Your Advert here
cure-real
Results 1 to 14 of 14

Thread: Die hoender wat 'n eier nie kan le...

  1. #1
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630

    Die hoender wat 'n eier nie kan le...

    Weet enigeen dalk waar kom die haan op kerktorings vandaan? Waarom juis 'n hoenderhaan? Is dit dalk op 'n manier 'n verwysing na Petrus wat Jesus verloen het? (Dis sover ek weet, die enigste verwysing na 'n hoenderhaan in die Bybel?)

    Iets wat in ons gemeente gebeur het, het hierdie vraag laat ontstaan. Tydens ons sendingweek stap 'n groep chinese onverwags die kerk binne tydens 'n erediens. (Hier is sowat 400 chinese in ons dorp wat vir 'n aantal jare kontrakwerk doen vir 'n plaaslike sementfabriek) Dit was duidelik dat die Here vir ons as gemeente iets hierdeur wou se, en om 'n lang storie kort te maak, die gemeente het 'n pad begin stap met 'n klompie van hierdie chinese. Maar een van hulle het d.m.v. 'n tolk sy verbasing uitgespreek om te verneem dat hierdie 'n christelike gemeente is, juis omdat daar 'n hoenderhaan op die toring is. Waar hy vandaan kom, het chrstelike kerke almal kruise. Maar 'n hoenderhaan het totaal 'n ander konnotasie in die chinese kultuur. Hulle word gebore onder dieretekens, waaronder daar ook 'n hoenderhaan is.... Wat die betekenis van die haan in die chinese kultuur is, kon ons nog nie vasstel nie, maar dit het beslis niks met Christus te doen nie.

    Nou wonder ek net waar kom die haan in die eerste plek vandaan. As dit 'n verkeerde boodskap uitstuur vir ander kulure, dan sal ons weer moet gaan besin daaroor....

  2. #2
    Dit wil voorkom asof jy reg is oor die betekenis van die hoenderhaan Gene.
    Die regte afrikaanse benaming is "weerhaan" vertaal van die ingils : "weathercock".





  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    Gene, en dan is dit ook moontlik dat die haan, niks met 'n hoender te doen het nie

    Die man wat die einde van die wag aangekondig het, is 'n 'haan/cock' genoem , daar was geen horlosies in daardie tyd nie, so daar was 'n fisiese persoon wat die werk gedoen het van om 'tyd' aan te konding, so met die ruil van die wag, het die 'haan' gekraai.

    En so die verdere konotasie
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  4. #4
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Dis regtig interressant - iets waaroor ek nog nooit voorheen gedink het nie. Dankie julle!

    Hoe voel julle oor die negatiewe konnotasie wat die chinese daaraan heg? Moet 'n mens nie dan maar liewer ontslae raak daarvan nie? Veral in die lig van 1 Korintiers 8 : 9-13

  5. #5
    Hallo Gene,

    Blykbaar simboliseer die hoender 'n goeie huwelik en samekoms van verskillende families.
    Hoender pote word tradisioneel saam met kreef (lobster) voorgesit wat dan die draak en Phoenix simboliseer.
    Dit is wat ek maar so langs die pad gehoor het.
    Wat die draak en phoenix simboliseer weet ek nie.

    Die Chinese kultuur is baie ryk aan allerlei tradisies, bygelowe en snaaksighede. Ek het sjokolade aan my verwagtende Chinese kollega aangebied, en sy het dit van die hand gewys en genoem dat sy wil he dat haar baba 'n ligte vel kleur moet he! Regtig. Sy glo dat sjokolade 'n baba 'n donker gelaatskleur sal gee. En onder die Chinese is 'n donker gelaatskleur nie iets om op trots te wees nie, want dit sou dan beteken dat jy waarskynlik buite onder die son werk, en dan van laer klas is. Dis maar net een voorbeeld.

    Ek het nou ook my vrou (sy is Taiwanees, eintlik maar Chinees) en 'n vriendin gevra of die haan 'n besondere betekenis dra waarvan hulle weet. Sy't geen idee nie. Haar generasie het baie van die tradisies en bygelowe ontleer.

    Baie van die bygelowe en tradisies kom vanuit Taoism, wat op sy eie 'n geweldige bree godsdiens is, met geweldig baie vertakkings in die geloof.

    So wat bv. die een Taoist Chinees glo oor die haan, kan heeltemal verskil van wat sy Taoist buurman om die hoek glo oor die haan. En dan is daar natuurlik nog Buddism en......


    Maar ek sal graag wil weet waar die haan op die kerk toring vandaan kom.

    Groete
    Paul

  6. #6
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Hoe voel julle oor die negatiewe konnotasie wat die chinese daaraan heg?
    Gene, jy gaan moeilik aan enige dier/voël/vis dink waaraan die chinese nie een of ander betekenis gekoppel het nie. Hulle sit met ongelooflike komplekse sosiale en kulturiele sisteme en dit is onvermydelik dat daar simbole gaan wees wat betekenise het vir alby kulture. Ek dink die haantjie kan maar bly waar hy is....en dalk leer die chinese in jou gemeente nou iets nuuts, wat hulle opnuut wardering sal gee vir die haan , en die negatiewe 'n positiewe maak ?

  7. #7
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    Gene, en dan is dit ook moontlik dat die haan, niks met 'n hoender te doen het nie

    Die man wat die einde van die wag aangekondig het, is 'n 'haan/cock' genoem , daar was geen horlosies in daardie tyd nie, so daar was 'n fisiese persoon wat die werk gedoen het van om 'tyd' aan te konding, so met die ruil van die wag, het die 'haan' gekraai.

    En so die verdere konotasie
    Volgens Josephus, die geskiedskrywer, was daar nie hoenders in Jerusalem toegelaat nie, omdat hoenders enige plek inloop en so in die tempel kon beland en dit ontheilig.

  8. #8
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by marline View Post
    Volgens Josephus, die geskiedskrywer, was daar nie hoenders in Jerusalem toegelaat nie, omdat hoenders enige plek inloop en so in die tempel kon beland en dit ontheilig.
    YES!! Ek dink die woord was "Crier" of in Grieks dan : ‘alektor’
    Hy het eintlik 3 keer geroep om aan te kondig om die gereedmaking te begin van sekere tempel dienste ... soos bv. oggend offers en gebede...twee keer vir die Priesters en Leviete bedoel en derde keer om die Israeliete te roep om te kom aanbid. maar vir die oueres onder ons, kan julle die "aandklokreël" se sirene onthou?? Ek dink aan so iets, maar dit was 'n man nie 'n hoederhaan
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  9. #9
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Annieke

    Dit plaas nogal 'n ander perspektief op die Petrus storie met die "haan" ??.....
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  10. #10
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by mari View Post
    Annieke

    Dit plaas nogal 'n ander perspektief op die Petrus storie met die "haan" ??.....
    Dit is net so Marie, want dit is nie of Petrus "onverhoeds uitgevang" is nie, hy het geweet van wanneer die "haan" sou kraai
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  11. #11

    Hoenderhaan

    Hallo almal

    Die haan word deur die Chinese gebruik om fortuin te vertel, net soos die wat met die astrologie en sterre beelde doen. Daar is ook so iets soos die jaar van die haan in hul kalender. tja, die ouens wat julle besoek het kon seker nie hul "geluk" glo om so iets hier teë te kom nie.
    Verder het ek ook gehoor dat dit een van die simbole van die vry messelaars is. Baie van die ou kerke in ons land is deur hulle finansier, daarom die haan bo op die toring.
    Ek persoonlik hou nie van sulke simbole nie, en veral waar soiets nie inpas nie. My raad is haal hom af en sit 'n kruis op. Dit maak in elk geval meer sin.

    Iewers op die web is daar 'n verduideliking van al die symbole en hul opposisie wat hulle uitbeeld teen die Christendom, maar die adres het ek verloor.

    Groete
    Hennie

  12. #12

    Hoender haan

    Hallo almal

    Het so bietjie gesoek op die web:-
    cock - In most cultures, the cock is an attribute of the sun or sun gods and relates to the masculine principle. In Buddhist symbolism, the cock symbolizes carnal passion and pride. For the Chinese, it is the yang (masculine) principle, courage, and faithfulness. In Japanese Shinto symbolism, the cock stands on the drum calling people to prayer. For Christians, the cock may be connected with the resurrection of Christ or with St. Peter, either banishing evil and darkness or reminding us of human weakness and repentance.

    http://gocek.org/christiansymbols/?search=animal
    Die link hierbo gee 'n lys van simbole. Die enigste plek in die Bybel wat ek van weet waar God 'n simbool toelaat is hier:-
    Num 15:38 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies 'n draad van pers stof vasbind.
    Num 15:39 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
    Dit lyk mens sal maar goed oor die saak moet besin. Ek hoop die info help julle daarin.

    Groete
    Hennie



  13. #13
    Join Date
    Dec 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    175
    Quote Originally Posted by Hennie du Buisson View Post
    For Christians, the cock may be connected with the resurrection of Christ or with St. Peter, either banishing evil and darkness or reminding us of human weakness and repentance.
    Hennie, dit klink beter as om die haan af te haal. Gene, ek dink nie ons moet die bobbejaan agter die bult gaan haal nie. 'n Kerk is 'n plek van aanbidding en waar ons gaan om te leer, waar ons die Gees toelaat om ons te leer. Moenie laat simbole julle ontspoor nie, dis elke mens se prerogatief om God te aanbid soos hy/sy wil. Gaan in jou binnekamer (jou hart) nie hoe die gebou lyk waar jy aanbid nie. Wat dan van die klokke wat luiop 'n Sondag more. Party mense verpes dit en vir ander beteken dit dis Sondag en ek gaan kerk toe. Alhoewel ons kerk nie 'n klok laat lui op Sondag nie, kry ek so 'n warm gevoel om my hart as ek daai klokke hoor lui.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  14. #14
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Quote Originally Posted by manieverster View Post
    Wat dan van die klokke wat luiop 'n Sondag more. Party mense verpes dit en vir ander beteken dit dis Sondag en ek gaan kerk toe. Alhoewel ons kerk nie 'n klok laat lui op Sondag nie, kry ek so 'n warm gevoel om my hart as ek daai klokke hoor lui.
    Daar is niks mooier as sulke klokke spel nie. Ek het op Piet Retief groot geword, en elke kersfees het die AGS kerk die kersliedere met die klokke uitgespeel wat oor die hele dorp weergalm het. Ongelooflik mooi!!!!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •