou kop binnekom, neem kontrole daaroor, en verwerp dit, en dink willekeurig aan dit wat opbouend is, dit wat goed is, bedink wat goed is voor alle mense..... hou jou gedates besig met goeie dinge
Die gedagte wat jou kop onwillekeurig inkom moet jy vervang met 'n willekeurige gedagte.
Ja, An....... mens kan nie keer dat die kraaie oor jou kop vlieg nie, maar jy kan sowaar keer dat hulle daar nesmaak !! ....
die beste raad wat ek nog gekry het vir enige negatiewe gedagtes - oor jouself of oor 'n geliefde, selfs 'n vyand, is :
" aanval is die beste verdediging "
dit klink radical. maar nie as jy besef waar die aanval vandaan kom nie :
Eff 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
en dan :
Fil 4:
6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is--watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
.... so, soos jy se, VERVANG daardie negatiewe / sondige gedagtes met God se gedagtes.......
wat ek sommer doen as die lus om iemand te na te kom my wil oorval, is BID vir daardie persoon, Woord uitspreek oor daardie persoon ...... myself ingesluit, as dit moet....
dankie Heer dat :
Die werk wat U in hom / haar / my begin het, U sal volbring.....
vir 'n nuwe skepping in Christus...... die ou dinge is verby, alles het nuut geword ......
vir oorwinning in Christus.....
vir U vrede wat alle verstand te bowe gaan....
dat alles ten goede sal meewerk, want ek kies om te glo......
ens....ens.....
( wat nogal baie help as dinge jou breins in trurat stuur, is eenvoudig in tale bid vir die persoon / situasie....... die duiwel moet dan vinnig wyk !
)
groetnis
m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Bookmarks