Your Advert here
cure-real
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 15 of 38

Thread: Kuier, kuier, kuier!!!!

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184

    Kuier, kuier, kuier!!!!

    Ons wil graag 'n Lighuis-kuier/braai reël, as dit die Here se wil is, vir Saterdag 11 April. Ta-An en haar man was so gaaf of hulle plekkie vir ons beskikbaar te stel. Dis êrens in Pretoria (as ek dit reg het, An?) So dit is redelik sentraal, behalwe nou vir al die maatjies in KZN en die Kaap... (sorry jong... julle moet maar julle strandhuise vir die Gautengers beskikbaarstel sodat ons 'n slag daai kant toe kan kom.... (ek was nog nooit eers verby Kimberley nie... ))

    Een en almal is welkom. Indien jy en jou vroutjie (oeps - of hubbie) en kiddies en poedel en hamsters wil kom saamkuier, laat weet my asseblief op hierdie draad sodat ons verdere reëlings kan tref. Ons gaan net lekker kuier, mekaar beter leer ken en 'n broodjie saam breek. Elke ou moet sy eie eetgerei, vleis en koeldrank saambring (geen drank word daar toegelaat nie...) en ek dink seker stoele, né An? Ek sal dan later meer reëlings deurgee oor slaaie en ander bykosse vir die vroutjies... en die manne moet asseblief net reël vir braaiers en daai tipe goed.... dis nie ons afdeling nie....

    So... wie sien kans om vir Phil te ontmoet????

  2. #2
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    So... wie sien kans om vir Phil te ontmoet????
    Ai jai jai jai jai jai jaaaaaaaaiiiiiii. Ek is nie SO 'n bad mens nie, julle darm

  3. #3
    Quote Originally Posted by Lanie View Post


    So... wie sien kans om vir Phil te ontmoet????

    Ek self is bietjie ..uhhmmmm ..... "versigtig".

  4. #4
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Versigtig vir wat, jy ken al my geite persoonlik. Ai en ek noem julle vriende

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Ek het vergeet om te sê, daar is ongelukkig nie slaapplek by Anneke vir die wat vêr ry nie, maar daar is 'n klomp B&B's en oornagplek binne 'n 5km radius van hulle huis. En vir die wie se budget so vrot soos myne lyk sal ons boere tussen ons 'n plan kan maak. Ons self gaan by my ouers kuier en daar is ekstra slaapplek vir 1 gesinnetjie minus die poedel....

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10
    Julle kan maar die eetgerei los, ek het genoeg, los asseblief net julle hamsters en poedels by die huis.

    My swembad area is nie omhein nie en dit is reg by die voordeur

    Lanie, 'n goeie uur suid van Pretoria

    Daar is 3 hotelle binne 3km omtrek vir slaap plek.
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  7. #7
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Tannie Ann

    Hoe ver anderkant Centurion? Of sommer makliker, waar presies is julle?

    Hoef nie presiese adres te gee nie, net waar, Gauteng is vir my soos 'n land op sy eie, 'n land wat ek nie graag besoek nie

  8. #8
    Tannie An, 'n adres per pm asb ? Sodoende kan Racheltjie, my trusty Gee-pee-ês die navigasie werk doen.

  9. #9
    Quote Originally Posted by ACCM View Post

    My swembad area is nie omhein nie en dit is reg by die voordeur
    Sal mens dit maak as iemand, hoogs teoreties natuurlik, van die dak af sou spring ?

  10. #10
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Sal mens dit maak as iemand, hoogs teoreties natuurlik, van die dak af sou spring ?
    Jy maak alweer my dag!!!

  11. #11
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494
    Ek hoop my dinge werk reg uit, want ek moet iemand sien vir besigheid en dit kan net dalk in daardie tyd wees, dan kan ek ook weer vir Phil ontmoet...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  12. #12
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Ek hoop ook so, Ferdi... Ek gaan darem vreeslik teleurgesteld wees as ek jou nie ook van aangesig tot aangesig kan ontmoet nie. Ek moet darem vir myself sien of alles wat Phil my vertel, die waarheid is....

  13. #13
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Ek het nou nie eers die ergste van Ferdi vertel nie

  14. #14
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ek het nou nie eers die ergste van Ferdi vertel nie

    oe ! oe ! oe ! Wag, ek gaan haal gou die popcorn dan vertel jy bietjie vir ons.

  15. #15
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    oe ! oe ! oe ! Wag, ek gaan haal gou die popcorn dan vertel jy bietjie vir ons.
    Oppas dat ek nie jou skandes uit hom uit trek nie....

    Okay, WIE GAAN SAAMKUIER???

    Lanie +3 (2 kiddies)

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •