Hierdie berig gedateer Feb. '09 is uiters kommerwekkend.
Die meeste van ons het seker gehoor van hierdie meisie wat naakfoto's van haarself via Mxit aan 'n grootmens verkoop het, maar het ons van die "storie agter die storie" gehoor ?

Die mees kommerwekkendste van hierdie hele besigheid is dat dit blykbaar moontlik is vir hierdie siek mense om, sodra daar geld gedeponeer is , presies uit te vind waar hierdie kinders hulleself bevind, hetsy via kontakte by die kind se bank of die selfoon maatskappy wat sy gebruik.
Wat veral belangrik is om op te let is dat hierdie misdade nie deur enkeling- sweterige mannetjies in donker kamers gepleeg word nie , dit is deel van 'n hoogs georkestreerde misdaadvlaag wat beplan en uitgevoer word deur sindikate met kontakte reg oor die węreld. As hulle eers hulle kloue in jou kind het is daar groot moeilikheid wat jy nie sommer op jou eie sal kan hanteer nie.

In hierdie geval het die kind se ma onraad vermoed en betyds daarop gereageer (ten spyte van 'n protesterende kind! ) , maar waar sou dit geindig het indien sy, soos ons so baie kere moet hoor , haar minderjarige se "privaatheid" in ag geneem het en haar eie vrese ge-ignoreer het ?

Dalk sou dit die uitkoms gewees het ?