Hi Manie
Ek wil baie graag saam met jou hier inspring........Ek is ook 'n roker vir die afgelope 20 jaar......ja ek het op 'n baie, baie vroee ouderdom begin, maar weet daar is ook 'n tyd om op te hou....Ek het nou al 'n paar dae probeer ophou, maar natuurlik ook sonder sukses. Soms is dit nogal moeilik want ek wil nie hê familie lede moet sien hoe ek sukkel en elke keer maar net terug val nie.......
Een ding wat ek wel weet, is dat ons baie maal 'n verlsawing met soetigheid wil vervang, en ek het deur rehablilitaise sentrums geleer, dat dit juis hierdie soetigheid wat ons so eet is, wat "cravings" vinniger aanbring......Ek weet nie presies hoe dit werk nie, maar het dit voorheen op die proef gestel, en wanneer ek soetigheid vermy, is die lus vir rook al hoe minder. Ek is beslis nie 'n kenner op die gebied van hoe om op te hou rook nie, anders sou ek seker lankal opgehou het.
Ek dink die ding wat dit so moeilik maak om op te hou met rook, is omdat dit sosiaal aanvaarbaar is by ander, en dat mense nie altyd 'n probleem met 'n roker het nie. Wat my wel pla die afgelope tyd, is dat ons liggame aan Christus behoort, en dat ons wel soos ons weet hierdie tempel stelselmatig verwoes......ek weet ook dat ek God moet eer met my liggaam, en daarom is ek ook opsoek na hulp om Hom meer te eer, deur op te hou met rook.........
Dankie vir die draad wat jy oopgemaak het. Daardie link wat Lanie gegee het, is beslis die moeite werd om te volg, ek het ook aan die program deelgeneem, en sommer baie geleer!

Bookmarks