Wat is julle opinie oor die talle verwysings na boeke (verlore of andersins) in die Bybel, maar wat nie in die Bybel opgeneem is nie ? Die bekendste hiervan is seker Henog (Judas 1 : 14, 15) , en dan is daar fasinerende verwysings na bv " die Boek van die OorloŽ van die HERE" in Numerie 21:14. Een bron skryf oor hierdie boek :

Sometimes called The Book of the Wars of Yahweh. One source says "The quotation is in lyrical form, so it is possibly a book of poetry or a hymnal...Moses quoted it, so the date of its composition must have been prior to the completion of the Pentateuch, perhaps during the wanderings in the wilderness. Nothing else is known about it, and it survives only in Moses’ quotation."


Dit was vir my verbasend om te sien presies hoeveel van hierdie boeke word na verwys of aangehaal in ons kanon, hier is 'n redelike volledige lys vir die wat belang stel.

Wat dink julle ? Hoekom is daar verwysings na en selfs aanhalings uit boeke wat uiteindelik nie opgeneem is in die protestantse Kanon nie ? Is dit 'n jammerte dat sommige van hierdie boeke verlore geraak het deur die eeue ? (Ek self het 'n groot voorliefde vir boeke, en vind hierdie onderwerp fasinerend.)