Tog sê Christus vir ons ons moet waak en bid, ons moet ons klere gereed hou, ek sal tog sê dat as mens oortuig is van die wegraping, dan gaan daardie persoon nie leef asof daar nie 'n wegraping gaan wees nie, dit sal dan teenstrydig met sy oortuiging wees dat hy moet waak en bid en dink ek is dalk om jou oortuiging effe te verkrag, so half om 'n agterdeur oop te los. Ek dink dit het van ons baie liberaal gemaak in ons teologie, ons staan vir niks en ons val vir enigiets, jy weet, dalk is die Sewende Dagse Adventiste reg, kom ons onderhou eerder die Sabbat net vir ingeval. Wel, ek sê nie dit is wat jy glo of jou hart hieraangaande nie, ek sien net waarop dit wel kan uitloop.

.
Bookmarks