Ek is nou nie juis 'n "Uncle Angus" aanhanger nie. Daar is 'n ongesteldheid in my hart oor die volgende kwessie wat my die naweek laat wonder het. Vir my, en ek glo vir die hele mensdom, was die BELANGRIKSTE gebeurtenis in mense heugenis die kruisiging en opstanding van Jesus. Ek wil 'n vergelyking tref:
PAASNAWEEK 2009 ANGUS BUCHAN 2009
Die kerke is leeg....... . Die kerke is leeg.....
Die stadions is leeg..... . Die stadions is VOL....
Die koerante is leeg.... . Die koerante is VOL....
Die tv is leeg...... . Die tv is VOL.....
Die paaie is VOL oppad see toe... . Die paaie is VOL, plaas toe...
Die "plase" is leeg..... . Die "plase" is VOL.....
Die vakansie oorde is VOL.... . Die vakansie oorde is VOL....
Die MALL's is VOL.... . Die MALL's is VOL......
Ek was nog altyd swak met wiskunde, maar 2 + 2 gee nie vir my 4 as ek na bogenoemde vergelyking kyk nie. Waar was die belangstelling in die belangrikste gebeurtenis sedert die skepping?
Ek het gister in die Rapport gelees oor "Angus stort ineen". Van die dinge wat ek gelees het het my hare laat regop staan. Ouens het daar aan gekom met rugby vlae, blou bul vlae, cheetah vlae. Een ou het op sy rampshoring geblaas om die "bose geeste" in die lug vas te vat. 'n Man vra vir 'n dame by stalletjie 25: "Hoe is besigheid?" Die dame antwoord: "Prys die Here!".
Jesus het vir Sy dissipels gesê: "Gaan die wêreld in en verkondig die evangelie." Hier lyk dit vir my of die wêreld in die kerk ingebring word. Ek is seker daar sal nog baie gesê word. My eerlike opinie is, en kraak niemand af nie is die volgende: "Watter Jesus, Evangelie en Heilige Gees is ons mee besig?"
Wonder maar net.....
Bookmarks