Paul
Die probleem is dat die vraag wat jy vra, vanuit 'n menslike oogpunt gevra word. Dis 'n vraag wat getuig van onkunde, en 'n gebrek aan kennis van God.
Hallo gene,
Juis! Ek vra dit vanuit 'n menslike oogpunt want dit is die enigste oogpunt wat ek as mens het. En ek vra dit juis op 'n forum soos hierdie waar gelowiges kan gesels en aan die hand van die Woord die vraag kan probeer antwoord.
Jy sien, dit gaan nie oor jou en my nie, dit gaan ALTYD oor God, en oor Hom alleen. Ons is hier om Hom te verheerlik. Ons is die skepsels, Hy is die Skepper! En as 'n mens dit verstaan, dan verstaan jy ook dat ALLE sonde teen God gepleeg word, nie teen mense nie.
(
Psalm 51:6 "
Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.")
OK, ek is heeltemal met jou op hierdie punt
Wanneer mense jou en my te na kom, dan sondig hulle nie teen ons nie maar teen God! En Hy sal vergeld. (
Romeine 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here")
Steeds met jou op wat jy hierbo skryf
Die feit is ook dat ALMAL van ons erens in ons lewens al iemand anders te na gekom het. Indien nie,
het ons verseker vir God te na gekom. Hoe kan ons dan onder sulke omstandighede weier om ander te vergewe as hulle ons te na kom? Dit is waarom die Here se dat die een wat self sondeloos is, die eerste klip moet gooi.... Dit is waarom Hy alleen (wat nooit self sonde gedoen het of iemand te na gekom het nie,) die reg het om te vergeld.
Gene, ek is van oortuiging dat ek en jy as mens/skepsel moet vergeef. En ek probeer my bes. Soms is ek meer suksesvol as ander kere, maar ek probeer soveel as wat ek kan. Partykeer neem dit langer.
Die ander sy van die saak is natuurlik dat Hy alle kante van 'n saak ken, terwyl jy en ek net van een kant af na 'n saak kyk. Ons sien gewoonlik net ons eie "seerkry" en "onregte" raak. Maar God sien die hele situasie in volmaakte perspektief. Daarom is Hy in 'n beter posisie om te oordeel, en "straf" uit te deel, as dit nodig is.
Bookmarks