Your Advert here
cure-real
Results 1 to 7 of 7

Thread: kind se self moord

  1. #1

    Red face kind se self moord

    my kind het self moord gepleeg nou sit ek metr baie vra en wil graag meer uit vind oor die onder werp. Aangesien daar nou baie emosies is soos kwaad,hartseer,waarom ens

  2. #2
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,469
    Blog Entries
    10
    Welkom hier by ons
    Eerstens,,,, my innige simpatie met jou oor die verlies van jou kind
    Maak nie saak wat die rede hiervoor was nie, 'n mens se kind is jou vlees en bloed, en dit maak baie seer.

    Was hy nog op skool?
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  3. #3
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Ai Nico, My hart bloei vir julle. Baie welkom by ons. Ek weet nie of jy al die antwoorde gaan kry nie, maar ek bid dat jy vertroosting mag ontvang.

  4. #4
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Nico

    Ek huil vir jou! Niks wat enigiemand se, gaan dit nou vir jou makliker maak nie. Maar dit is moontlik om vrede te kry....

    Aangesien jy die draad in hierdie subforum oopgemaak het, wil ek jou graag vra, is jy 'n christen? Hoe voel jy oor die Here?

    Gene

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484
    Quote Originally Posted by nicovanrensburg View Post
    my kind het self moord gepleeg nou sit ek metr baie vra en wil graag meer uit vind oor die onder werp. Aangesien daar nou baie emosies is soos kwaad,hartseer,waarom ens
    Welkom by ons Nico! Hoe gaan dit op die oomblik met jou, as jy wil, laat weet asseblief?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die rouproses.

    Nico , ons bid vir jou en jou gesin die Almagtige God van hemel en aarde se onderskraging toe. Jy mag en MOET rou oor julle kind en moet asseblief nie hierdie rouproses probeer omseil nie . Om weer heel te raak moet jy en jou gesin deur hierdie proses gaan al is dit HOE pynlik. Jy mag met die Here stoei om antwoorde te kry . Of jy dit gaan kry weet ek nie ,maar God se VREDE wat alle verstand te bowe gaan, is vir almal beskikbaar.
    Kan jou vrou nie ook by die forum aansluit nie? Want deur te praat en te skryf oor so n trauma in jul lewe, verwerk mens dit geleidelik. Natuurlik sal jy dit nooit vergeet nie, maar genadiglik bring die Here weer Sy kalmte , rus en vrede in n mens se hart.
    As julle nie die saak op die oop forum wil bespreek nie , gebruik die draad waar slegs die moderators insig in het.
    Ons bly bid vir julle as gesin

  7. #7
    Join Date
    Aug 2009
    Location
    South Africa
    Posts
    33

    Hoekom?

    Ek het eendag 'n storie gesien waarin die een onsterflike, omdat hy nie geweet het hoe dit werk nie, 'n ander onsterflike vra:
    Hoe is dit moontlik dat ek nie kan doodgaan nie?
    Die ander, ouer een het geantwoord:
    Hoekom kom die son in die Ooste op?
    Duidelik het hy nie geweet wat die antwoord was nie.
    Hoekom het julle kind selfmoord geplaag? Ek weet nie.
    Wat ek wel weet is dat daar baie dinge in hierdie wereld gebeur wat ons nie dink noodwendig deel van God se plan met ons is nie en dat ons dit nie altyd verstaan nie. Maar wat ek wel weet is dit: God het 'n plan. En dit sluit ons in. Die goeie, die slegte, alles het 'n doel.
    Ester het gedink sy word maar net nog 'n koninging, maar daar was 'n doel agter haar heerskapy.
    Ester 4:14.
    Om nie eers te praat van Josef nie...
    Genesis 50:19 - 21.
    In vandag se lewe is verslawing en selfmoord op die top van die polisie se lys. (Buiten prostitusie en moord).Mense skram weg daarvan omdat dit so teer saak is, maar wie weet, dalk het God juis julle (ek praat van julle want ek weet nie of jy alleen is nie) gekies om 'n verskil te maak. Baie mense gaan deur sulke trauma en gaan kruip weg in die wereld, maar jy het die hemelse kom soek. Dankie daarvoor Nico.
    Onthou dit, Nico...
    Openbaring 3:12
    Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.
    Wees geseend....en hou vas aan die geloof!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Jy mag nie moord pleeg nie.
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 17
    Last Post: Feb 1st 2009, 11:20 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •