Re: Rokers ondersteunings groep

Originally Posted by
Mazal
Ek het 6 Desember 2011 laas 'n sigaret gerook. Amper 'n maand nou. Ek het soveel keer misluk tydens my filistyn dae. Maar toe ek nou die Here in my lewe gekry het het ek met Sy krag die sigarette weer aangevat. Sonder die Here se hulp sou ek dit nie kon los nie.
Mazal, ek is nou al jaaare vry van rook - dit was nie maklik nie (om die waarheid te se was die eerste drie maande letterlik hel), maar die Here het my sterk gemaak en gedra. Met die krag van Jesus, die Eniggebore Seun van God, kan ons van enige verdowingsmiddel (insluitende drank en rook) bevry word.
Ek wil jou aanmoedig om net styf vas te hou aan God, en om nie in te gee of op te gee nie. Mag God jou krag gee en heeltemal vry maak van die rookgewoonte en nikotien afhanklikheid.
in Hom
B.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Bookmarks