Ons leef in 'n siek wêreld waar ons aanmekaar gebombardeer word met sonde en versoeking. Ek sit nou al 'n rukkie en dink aan hoe ons, en veral ons kinders gekondisioneer word om maar by die wêreld in te val en gewoond te raak aan dinge wat aanvaarbaar is vir die sondige wêreld maar wat onaanvaarbaar is vir God. En aan al die kompromieë wat ons daagliks aangaan.... en goeters stilweg goedkeur omdat ons dit nie hard en duidelik afkeur nie en wat eintlik niks bydra tot ons heiligmaking nie... inteendeel dink ek dit verhinder dit....
Kom ek gee voorbeelde....
Hoeveel van ons kyk 7de Laan? Wat gebeur op 7de Laan? Die jongmense kan nie kuier sonder om te drink nie, en dis amper elke aand se storie. Wat doen hulle na werk? Gaan drink 'n dop by O'Malleys....Daar is 'n oor en weer gevryery, egbreek, onderduimsheid, leuens, ongehoorsame kinders wat sonder respek met hulle ouers praat, onsedelikheid. Nou wil ek 'n eerlike vraag vra. As ek dit kyk, en ek laat toe dat my kinders dit kyk, keur ek dit dan goed? Ek dink nogals so....
Nou die aand verneuk 'n man sy vrou en soen sy skelmpie al te vurig.... my oudste is vreeslik bekommerd dat sy vrou daar gaan inloop.... wat sê kleinsus? Maak toe die deur!!!
Ek is baie ongewild op die oomblik maar die TV is nou af half 7 op 'n weeksaand.....
En as ek my dominee kan aanhaal, ons luister te lekker na al die mooi christelike kontemporêre liedjies.... maar dieselfde persoon wat sing "ons Koning kom" sing kom kielie my in die donker liedjies.... sal iemand wat waarlik heilig wil lewe sulke liedjies sing.... dalk moet ons mooi dink wie ons ondersteun, want ek het 'n vermoede die wêreld daarbuite maak lekker geld uit ons onder 'n valse christelike baadjie... ek wonder maar net.....
En so kan ek aangaan.... tydskrifte..... en ek praat nie net van die Huisgenoot se geskinder nie.... ek kan nie eers meer 'n christelike vroue tydskrif koop nie want daar is wraggies waar nou die dag 'n artikel in van 'n rugbyspeler wat glo God het hom deur sy operasie bewaar nadat hy met boegoe water van TB Joshua gesalf is.....
Ek vra regtig 'n eerlike vraag.... as ek hierdie goed kyk, luister, lees en ondersteun, keur ek dit tog goed... of is daar iemand wat voel ek ruk die dam onder die eend uit?




Daar is 'n oor en weer gevryery, egbreek, onderduimsheid, leuens, ongehoorsame kinders wat sonder respek met hulle ouers praat, onsedelikheid. Nou wil ek 'n eerlike vraag vra. As ek dit kyk, en ek laat toe dat my kinders dit kyk, keur ek dit dan goed? Ek dink nogals so....
Nou die aand verneuk 'n man sy vrou en soen sy skelmpie al te vurig.... my oudste is vreeslik bekommerd dat sy vrou daar gaan inloop.... wat sê kleinsus? Maak toe die deur!!!
Ek is baie ongewild op die oomblik maar die TV is nou af half 7 op 'n weeksaand..... 
Reply With Quote





Bookmarks