Your Advert here
cure-real

View Poll Results: Hoe voel julle oor Christelike Onderwys in skoolverband ?

Voters
3. You may not vote on this poll
  • Ja ! My kind sal nooit enige ander opvoeding ontvang nie.

    2 66.67%
  • Nee ! Dit beperk my kind se geestelike groei.

    1 33.33%
  • Dit maak nie saak nie, en is nie belangrik nie.

    0 0%
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 20 of 20

Thread: Christelik gebaseerde onderwys ?

  1. #16
    Soos ons almal weet raak dit baie moeiliker as dit by die praktiese implimentering van 'n plan of idiee kom.
    Om die handboekke van skole te verander gaan nie oornag gebeur nie. ons gaan beslis ook baie teenstand daarteen kry.

    Ek glo daarin om te begin by klein treetjies vorentoe voordat ons begin hardloop. My grootste probleem op die oomblik is die liefdeloosheid en geweld wat onder skoolkinders toeneem.
    Daar is gewoonlik in 'n skool klein "organisasies" of "belangstellings" (weet nie lekker hoe om dit te definieer) soos byvoorbeeld die leerlingraad, of enige sportgroep.

    Hoekom kan daar ook nie soos 'n "christenraad" binne die skool gestig word? Beheer deur kinders, oorgesien deur 'n onderwyser en kerkverteenwoordiger.
    Ten doel om Jesus se gebod naamlik liefde vir jou God en liefde vir jou naaste te implimenteer, om 'n rolmodel vir hulle medeskoliere te wees, bloot net deur liefde, respek en goeie dade. Om medeskoliere wat struikel op te help en aanmoediging te gee om posetief te bly.
    Hierop kan die ouers dan ook meer betrokke raak en dalk later 'n ding of twee by die kinders leer!
    Goed soos gereelde bybelstudie kan dan ook geimplimenteer word.

    Ek dink die posetiewwe impak wat so iets kan hê is vanselfsprekend. 'n mens kan nog baie hierby voeg.
    As die onderwysdepartement die resultate vir hulself sien, het ons 'n voet om op te staan vir die res.
    Wat dink julle, sal so iets werk?

  2. #17
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Die vraag wat ek vir jou en die ander deelnemers wil vra, is wat ons dan prakties te doen staan ter ondersteuning van jou gedagte.

    Ter voorbeeld van hoe die realiteit daarna uitsien wil ek graag 'n voorbeeld gebruik uit my eie dorpie uit. Hier is die wonderlikste Gereformeerd-Christen gebaseerde skool so entjie van my werk af. Begeesterde skoolhoof en onderwysers soos nêrens anders in die dorp nie. Die ouers van die kinders sal ek vir jou in 'n skare uitken : Dit is die ouers wat betrokke is by hulle kinders, wat belangstel in hulle lewens.
    Hoeveelheid kinders in die skool : 27.

    Nou DIT, is niks anders as 'n skreiende skande nie.

    Ferdi, ek hoor wat jy sê van ouers se pligte ensovoorts, maar die realiteit is dat die oorgrote hoeveelheid ouers net doodeenvoudig nie omgee oor wat hulle kinders leer deur die dag nie, en self heeltemal onkundig is om probleme in die leerplanne raak te sien en teë te werk. Ek praat ook nie net van evolusielëer nie. Die idee van God word heeltemal verwring in kinders se breine vanaf 'n baie jong ouderdom af, seksonderig neem die plek in van geletterheidsonderig, politieke ideologië is die nuwe Bybelonderig, ensovoorts ensovoorts....


    ...Ek het al voor groepe mense gestaan en hierdie dinge aan hulle probeer verduidelik, met voorbeelde uit die handboeke uit hulle kinders se skooltasse, en die skok in die mammas en pappas se oë gesien, maar Maandag is Pietie en Sannie weer terug by dieselfde skool met dieselfde vergiftigde lëerplanne, en dan wonder ek onwilekeurig hoe groot die Liggaam van Christus nou eintlik is, en waar mens vinnig 'n klomp meulstene in die hande gaan kry :



    Matteus, Markus en Lukas het dit goed gedink om hierdie woorde van Christus neer te pen. Beteken dit dalk dat dit 'n baie belangrike uitspraak is hierdie ?




    (Jammer as ek emosioneel klink, maar kinders se saligheid was nog altyd vir my 'n issue. )
    Ek sit hier met 'n baie swaar hart. Ek voel werklik aangekla... en nie noodwendig deur jou nie....

    Sê nou net vir my, wat is die alternatief vir ouers waar pappa en mamma verplig is om te werk om die pot aan die kook te hou en nogsteeds nie die peperduur skoolfonds van die christelike privaatskole kan bekostig nie?

  3. #18
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Ek sit hier met 'n baie swaar hart. Ek voel werklik aangekla... en nie noodwendig deur jou nie....

    Sê nou net vir my, wat is die alternatief vir ouers waar pappa en mamma verplig is om te werk om die pot aan die kook te hou en nogsteeds nie die peperduur skoolfonds van die christelike privaatskole kan bekostig nie?

    Lanie, daar is darem ook privaat skole waar die skoolfonds nie R60k-R70k beloop nie. (Wie kan dit in elkgeval bekostig sonder 'n beurs ? )

    Hierdie is natuurlik 'n baie moeilike ding, en glad nie so maklik nie soos wat dit klink nie. As voorbeeld is hier by my geen Christelike hoërskool nie....so wat gaan ek maak as my kind klaar is met laerskool ? (Ek is nou al bekommerd daaroor, en hy is nog nie eens twee nie....maagseer enige iemand ? )

    So, indien daar dan nie 'n alternatief is nie, moet ons onself eerstens afvrae hoekom daar nie 'n alternatief is nie. Wat sê die kerke hiervan of is hulle gelukkig met die status quo ? Tweedens, wat staan die ouer dan te doen in so 'n geval ?
    Ek vermoed indien ons hier koppe bymekaar gaan sit gaan ons dalk met 'n paar baie goeie oplossings vorendag kom. My eerste voorstel sal wees om iemand soos die VCHO te nader en uit te vind of daar bykomende literatuur en hulpbronne van hulle kant af is om ouers en kinders te help. Dit gaan natuurlik beteken dat "huiswerk" soos ons dit ken 'n baie meer uitgebreide affêre gaan raak, maar dit gaan ook beteken dat ouers noodwendig meer betrokke gaan wees by hulle kinders se doen en late.

    Nog idees van julle kant af ?

  4. #19
    Die swak standaard in SA skole is besig om almal te benadeel.

    Volgens hierdie artikel kan ons massiewe druipsyfers in universiteite verwag hierdie jaar. Ouers het 'n wanvoorstelling van hulle "slim" kinders gekry op grond van matriekuitslae, terwyl die realiteit egter is dat hierdie kinders ongeletterd is op soveel vlakke dat hulle eintlik glad nie universiteit toe behoort te gaan nie.
    Verwag maar baie ontwrigtings by hierdie instellings as ontstoke studente dit nie so wil aanvaar nie.

  5. #20
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    As ek ooit weer tot die aktiewe onderwys moet toetree , sal dit in n Christenskool soos die VCHO wees. As mens net n bloktoetrede tot so n skool kan maak want hoe meer kinders, hoe goedkoper sal die fooie wees.
    n Vriendin van my het destyds toe minister Bengu wat op daardie stadium minister van onderwys was en die Kirikulum 2005 ingestel het en bekragtig het, haar doktorsgraad daarop gedoen en na Bengu toe gegaan met die bewyse dat die stelsel o.a. in Kanada en Swede geflop het. Sy antw. was : Hy weet, maar daar moet net nie n stelsel wees wat dieselfde is as in die Apartheids tydperk nie..... En die res is geskiedenis..
    Die indoktrinering van die klein kind is so subtiel dat die onderwysereres dit baie keer ook maar gelate aanvaar want jy kan tog nie man alleen teen n stelsel wat afgedwing word baklei nie.
    In graad 7 bv het die kinders in Eng n begripstoets gekry om se nou maar die 'verb' vas te le. En die begripstoets handel toe oor n Hindoe fees wat in Indie sou plaasvind en die gewoontes en gebruike daarom . Is daar dan geen ander leermateriaal wat gebruik kan word om die betrokke vaslegging te kan doen nie!?!?!? Maar dit word subtiel so in die leerplan ingeskryf. Terwyl in jou privaat/Christenskole kan jy jou eie materiaal kies om jou doel te bereik.
    Ek het onlangs gehoor dat daar n privaatskool in Langebaan aan die Weskus begin is en binne n paar maande toe is die skool se getalle oor die 800. Mens kan dalk by hulle gaan kers opsteek en hoor hoe hulle die ding gedoen het.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •