Ek weet regtig nie of ons uit hierdie ressesie gaan uitkom sonder 'n BAIE drastiese gebeurtenis nie!
Die ekonomie is nie eers regtig besig om te herstel nie en die olieprys styg alreeds. Hoe gaan die olieprys styg as die ekonomie werklik tekens begin toon van 'n verbetering.
Twee faktore in ons moderne węreld wat die ekonomie onder druk gaan hou: oliepryse en kospryse.
Węreldkosvoorrade neem af soos natuurampe oeste węreldwyd verwoes en die węreldbevolking plaas nog groter druk daarop.
Ons sit op 'n tydbom... Lande gaan begin wedywer teen mekaar vir nuwe hulpbronne. 'n goeie voorbeeld daarvan is Rusland en Amerike wat albei met honger oë na die noordpool kyk, hulle begin reeds verskil tot waar die grense strek.
Daar kan enige oomblik 'n siektepandemie uitbreek wat soos 'n veldbrand deur die węreld trek, die varkriep en voëlgriepgevalle is maar 'n voorbeeld wat moontlik vir ons voorlę.
Baie mag dalk nie met my saamstem, maar dit begin taamlik baie na die begin van die groot verdrukking te lyk. Ek dink die ouens wat glo in "prerapture" moet maar solank hul tassies pak.
Is ek te negatief? jaag ek net spoke op oor goed wat nie gaan gebeur? Ek hoop so! Ek is nog heeltemal te lief vir die lewe en daar is baie wat ek nog wil berreik!!






Bookmarks