(In my tuisdorp moes 3 Gereformeerde gemeentes saamsmelt weens dalende lidmaatgetalle. Is daar volgens jou nog redes hoekom mense die kerk verlaat? - Roelof)
Hy het na die verhale van talle sulke mense gaan luister en bevind daar is
vyf faktore wat baie mense se
Christelike oortuigings in ’n krisis laat beland het:
Die rigiede leer dat die
Bybel onfeilbaar is. Volgens hom berus dit op ’n foutiewe leer by kerke dat die Bybel as’t ware deur God aan die Bybelskrywers gedikteer is. Mense wat die Bybel dan self bestudeer, kom dan later met ’n skok agter dat daar baie van die menslikheid van die Bybelskrywers in hul geskrifte te sien is.
Die
botsing tussen die wetenskap en geloof, spesifiek waar kerke leer Genesis vertel presies hoe die węreld ontstaan het.
Die manier waarop Christene en die kerk leef. Hy het verwys na die skandale van
seksuele misbruik in die Rooms-Katolieke Kerk in die VSA en hoe dit sommige mense laat voel het dat hulle nie met integriteit deel van die kerk kon bly nie.
Die
beskouing van die hel. Baie mense kan nie aanvaar dat dit billik is dat God iemand vir ewig straf vir sondes in ’n tydelike lewe van miskien 75 jaar nie. Hulle vra of die straf nie by die oortreding moet pas nie.
Die
“God van die Bybel” wat dikwels voorgehou word, skrik baie mense ook af. Daar word onder meer geredeneer dat as God almagtig is, hy nie goed kan wees nie, anders sou die węreld nie so vol kwaad gewees het nie. En as hy goed is, kan hy nie almagtig wees nie, want anders sou hy die boosheid gekeer het.
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afri...515433,00.html
Bookmarks