Your Advert here
cure-real
Page 12 of 13 FirstFirst 12345678910111213 LastLast
Results 166 to 180 of 182

Thread: Rokers ondersteunings groep

  1. #166
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    vat jou siggies en jou aansteker, en gaan gooi dit in die asblik.
    Laat my tog toe om net hier ietsie te sê

    Gaan bêre eerder die aansteker in die kas, toe ek gerook het het ek nooit gesukkel om 'n braaivleis vuur aan te steek nie, toe ek ophou en die aanstekers ook weggooi, toe het ek wraggies nooit iets om die vuur aan te steek nie

    Dit nou net op 'n ligte noot natuurlik Ek kon nie die presiese dag onthou nie, maar hierdie maand sal dit 2 jaar wees wat ek opgehou het, ek is werklik baie dankbaar.

    Nou net so ietsie om by te voeg wat vir my snaaks is van rokers, mens kan hulle vir jou planne beraam, waar om vinnig skelm 'n rokie te maak, hoe om 'n 'n vergadering uit te glip as dit nie meer kan uithou nie en nog baie ander dinge maar die verstommendste is juis wanneer dit kom by daai aanstekers en die goed weg is of iemand dit weggedra het of hoe dit ookal sy, jy nie een het nie en daai sigaret aangesteek moet word, man, ek het sigarette al in die oond aangesteek, met die toaster,my gesig al amper verbrand om hom aangesteek te kry by 'n kuier vuur, die verstommendste maniere darm maar

  2. #167
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post

    Gaan bêre eerder die aansteker in die kas, toe ek gerook het het ek nooit gesukkel om 'n braaivleis vuur aan te steek nie, toe ek ophou en die aanstekers ook weggooi, toe het ek wraggies nooit iets om die vuur aan te steek nie
    Jy praat nou so, maar dit het my wraggies gekos Game toe ry om van daardie spesiale aanstekers met die lang punte (dit is nou daai wat spesiaal vir vuur-aansteek ontwerp is, maar te ongemaklik is om in jou sak te hou) te gaan koop want ek het met die presiese probleem gesit !

  3. #168
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Probeer 'n vuur aansteek met jou kar se aansteker, dis pret

  4. #169
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Johannesburg
    Posts
    5

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Hallo almal, ek hoop julle kan my nog onthou. My "user name" is nou wel anders maar ek is nog dieselfde ou. Manie Verster is my naam en ek het hierdie draad begin and na die lank tyd wat ek weg was is ek bly om te sien die forum staan nog. Ek moes agv spam my e-pos adres kanselleer en het my wagwoord vergeet om hier in te teken en het nou besluit genoeg is genoeg. Ek verlang na my vrinne en wel hier is ek!!! Kan nie wag om van julle te hoor nie!!!!

  5. #170
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Quote Originally Posted by manster View Post
    Hallo almal, ek hoop julle kan my nog onthou. My "user name" is nou wel anders maar ek is nog dieselfde ou. Manie Verster is my naam en ek het hierdie draad begin and na die lank tyd wat ek weg was is ek bly om te sien die forum staan nog. Ek moes agv spam my e-pos adres kanselleer en het my wagwoord vergeet om hier in te teken en het nou besluit genoeg is genoeg. Ek verlang na my vrinne en wel hier is ek!!! Kan nie wag om van julle te hoor nie!!!!
    Kan jy nou meer! Manie, welkom terug! Daar is nie 'n smiley vir 'n broederlike klop op die skouer nie, so ek gebruik maar die ene:

  6. #171
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Johannesburg
    Posts
    5

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Dankie my broer!!! Dis nou 'n lekker verwelkoming!!! Sien jou in die rondte!!!

  7. #172
    Join Date
    Aug 2011
    Location
    Johannesburg
    Posts
    5

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Nou ja, ek wil graag die draad weer lewe in blaas want jy sien ek het weer begin rook en ook weer opgehou!! Enigiemand wat wil ophou rook?!

  8. #173
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Hallo Manie! Ek het al gewonder wat het van jou geword en of jy nog vasstaan in die nie-rook-gewoonte. Hou so aan!

  9. #174
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Het ook opgehou so tydjie terug en nie weer begin rook nie. Is baie beter vir my, behalf dat die vark wat bo my woon nou rook, en sy stompies van bo af op my gras gooi (dit is hoekom hy 'n vark titel dra)

    Die ouens wat wil ophou... Onthou jy kan dit nie sonder Yeshua se hulp doen nie. As jy waarlik wil ophou rook, vertrou op Yeshua om jou krag te gee. Onthou ook om die bose te weerstaan. Dit help regtig nie jy wil ophou, maar koop steeds pakkies kanker stokkies nie.
    En onthou rook is maar op die einde van die dag 'n oop deur wat satan krag gee om jou lewe uit mekaar te ruk... Al ooit gewonder hoekom mense wat 'n drank problem het so lekker kan rook... Die goedjies werk saam mense...
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  10. #175
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Die BESTE ding wat 'n roker kan doen om sy gesondheid te verbeter is: Om op te hou rook!

    Sterkte maters! Vra maar sodat ons julle in gebed kan opdra...

  11. #176
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Cullinan, South-Africa
    Posts
    31

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Ek het 6 Desember 2011 laas 'n sigaret gerook. Amper 'n maand nou. Ek het soveel keer misluk tydens my filistyn dae. Maar toe ek nou die Here in my lewe gekry het het ek met Sy krag die sigarette weer aangevat. Sonder die Here se hulp sou ek dit nie kon los nie.

  12. #177

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Quote Originally Posted by Mazal View Post

    Mazal, ek is nou al jaaare vry van rook - dit was nie maklik nie (om die waarheid te se was die eerste drie maande letterlik hel), maar die Here het my sterk gemaak en gedra. Met die krag van Jesus, die Eniggebore Seun van God, kan ons van enige verdowingsmiddel (insluitende drank en rook) bevry word.

    Ek wil jou aanmoedig om net styf vas te hou aan God, en om nie in te gee of op te gee nie. Mag God jou krag gee en heeltemal vry maak van die rookgewoonte en nikotien afhanklikheid.

    in Hom
    B.
    -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------

    "for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28

    1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).

  13. #178
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Cullinan, South-Africa
    Posts
    31

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Quote Originally Posted by paidforinfull View Post
    Mazal, ek is nou al jaaare vry van rook - dit was nie maklik nie (om die waarheid te se was die eerste drie maande letterlik hel), maar die Here het my sterk gemaak en gedra. Met die krag van Jesus, die Eniggebore Seun van God, kan ons van enige verdowingsmiddel (insluitende drank en rook) bevry word.

    Ek wil jou aanmoedig om net styf vas te hou aan God, en om nie in te gee of op te gee nie. Mag God jou krag gee en heeltemal vry maak van die rookgewoonte en nikotien afhanklikheid.

    in Hom
    B.
    Baie dankie , ja dit was bitter moeilik die eerste week. Toe voel ek puik in die tweede week. En toe op week 3 tot nou toe kry ek weer baie swaar met die lus. En dis dan wat mens se kop allerhande dinge kwyt raak. Maar ek hou net vas aan die Here. Is al waarop ek my hoop vestig.

  14. #179

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Quote Originally Posted by Mazal View Post
    Baie dankie , ja dit was bitter moeilik die eerste week. Toe voel ek puik in die tweede week. En toe op week 3 tot nou toe kry ek weer baie swaar met die lus. En dis dan wat mens se kop allerhande dinge kwyt raak. Maar ek hou net vas aan die Here. Is al waarop ek my hoop vestig.
    Ek bid vir jou:

    "Hemelse Vader, ek vra in die Naam van U Eniggebore Seun Jesus, die Christus, om Mazal aan te raak, te versterk en te bevry van nikotien-verslawing. Dankie Here. Amen."
    -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------

    "for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28

    1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).

  15. #180
    Join Date
    Jan 2012
    Location
    Cullinan, South-Africa
    Posts
    31

    Re: Rokers ondersteunings groep

    Baie dankie , ek sal aanhou veg met die Here se krag.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Tags for this Thread

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •