Die New Age beweging is nie 'n enkele valse godsdiens nie, maar 'n groot verskeidenheid van heidense godsdienste, praktyke en gebruike wat saamgebring word onder een sambreel. Die naam, New Age, hou verband met die astrologie waarvolgens daar met die nuwe eeu wording 'n nuwe era, die van die sterrebeeld Aquarius, betree is.
Van die belangrikste heidense praktyke wat saam gegroepeer is om uiteindelik die beweging te skep is Hinduisme, panteisme, neo-paganisme, Oosterse mistisisme, Westerse okkultisme en die humanistiese menslike-potensiaal psigologie. Een van die New Age beweging se herkenbare beginsels is die van monoisme. Dit impliseer alles wat bestaan vorm deel van 'n enkele organiese geheel. Daar is dus geen werklike verskille tussen mense, tussen voorwerpe, of tussen mense en voorwerpe nie.
Logika en rede word deur die New Age beweging gesien as beperkings in die mens se samestelling. Hierdie benadering gee dan weer aanleiding tot die nastrewing van 'n tweede beginsel, die van panteisme; die gedagte dat Alles is God. Die eenheid van werklikheid dui vir hulle op die feit dat alles goddelik is, insluitend hulself. Hulle is dus God. Hierdie konsep ontsluit die mens se ware potensiaal. Deur te glo dat jy God is, is om te glo dat jy geen beperkings het nie. So kan die mens sy eie goddelikheid verkry deur sy bewustheid te verander; omdat die mens gebuk gaan onder 'n kollektiewe vorm van metafisiese geheueverlies het hy vergeet dat sy eie identiteit een van goddelikheid is en moet hy dus 'n verandering van bewustheid ondergaan ten einde sy volle potensiaal te verwesentlik.
Die New Agers meen verder dat die mens se lewenssiklus van geboorte en sterf gekoppel is aan reinkarnasie aangesien die mens se bestaande toestand bepaal word deur die mens se optrede in 'n vorige lewe. Hulle is sterk voorstanders van die gedagte van morele relativitisme. Hulle dink eerder in terme van grys as aan wit en swart. Deur hul ontkenning van die wet van weerspreking, aanvaar hulle ook die beginsel dat konklikterende gedagtes almal korrek kan wees. Daarom dan hulle die leer van multi-gelowe aanvaar en dat daar vele paaie is wat na God kan lei.
'n Tema wat baie sterk in die New Age beweging na vore tree is die van liefde en broederskap. Alle mense moet hierop konsentreer sodat hulle ander groepe, ongeag van ras, kleur of geloof, tenvolle en sonder voorbehoud kan aanvaar en kan liefhe. Alle grense moet verwyder word sodat daar 'n einde aan konflikterende groepsbelange kan kom. Rasse en kulture moet sover moontlik met mekaar vermeng raak en moet hul eie waardestelsels prysgee deur universiele norme te aanvaar. Nasionale en ander grense moet uitgewis word tot die stigting van 'n wereldstad (Global Village) met een monetere stelsel, een godsdiens, een kultuur, 'n nie-rassige en nie-seksistiese bedeling. Die belange van die mens word dus ondergeskik gestel aan die vereistes van die wereld as 'n geheel.
Bookmarks