Wie van julle gaan hierdie jaar? Lig ons in asb. Ek gaan dit op GOD TV volg. Ek glo as almal in hierdie land na God draai, kan ons die land omkeer.
Mnr. Angus Buchan, die evangelis wat almal verlede jaar aan die praat gehad het met Christelike massabyeenkomste regoor die land, vertel hy is altyd verkeerd wanneer dit kom by wat hy glo God gaan doen.
Hy oorskat nie, hy onderskat: God oortref altyd sy verwagtinge, vertel hy op sy plaas buite Greytown in KwaZulu-Natal, waar daar dag en nag gewerskaf word ter voorbereiding van volgende naweek se Mighty Men-konferensie, oftewel MMC09.
“
Daar is altyd meer. Met verlede jaar se Mighty Men-konferensie het ek geglo hier gaan 60 000 mans wees en daar was definitief meer as 60 000.
“
Vanjaar glo ek 200 000 mans gaan hier opdaag en ek mag dalk net weer verkeerd wees,” skerts die boer van Faith Like Potatoes-faam.
En só was, en is, daar genoeg geld om vanjaar vir 3 miljoen m² kampeerplek te sorg, met 2,7 km se storte (sou die tientalle storthokke in ’n enkele ry staan), 330 000 liter water per uur en ’n 8 km lange, 6 dm-pyplyn wat vir die water sorg.
Die tema vir vanjaar se konferensie is “Men of Promise” met Galasiërs 4:28 as sleutelvers: “ En julle, my broers, is net soos Isak kragtens die belofte kinders van God ”.
http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Af...503596,00.html
Die naweek se verrigtinge word op die gratis DsTv kanaal "GOD TV" uitgesaai. Aanwysings oor hoe om in te stem is heel voorin "JOY" tydskrif

Bookmarks