Your Advert here
cure-real
Page 1 of 4 1234 LastLast
Results 1 to 15 of 182

Thread: Rokers ondersteunings groep

Hybrid View

  1. #1
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    Rokers ondersteunings groep

    Hallo almal, ek is 'n roker wat al 'n paar keer probeer het om op te hou rook en julle weet, daar is geen ondersteunings groepe vir rokers wat probeer ophou rook nie. So, toe dog ek hoekom nie hier nie. Om te begin wil ek vir die van julle wat opgehou het en nog vasbyt vra om te kom vertel hoe om dit te doen. Ek is geen ekspert nie en ook nie 'n siekundige of terapeut of dier voege nie maar as enige een voel dit raak te veel kom los 'n boodskap hier en ek sal altyd probeer om dit so gou moontlik te antwoord en dalk bystaan met gebed of 'n bemoedigende woord. As daar enige van julle is wat die kennis het wil ek vra dat julle ook sal help. Kom ons ondersteun mekaar en vertel van ons ondervindinge in die gebied. Ek hoop om sommer baie poste op die draad te kry. Dankie by voorbaat!
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  2. #2
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Sterkte Manie,
    dink dis gesonde ding om te doen. my pa moes eers ding op sy lip kry en dink dis daai groot K woord voor hy kon ophou, maar toe was dit dit.

    Vra maar as dit sukkel, intussen dink ek sal jy baie gebede kry vir krag en genade om te kan ophou.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Hi Manie....

    Geluk met jou besluit om op te hou rook. Ek is bevrees ek het nie veel raad om te gee oor hoe ek opgehou het nie. Ek het besluit om op te hou en het opgehou. Al meer as 4 jaar gelede... Ek glo dis net 'n geval van "mind over matter". Maar ek weet in die praktyk is dit nie altyd so maklik nie want dan sou almal so maklik kon ophou, né. Ek het vir 'n paar mense al hierdie link gegee en sal graag wil hê dat jy dit sal uittoets. http://www.settingcaptivesfree.com/home/ Jy kry 'n mentor wat jou daagliks ondersteun wat dieselfde verslawing as jy oorwin het terwyl jy deur 'n bybelstudie-gebasseerde kursus werk. Dit kos 'n bietjie tyd en moeite van jou kant af maar lewer resultate wat die opoffering werd is. Laat weet my asseblief wat jy dink en hoe dit gaan. En ek plaas jou op my gebedslys.... Sterkte!!

  4. #4
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,279
    Blog Entries
    7
    Hi Manie

    Ek wil baie graag saam met jou hier inspring........Ek is ook 'n roker vir die afgelope 20 jaar......ja ek het op 'n baie, baie vroee ouderdom begin, maar weet daar is ook 'n tyd om op te hou....Ek het nou al 'n paar dae probeer ophou, maar natuurlik ook sonder sukses. Soms is dit nogal moeilik want ek wil nie hê familie lede moet sien hoe ek sukkel en elke keer maar net terug val nie.......

    Een ding wat ek wel weet, is dat ons baie maal 'n verlsawing met soetigheid wil vervang, en ek het deur rehablilitaise sentrums geleer, dat dit juis hierdie soetigheid wat ons so eet is, wat "cravings" vinniger aanbring......Ek weet nie presies hoe dit werk nie, maar het dit voorheen op die proef gestel, en wanneer ek soetigheid vermy, is die lus vir rook al hoe minder. Ek is beslis nie 'n kenner op die gebied van hoe om op te hou rook nie, anders sou ek seker lankal opgehou het.

    Ek dink die ding wat dit so moeilik maak om op te hou met rook, is omdat dit sosiaal aanvaarbaar is by ander, en dat mense nie altyd 'n probleem met 'n roker het nie. Wat my wel pla die afgelope tyd, is dat ons liggame aan Christus behoort, en dat ons wel soos ons weet hierdie tempel stelselmatig verwoes......ek weet ook dat ek God moet eer met my liggaam, en daarom is ek ook opsoek na hulp om Hom meer te eer, deur op te hou met rook.........

    Dankie vir die draad wat jy oopgemaak het. Daardie link wat Lanie gegee het, is beslis die moeite werd om te volg, ek het ook aan die program deelgeneem, en sommer baie geleer!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.

    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  5. #5
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by MercyChild View Post
    Hi Manie

    Ek wil baie graag saam met jou hier inspring........Ek is ook 'n roker vir die afgelope 20 jaar......ja ek het op 'n baie, baie vroee ouderdom begin, maar weet daar is ook 'n tyd om op te hou....Ek het nou al 'n paar dae probeer ophou, maar natuurlik ook sonder sukses. Soms is dit nogal moeilik want ek wil nie hê familie lede moet sien hoe ek sukkel en elke keer maar net terug val nie.......

    Een ding wat ek wel weet, is dat ons baie maal 'n verlsawing met soetigheid wil vervang, en ek het deur rehablilitaise sentrums geleer, dat dit juis hierdie soetigheid wat ons so eet is, wat "cravings" vinniger aanbring......Ek weet nie presies hoe dit werk nie, maar het dit voorheen op die proef gestel, en wanneer ek soetigheid vermy, is die lus vir rook al hoe minder. Ek is beslis nie 'n kenner op die gebied van hoe om op te hou rook nie, anders sou ek seker lankal opgehou het.

    Ek dink die ding wat dit so moeilik maak om op te hou met rook, is omdat dit sosiaal aanvaarbaar is by ander, en dat mense nie altyd 'n probleem met 'n roker het nie. Wat my wel pla die afgelope tyd, is dat ons liggame aan Christus behoort, en dat ons wel soos ons weet hierdie tempel stelselmatig verwoes......ek weet ook dat ek God moet eer met my liggaam, en daarom is ek ook opsoek na hulp om Hom meer te eer, deur op te hou met rook.........

    Dankie vir die draad wat jy oopgemaak het. Daardie link wat Lanie gegee het, is beslis die moeite werd om te volg, ek het ook aan die program deelgeneem, en sommer baie geleer!
    MercyChild, Ek het lank laas van jou gehoor en ja, ek het weggehol toe ek weer begin rook het maar nou is ek terug met mening. Hoe gaan dit met die ophou rook aan jou kant? Wil jy nie vir ons kom vertel nie asb.? en vergewe my asb. vir die weghollery?
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  6. #6
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Ek dog dis net ons vroumense wat praatsiek is, Manie.... Hoe gaan dit? Moenie stres en dink mense ignoreer jou nie. MC is nie op die oomblik baie op die forum nie agv persoonlike omstandighede en Willem word nie maklik kwaad nie, hy het dalk net nie die draad raakgesien nie, of hy is te besig met die uitverkorenes draad waar ek en Fila hom probeer indoktrineer.....

  7. #7
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    O ja, en Protea kan grappe vat. Sy is die hêppie-go-luckyste mens hier.

    (Wat bedoel jy met 'n naam soos daai, 'n protea is 'n blommetjie en hier om die forum is nie manlike blommetjies nie - ek hoop...)

  8. #8
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Hi Manie....

    Geluk met jou besluit om op te hou rook. Ek is bevrees ek het nie veel raad om te gee oor hoe ek opgehou het nie. Ek het besluit om op te hou en het opgehou. Al meer as 4 jaar gelede... Ek glo dis net 'n geval van "mind over matter". Maar ek weet in die praktyk is dit nie altyd so maklik nie want dan sou almal so maklik kon ophou, né. Ek het vir 'n paar mense al hierdie link gegee en sal graag wil hê dat jy dit sal uittoets. http://www.settingcaptivesfree.com/home/ Jy kry 'n mentor wat jou daagliks ondersteun wat dieselfde verslawing as jy oorwin het terwyl jy deur 'n bybelstudie-gebasseerde kursus werk. Dit kos 'n bietjie tyd en moeite van jou kant af maar lewer resultate wat die opoffering werd is. Laat weet my asseblief wat jy dink en hoe dit gaan. En ek plaas jou op my gebedslys.... Sterkte!!
    Ek blaai so 'n bietjie deur die ouer poste en kom toe af op die een van Lanie. Hennie, jy kan die gerus probeer. Gaan kyk na die web blad en se my wat jy dink. Hier is 'n aanhangsel aangeheg vir julle om te lees oor onttrekking simptome. Die ding wat ek agterkom is dat 'n mens jou fokus moet verskuif. Fokus daarop om elker keer as jy lus raak vir 'n sigaret te bid of die bybel te lees as jy kan. Ons moet nou ons lewenswyse verander. Ek het nog niks van enigiemand gehoor nie so ek neem aan dat julle of laat slaap of dat julle nog op pad is werk toe. Laat ek hoor van julle asb. Ek het dit nodig. Ek sal maar solank bid:
    Onse God en Almagtige Vader, in Jesus Naam kom ons vanoggend om u te loof en te prys dat U ons gehelp het to vandag - dag 3. Dankie dat U ons deur hierdie dag sal help en dat U aan ons oorwinning deur Jesus Christus sal gee. Amen
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  9. #9
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Ek het nog niks van enigiemand gehoor nie so ek neem aan dat julle of laat slaap of dat julle nog op pad is werk toe. Laat ek hoor van julle asb. Ek het dit nodig.
    Is ek nou deurskynend?

  10. #10
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Is ek nou deurskynend?
    Askies Lanie, maar ek kyk my oe deur op die e-mails en ek sien niks. Ek weet nie wanneer jou pos deur gekom het nie maar het hom nie gesien nie.Het jy al gesien as 'n hond probeer krap waar hy nie kan bykom nie? Dis hoe ek voel vandag en ek het iemand nodig om te krap. Dis hoekom ek so baie praat. Nou, stuur 'n bietjie vir Willem die kant toe dat ek met hom kan gesels nadat julle hom geindoktrineer het. Ek wil ten hemele skree maar weet nie waaroor nie want ek is nie regtig lus vir 'n sigaret nie , ek dink ek moet 'n draai gaan loop. Sien julle.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  11. #11
    Julle boytjies moet sterk wees !
    Hennie, Manie, met sulke ondersteuning kan julle nie anders as om te slaag nie. Bietjie praktiese raad van my kant af :

    - As jy lus raak vir rook, gaan hou jouself besig met iets. Ek het op die eerste dag van nie-rook kort kort my seuntjie in sy stootwaentjie geboender en net gaan stap. Dit het my eindeloos baie gehelp.
    - As jy lus raak vir rook, herrinner jouself aan die redes hoekom jy opgehou het in die eerste plek.
    - Wees trots op jouself. Elke uur sonder 'n sigaret is 'n prestasie. Onthou die ure word dae, en die dae weke, en die weke maande .....
    - Geniet jou nuutgevonde energie ! Na 'n week gaan jy agterkom hoe sleg daai kankerstokkies eintlik vir jou was.

  12. #12
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post

    Dankie Fil, ek het jou stap raad reeds toegepas. Ek het gevoel asof ek teen die mure uitgedryf word en toe stap ek gou kafee toe om brood en melk te koop. Ek het vinnig geloop juis om 'n bietjie te sweet en toe ek terugkom hoes ek my longe uit en ek prys die Here want ek hoes al die gemors uit my longe uit. Nou sien ek weer kans en ons gaan aan. Die probleem is net, intussen deur moet 'n ou 'n salaris verdien en ek werk vir 'n baas. Hy sal nie baie trots wees as hy sien hoe ek sy tyd gebruik nie.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  13. #13
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175

    Oefen en ophou rook

    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Dankie Fil, ek het jou stap raad reeds toegepas. Ek het gevoel asof ek teen die mure uitgedryf word en toe stap ek gou kafee toe om brood en melk te koop. Ek het vinnig geloop juis om 'n bietjie te sweet en toe ek terugkom hoes ek my longe uit en ek prys die Here want ek hoes al die gemors uit my longe uit. Nou sien ek weer kans en ons gaan aan. Die probleem is net, intussen deur moet 'n ou 'n salaris verdien en ek werk vir 'n baas. Hy sal nie baie trots wees as hy sien hoe ek sy tyd gebruik nie.
    As 'n ou jouself begin aanhaal as gevolg van 'n gebrek aan geselskap dan moet jy weet! Ok, Fil, dit wat jy vanoggend gese het werk. Die oefening bedoel ek. As dit vir jou voel jy raak mal dan oefen of stap wat ook al jou beter laat voel. Ek is nogal redelik onaktief en vir my is dit nogal moelik om te begin oefen want ek is maar lui waar dit by goed soos oefeninge ens.kom. Ek het vanoggend al twee keer kan stap. Een keer kafee toe en een keer sommer net en ek het vinnig geloop. My longe uitgehoes toe ek by die huis kom maar goed gevoel daarna en die Here geloofen geprys vir sy hulp en vir julle ondesteuning. Besluit toe om navorsing te doen na tuis oefeninge en op een web afgekom wat dit nogal vir my doen. ‘n Paar basiese oefeninge om mee te begin en dan natuurlik meer ernstige oefeninge soos jy aangaan. Hieronder is die skakel:
    http://www.weightlossforgood.co.uk/home_exercise/improve_joint_mobility.htm
    Orraait Lanie en Protea, ek besef dis 'n weight loss site maar die oefening is goed. Protea, ek het nog niks van jou gehoor vandag nie. Laat weet tog maar en Lanie jy hoef nie weer vir haar te antwoord nie. Ek is seker sy kan vir haar self antwoord.
    Een laaste woord, dankie vir julle ondersteuning en ek is lief vir almal van julle.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  14. #14

    Rokers ondersteuning

    Hi Manie en Almal

    Ja, ek was op daardie website. Sommer so ook na di-eet en goed gekyk. Iewers iets gelees van voedselsoorte wat jou adrenalien opjaag, dink nie dit is wat 'n mens wil hê as jy probeer ophou rook nie.

    Ek probeer nou net min rook, en dan so progressief verminder. Het dit nog nie eintlik beproef nie. Eintlik dink ek ek is 'n bietjie planloos.

    Manie, sterkte, ek moet weghol, maar sal per sel met tye beskikbaar wees.

    Het Skype afgelaai, maar HD is vol, sal hier ook moet poets. Lyk my vandag slaan ek net vure dood. O ja, ek was voor jou op, so +/- 01h00.

    Sterkte
    Hennie

  15. #15
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Manie, as ek so na jou luister sal eks sê jy sukkel op die oomblik met "feeling nervous en jittery"...... Doen jy enigsens enige iets aktief... enige oefening?

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •