Your Advert here
cure-real
Results 1 to 14 of 14

Thread: Sielsgenote

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,444
    Blog Entries
    10

    Sielsgenote

    Ek weet nou nie of die Afrikaans dieselfde is as die Engelse :"Soul ties" nie, Maar die vraag gaan oor 'Soulties' ...

    Wat is dit, en wat weet jy daarvan??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  2. #2
    Iets waaraan ek vinnig kan dink (ek moet nou ry daarom die vinnige post):

    Dawid se siel was verkleef aan God!

    Wat 'n insperasie vir ons!

    Lees Ps 42, 43 en 63.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Die enigste konteks waarin ek nog gehoor het van "soul ties" is waar 'n man en 'n vrou gemeenskap het en een word. Dan word julle siele aan mekaar verbind. Dis wat ek gehoor het, ek weet nie of daar waarheid in steek nie. Ek is op hierdie stadium so uiters versigtig om sommer net enige iets vir soetkoek op te vreet, want my oë het oopgegaan vir die gemors daar buite wat aan christene gevoer word en wat hulle sommer goedsmoeds aanvaar as die waarheid. So ek dink ons sal moet gaan kyk of dit so in die Woord beskryf word?

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,444
    Blog Entries
    10
    Lanie jy is heeltemal korrek, dit het te doen met die sieleband wat tussen twee mense gesmee word wanneer daar geslags gemeensakp plaasvind, as ons kyk na Gen 34:1 En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken.
    2 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar ontee
    r.En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek.

    KJV: Gen34:3 And his soul clave unto Dinah the daughter of Jacob, and he loved the damsel, and spake kindly unto the damsel.

    ... nie net tussen getroudes nie, maar ook wanneer 'n mens verkrag word, of buite die huwelik gemeeskap het...

    Wanneer 'n mens se siel so verkleef (vas gebind) is aan baie siele..... hoe kan jou siel dan soos psalm praat van , aan G_d verkleef raak, dan kan dit kan mos nie ..... en is 'n grondige rede vir gebed tot bevryding
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Ekskuus, maar die manier hoe julle soms met die Woord omgaan, verstom my telkens. Julle maak alles so ingewikkeld. Mense, kyk tog na die konteks en die betekenis van wat daar staan, en moenie jou blind staar teen spesfieke woorde nie. Gen 34:1-3 kan nie gebruik word om te motiveer dat die term "soul ties" enige iets met seksuele omgang te doen het nie. Dit is bloot 'n manier van praat, en dit se bloot dat Sigem op Dina verlief geraak het, nadat hy met haar gemeenskap gehad het....

    Onthou dat die Bybel deur mense geskryf is (natuurlik deur die HG geinspireer) Maar mense het maar elkeen sy eie manier om 'n ding te se, sekere woorde of uitdrukkings is eie aan sekere mense. Dit is vandag nog net so. En om te se, "sy siel het verkleef geraak aan haar..." het geen ingewikkelde of diepere betekenis nie. 'n Ander manier om dit te kon se, sou wees "hy het sy hart op haar verloor...." Dit sou tog nie beteken het dat sy hart nou letterlik weg was nie?

    Die term "sielsgenote" beskryf bloot twee mense wat baie geheg is aan mekaar, wat mekaar verstaan en aanvul, wat alles met mekaar kan deel, en mekaar se grootste maats is. Die term se eintlik letterlik dat hulle "siele ooreenstem" of "aanmekaar verbind is." Myns insiens behoort elke getroude paar "sielsgenote" te wees. (En soos Psalm tereg opgemerk het, was Dawid en God as't ware "sielsgenote" - iets om na te streef)

    Dit is vir my absurd om te glo dat twee mense wat geslagsgemeenskap met mekaar het, nou sielsgenote gaan wees. (Daarmee keur ek hoegnaamd nie seksuele omgang buite die huwelik goed nie, maar dit is 'n ander onderwerp) Skies, maar dit is hoe ek dit sien.

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,444
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Gene View Post

    psalm, ek het gese ek weet nie of "Sielsgenote" die regte woord is nie, miskien eerder "Siels verklewing" ek is nie so seker van die Afrikaanse term nie
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  7. #7
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Oom Gene, soos ek ook in my eerste plasing hier bo sê, ek is nie so seker of dit wat ek gehoor het van "soul ties" die waarheid is nie. Maar dis die enigste soort soul ties waarvan ek al gehoor het.... of dit wat ek gehoor het die waarheid is, is ek nie so seker van nie. Ek stem ook saam dat hierdie tipe "soul ties" waarvan ek mense al hoor praat het en die term sielsgenote twee heeltmal verskillende goed is. Ek het 'n vriendin wat vir my 'n sielsgenoot is.... Ek glo mens kan in enige mens 'n sielsgenoot vind, dit hoef nie net jou eggenoot te wees nie. Maar natuurlik is dit die ideaal dat 'n man en sy vrou sielsgenote moet wees....

  8. #8
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Okeeey!!! Ek was alweer te haastig, julle praat van iets heel anders....Ek ken nie die term "soul ties" in 'n ander sin as "sielsgenote" nie. Maar ek aanvaar dit kan waarskynlik na iets anders verwys. Maar ek dink steeds nie dat gemeenskap met iemand kan veroorsaak dat julle "siele aan mekaar kleef" of dat dit enige tipe van "verbintenis" veroorsaak nie - veral nie gedwonge gemeenskap nie. Onthou dat Sigem op Dina "verlief" geraak het, nie sy op hom nie....? Maar goed, ek gee toe, ek weet nie regtig waarna die term "soul ties" verwys nie.

    Terloops, ACCM, my naam is Gene (nie Psalm nie!) En Lanie, ek is nie met jou tannie getroud nie!

  9. #9
    Hierdie is 'n moeilike ene en ek sien al hoe skuif hierdie draad kontro toe.

    Persoonlik is ek ietwat skepties oor die idee van "soul ties" , en ek sukkel om dit in die Bybel raak te lees. Verstaan mooi, ek maak glad nie afbreek aan die spesiale band tussen man en vrou nie (dit wat God bymekaar gevoeg het) maar of dit mens se siel beinvloed, is ek glad nie so seker van nie.

    Die Bybel praat wel van VLEESLIK een word :

    1 Cor 6:16 Of weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
    ...maar wat is die korrekte eksegese hiervan ? Gaan dit slegs oor prostitusie en die vleeslike teenoor die geestelike ?

    Mynsinsiens gee die Corinthe brief tog die antwoord vir "soul ties" :

    1 Corinthians 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
    Die vraag wat ons dus moet vra, is of ons ons siele met andere kan deel indien dit in die eerste plek nie aan ons behoort nie, maar aan God. Dit is tog Hyself wat dit in die eerste plek "in ons neuse geblaas het" (Vergelyk Genesis skeppingsverhaal)

  10. #10
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    En Lanie, ek is nie met jou tannie getroud nie!
    Jammer Meneer, maar meneer moet verstaan dat hier onlangs 'n onderonsietjie was oor respek en meneer kon my pa gewees het...

  11. #11
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Jammer Meneer, maar meneer moet verstaan dat hier onlangs 'n onderonsietjie was oor respek en meneer kon my pa gewees het...
    Oupa ook. >>>>>>>>>>>>>

  12. #12
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,444
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Gene View Post

    Terloops, ACCM, my naam is Gene (nie Psalm nie!) En Lanie, ek is nie met jou tannie getroud nie!
    My humble appologies
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  13. #13
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Jammer Meneer, maar meneer moet verstaan dat hier onlangs 'n onderonsietjie was oor respek en meneer kon my pa gewees het...
    Ek het regtig nie meer woorde nie, Dogter..... (Fila, stil daar in die kombuis, hierdie gaan jou nie aan nie )

  14. #14
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Oom Gene......... Ons is mos familie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •