cure-real
Results 1 to 2 of 2

Thread: Mismoedigheid

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,187

    Mismoedigheid

    Ek is van gister af so mismoedig, dit voel of die wreld my onderkry, maar kyk net wat kry ek toe net vanoggend in my Inbox. Ek is seker baie van julle het al hierdie stukkie onder o gehad maar ek glo nie aan toeval nie, so ek deel dit graag....

    Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het en dat hy al
    sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was om die regte prys te
    betaal.

    Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal en het
    die hele bose lot daar gel: Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid,
    owerspel, moord, vyandskap, woede, en al die ander bose stukke gereedskap,
    elkeen met sy prys.

    Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap
    gel wat duidelik al baie gebruik was. Dit het 'n prys gehad wat baie hor
    was as al die ander.

    Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die
    antwoord was: Dit is Mismoedigheid. Nou waarom is dit dan so duur, wou die
    persoon weet. Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die
    duiwel ges. Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en
    binnedring wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander
    gereedskapstukke nie.

    En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas. Die stuk is
    al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens. Want sien, baie min
    mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.

    Al wat ek kan s is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit
    nog nooit kon verkoop nie. Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die
    vooraand van Sy kruisiging s Jesus vir Sy dissipels in Johannes 16:33: In
    die wreld sal julle verdrukking h, maar hou goeie moed, Ek het die wreld
    klaar oorwin.

    Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en
    ons lyding dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor. Dinge kan soms vir
    ons so moeilik raak, die wreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in
    God nie. Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons
    gebeur.. Dan wil ons niks meer met God te doen h nie.. Jesus het geweet dat
    daar sulke dae vir ons oppad is. Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer
    ons sal verval in mismoedigheid, wanneer ons met die hande in die hare sal
    sit en uitroep, Here waarom? Here, waarheen nou? Here, ek kan nie meer nie.

    Dit is waarom Hy vir ons vandag s, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.

    Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg
    is nie. Ek is hier en Ek het die wreld reeds oorwin.

    Liewe dierbares, Hy het alreeds die oorwinning vir jou behaal aan die kruis
    Hy het alreeds jou smart, jou lyding, jou swaarkry, jou probleme, jou
    bekommernisse op Hom geneem en die prys daarvoor betaal.

    Daar is hoop vir jou, want Hy lewe! Roep Hom vandag aan en Hy sal jou laste
    opneem. Hou net goeie moed!

    Here, help ons om nooit mismoedig te word nie!
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  2. #2
    Join Date
    Feb 2009
    Location
    Edenvale
    Posts
    60
    Hey Lanie,

    Dit is so maklik om moed te verloor as jy om jou kyk. Ek vat net die eleksie as 'n voorbeeld van hoe vinnig ek mismoedig en mistroostig raak oor wat in ons land aangaan.

    Maar weet jy... ons is nie van die wreld nie. Ons beweeg maar net deur op 'n avontuur na 'n ewige lewe vol van alles wat goed en mooi is.

    So wanneer ons, ons self in 'n afwaardse warrel vang moet ons net opkyk en weet dat ons hier is met 'n doel. Dat Jesus hier as mens was vir 'n doel. En dat ons eendag 'n beloning gaan he wat alles in ons wildste drome sal oortref.

    Dankie vir jou dink stukkie... dit is nogal baie treffend.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •