Goed, dan kan sondige Phil ook seker maar deelneem
Ek het ook soos oom Fila die ding gelos gekry toe hy gaan staan het by 40 'n dag. Skokkend, ek is die jonkste omtrent van die lede hier en ek het 40 sigarette 'n dag gerook. Ongelooflik.
Maar in alle geval, ek sit 'n hele ruk terug in kerk die een aand, en daardie aand voel dit vir my asof daar netsowel geen ander persoon in die kerk kan wees nie en die dominee direk met my praat, asof God direk met my praat, wat ek vandag besef wel die geval was, God was besig daardie aand om met my te praat.
In alle geval, ek was al baie male in my lewe onder sterk sondebesef, maar daardie aand het ek vrot gevoel. Ek het daar uit die kerk gestap en nie weer 'n sigaret opgesteek nie. Dit was meer as 'n jaar gelede en ek sal eerlikwaar vir julle se, sonder om 'n oog te knip, ek was nie weer lus vir 'n sigaret nie. Ek prys die Here daarvoor, ek het baie male voor dit probeer opgehou en wel opgehou, dit was moeilik, maar nadat die Here 'n werk in my kom doen het, was dit baie baie baie maklik. Ek se nie dit gaan vir almal maklik wees nie, maar ek is dankbaar vir die Here dat Hy my so vinnig en so volkome van iets kon verlos het.
Bookmarks