Your Advert here
cure-real
Results 1 to 7 of 7

Thread: Hoe om uiting te gee aan woede of teleurstelling?

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184

    Hoe om uiting te gee aan woede of teleurstelling?

    Hoe leer mens jou kinders om uiting te gee aan hulle woede, furstrasies of teleurstellings sonder om te sondig? Ek as ouer kan nie net vir my kinders sê dat ons mekaar moet lief hê en dat ons oor die weg moet kom en dan verwag hulle sal dit net doen nie. Hulle moet geleer word op 'n gepaste manier uitdrukking te gee aan hulle gevoelens. Enige raad?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Hoe leer mens jou kinders om uiting te gee aan hulle woede, furstrasies of teleurstellings sonder om te sondig? Ek as ouer kan nie net vir my kinders sê dat ons mekaar moet lief hê en dat ons oor die weg moet kom en dan verwag hulle sal dit net doen nie. Hulle moet geleer word op 'n gepaste manier uitdrukking te gee aan hulle gevoelens. Enige raad?
    Lanie

    Dis regtig 'n taai tammeletjie hierdie. Die Bybel leer dat ons nie moet sondig as ons kwaad word nie, dit se nie dat ons nie mag kwaad word nie. So my gevoel is dat 'n kind geleer moet word dat dit nie verkeerd is om emosies te wys wanneer jy kwaad, gefrustreerd, teleurgesteld of wat ookal is nie. (Jesus het emosies gewys, ook toe Hy kwaad was) Om woede of dergelike emosies te onderdruk, is nie die oplossing nie. Want dit het 'n gewoonte om te broei en broei tot op 'n dag...

    Die vraag is nou, hoe moet 'n mens optree om nie te sondig nie? Ek sou se, leer die kinders dat dit nie verkeerd is om bv kwaad te word nie, maar moenie iemand seermaak of beledig nie, moenie lelike taal gebruik nie, moenie 'n wrok koester of vergelding soek nie, moenie laat jou emosies die oorhand kry nie. Kry een of ander uitlaatklep, miskien iets om te doen om jou aandag af te lei, miskien eenkant toe gaan en bid, of wat ookal. Maar wees bereid om te vergewe en te vergeet wanneer jou woede bedaar het. Dit sal verskil van kind tot kind, maar ek dink dis belangrik dat die kind leer wat sonde is en dat hy hom daarvan moet weerhou.....

    Ek weet nie of dit enigsins sin maak nie.

  3. #3
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Lanie
    Om woede of dergelike emosies te onderdruk, is nie die oplossing nie. Want dit het 'n gewoonte om te broei en broei tot op 'n dag...

    Kry een of ander uitlaatklep, miskien iets om te doen om jou aandag af te lei, miskien eenkant toe gaan en bid, of wat ookal. Maar wees bereid om te vergewe en te vergeet wanneer jou woede bedaar het. Dit sal verskil van kind tot kind, maar ek dink dis belangrik dat die kind leer wat sonde is en dat hy hom daarvan moet weerhou.....

    Ek weet nie of dit enigsins sin maak nie.
    daai emosies onderdruk is PROBLEME....self gedoen...

    Ek leer maar vir Wian dat wat hy aan ander doen goed moet wees wat hy ook wil he dat ander aan hom moet doen... so as hy op speelgoed trap dan vra ek of ek op hom moet trap... die oe raak groot en dan se hy dadelik nee... dan se ek maar die speelgoed kry ook so seer en breek as hy op hulle trap en dit is nie mooi nie en maak nie Liewe Jesus se hart bly nie, want dis nie hoe mens liefhet en omgee nie ...

    Bid ook saam met hom dat die Here Jesus se liefde in sy hartjie moet sit en die stout wat nie Jesus bly maak nie sal wegvat, want ons weet ons sukkel om dit op te hou doen...

    Die lekkerste / skaamste is as hy my teregwys en se ek doen iets verkeerd en reg is dan wil ek sommer skree van bly en om dan jammer te se en verskoning te vra is dan sommer lekker dan is die' pappa se hart darem maar trots/bly/dankbaar

    Hoop die ramble help ook so effe..
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  4. #4
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Ons "grootmense" vergeet maklik dat 'n baba reeds lank voor hulle kan taal verstaan, leer deur jou dop te hou en jou aksies na te maak ..... 'n kind leer baie meer uit jou optrede as jou verduidelikings !!! ....

    Die belangrikste is seker om te onderskei tussen die emosie en die reaksie .... leer jou kind dis nie verkeerd om bv. kwaad te word nie, maar wat jy daarme doen is jou keuse en daar is alternatiewe .....

    moenie altyd jou eie emosies onderdruk voor jou kind nie, wees eerder eerlik oor hoe jy voelse bv as jy kwaad is en wys hoe jy dit rustig verwerk.... lag as iets jou plesier, huil as jy hartseer is ens ...... so kan jou kind uit jou voorbeeld leer ....

    Leer jou kind om verkillende emosies uit te ken vir wat dit is :
    is jy kwaad ? bang ? hartseer ? onseker ? ens ...... van ons grootste emosionele probleme as volwassenes is dat ons heel deurmekaar raak met hoe ons eintlik voel ..... kwaad word sommer depressie en bang raak sommer kwaad ens ....... hoeveel warm argumente het nie aan hul wortel net 'n bondel onsekerheid nie ? ......

    Maak seker daar is altyd 'n oop gesels kanaal tussen jou en jou kind, reeds van kleins af ..... gesprek in rustige tye ter voorbereiding vir die storms is van baie waarde ...

    laat jou kind ook hoor dat jy en Pappa gesels oor gevoelens... of gesels oor bv tannie Wie wat mamma nou kwaad gemaak het, maar dat Mamma dit met haar gaan uitpraat ( ja.... dink bietjie .... kinders sien baie keer volwassenes se vassit, maar weet nie altyd wat later daarvan word nie, en wonner..... )

    leer ook om jou kind te "lees" en emosionele uitbarstings vooraf uit te ken voor 'n storm losbars - nie om die emosie te onderdruk nie, maar eerder te verwerk in iets positief ......

    ........
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  5. #5
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Polokwane South Africa
    Posts
    25
    Quote Originally Posted by mari View Post

    Al hierdie dinge laat my net weer besef hoe groot 'n ouer se verantwoordelikheid is met die opvoeding van sy kind

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10
    Hang 'n slaansak op en leer hulle hoe om te boks.....

    Wat vir my help is om musiek aan te skakel en te begin dans...
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  7. #7
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Hoe om uiting te gee aan woede of teleurstelling?

    kom ons blaas bietjie die kole van 'n ou draad ......

    Lanie se vraag is nog nie juis geantwoord nie ...... Hoe moet 'n wedergebore gelowige uiting gee aan negatiewe emosies ....... ? .... en op die koop toe, hoe gemaak as dit binne ons wil uitbars van die gejubel ? ......

    ons word geleer om woede te onderdruk en kry eerder seer as om kwaad te word ...

    hoe kan jy jou opgewondenheid uitleef en respektabel bly ?

    wat gemaak met seer wat regtig diep seer is en nie net begrawe kan word nie ...... ?

    ......
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •