
Originally Posted by
Skorsie42
: En oor die algemeen dink ek al hierdie verskillende kerke is sommer `n nonsens storie....
Ek is `n groot aanhanger van musiek, dit het my deur moeilike tye gehelp, en ek kan seker so ver gaan om te sê dit voed jou op `n geestelike vlak, wanneer jou siel moeg is of in pyn ens.
En ja ek praat gedurig met ouer mense oor sulke goed, maar dit verbaas my hoeveel hardkoppige ooms en tannies daar buite is wat nie eers na jou volle argument of redenasie wil luister nie. Selfs ons gemeenskap se Christelike leiers, en die dominees, is verskriklik erg. Daar is absoluut geen kans dat hulle verkeerd is, en dat jy reg is nie.
En ek dink nie die probleem lê met die ouers wat nie in die kerk is nie, maar wel daardies wat daar is, en dan maar net die volgende dag/week dieselfde verkeerde dinge doen en nooit verander nie.
Bookmarks